Middag vriende Ek wil sommer kersopsteek en hoor watter tipe koelhouers julle gebruik, en sal aanbeveel. Ek wil nie noodwendig nog 'n 12v/220 tipe kas koop nie. Ek dink eerder in die rigting van die nuwer goed ge-isoleerde houers, soos bv die Coleman. Blykbaar is daar houers wat tot 7 dae items gevries kan hou. Moet my nou net nie 'n koue skouer gee nie Wessel
Koelhouers ...
Ek sien Tentco sin het 'n 5 jaar waarborg en lis parte is beskikbaar, hy kan sluit en jy kan hom vas strap op die dak en steeds oop maak.


Dis baie oulik, Willem, Die…
Dis baie oulik, Willem,
Die nuwe plastiese koelbokse is baie beter as die ou Coleman's van verlede....of dis my opinie.
baie beter as die ou Coleman…
baie beter as die ou Coleman's van verlede.
Ek glo jy is reg Leeu. Nie dat die Coleman's sleg was / is nie, maar tegnologie en produkte verbeter maar met tyd en die Coleman's materiale en ontwerp ens. is al oud. Dit beteken nie dat ek my Coleman extreme 5 gaan vervang nie, nee wat hy is nog heel voldoende. Die dae voor ek my Snomaster gekoop het, het ons vir baie lank gekamp en toer met net die coleman. Hoe ons dit nou weer reggekry het kan ek nie meer so goed onthou nie
- wys net hoe gemaklik 'n kompressor 12V yskassie is en hoe dit mens kan bederf.
Tentco Coolers ...
Ja maar teen 'n stywe prys.
20L - R1426
60L - R2655
Hier is die regte fokuspunt van die pryse op die foto bo.

Hierdie koel bokse gebruik…
Hierdie koel bokse gebruik my swaer nou al lank, en hy sweer by dit.

Koel Bokse
Soos ek reeds gesê het is ek nie lief vir een nie. My Coleman stel het hulle lankterug gebruik om goed in te pak toe hulle ingebreek het. Nou het ek net een vir wanneer on gaan kuier vir die nodige koel verversings.
Ek het een van daai koeler bikse wat jy by die aansterker inprop, hom gebruik ek as ons in die wildtuin rondry, die goed met net koud wees voor jy dit in sit.
National luna
Middag vriende
Ek het toe maar besluit om nog 'n NL by te koop.
Die keuse het geval op die 55liter enkelkompartement. Nou behoort ons genoeg vries volume te hê sodat ons sommer vooraf klaar kosse ook kan saamry. Die gedagte is om die kas vir vries te gebruik en die bestaande NL in die wa vir vries en koelkas.
Sal maar sien hoe ek dit gaan bedryf agterop die trokkie.
Groete





Wessel
Wessel, ek hoop daardie ys waarop jy die saak wil plaas, smelt gou want jy wil nie na goeie raad luister nie. Gaan koop nou iets ordentliks soos 'n Snowmaster of National Luna. Die "ekstra bedrading" is geen verskoning nie want jy kan maklik 'n verlengkoord vanaf jou sigaretaansteker tydelik aanlê. My seun het dit pas gedoen met sy Hilux en teruggekeer van Kgalagadi sonder enige probleem met sy vries/yskas. My ander seun en skoonseun doen presies dieselfde met 'n Ford Ranger en my getroue Edesa vrieskassie eerskomende naweek wanneer hulle Kgalagadi toe vertrek.
Hoe sê vandag se tieners : "Get a life man !"