Soos almal weet dit is ons kombinasie en dat die Ford letterlik 'n "tap on te back" gekry het laasweek die aand voor ons by die Phalaborwa hek in gegaan het Letaba kamp toe.

Die was in Hartenbos Feb. 2013

Lug vloei sal baie beter…
Lug vloei sal baie beter wees oor die lengte van 'n karavaan👍
Ek is weer.....
Ek is weer dood tevrede met my 4-jaar oue 9000 btu lugversorger bokant die bed. As die karavaandeur toe is, bereik dit die verlangde temperatuur dwarsdeur die wa in 'n jap-trap.
Excusive Inloop Skokbreker
Ek het vanoggend die wa na Jurgens fabriek toe gevat want Tian het gesê hy sal kyk maar vermoed dit is die "coupler".
Hy sal ook kyk om van die selfde materiaal te kry om oor die ou gate van die lugversorger te sit.
Die Exclusive
Ek het hom by Jurgens gaan haal vandag.
Tian het 'n nuwe "coupler" opgesit want die ander een het teveel slytasie gehad (hoekom het ek hom nie eerder soontoe gevat voor ek die inloop skokbreker laat verander het). Hulle het ook vir my 'n stuk soos die muur vir my ingesit waar die binne verkoeler verwyder was.

Sal môre die nuwe deel afneem en plaas. Hy het selfs waar die gat (regs onder) was waardeur die pype gegaan het mooi reg gemaak.
Willem, na al jou onkostes…
Willem, na al jou onkostes en frustrasies, is jy nou ten einde uit gesorteer👍
Moet sê, ek stem saam met Len, daai Exclusive ken nie van rus nie😂
Jurgens is terug, na jou…
Jurgens is terug, na jou persoonlike ondervinding, wat jy met ons deel, kan mens net sê "mooi so Jurgens"
Al afleiding wat ek kan maak…
Al afleiding wat ek kan maak is dat jy teveel kamp !
dit is 'n absurde idee ![]()
Ek het vir Willem die idiale…
Ek het vir Willem die idiale oplossing, gaan slaan kamp op, op Wijan se skool gronde, dan is rond sleep nie meer so noodsaaklik nie, en sluitasie is uit, en kamp is in.😀
Is die.....
Is die Ford nou ge-"smash & grab "? Moes jy net die nuwe agterruit laat doen ?
Die Exclusive
Ek was weer besig in die wa vandag.
Hier is wat Tian by Jurgens Campworld gedoen het.
Liggies
Die liggies lyk te pragtig. Nou is dit my beurt in die karavaan. Willem se partytjie is die naweek en ons kuierplek moet ge-declutter word van die karavaan goed. So ek maak skoon en pak terug. Nogals lekker om alles weer skoon in te pak in 'n skoon karavaan. Love ons wa.
Ah, lekker Willem en Surette…
Ah, lekker Willem en Surette, dit is altyd lekker om so in die karavaan dinge te doen. Willem, hou van daai blou lig, die kaste se ligte is ook netjies👍👍
Willem....,
Willem, is die klapgeluid nou weg ? Ek hou baie van daardie "coupler" - het gister iemand gehelp om 'n gehuurde sleepwa met so 'n "coupler" aan te haak. Ek dink dis iets wat ek kan aanpak op my wa. Lyk dit na 'n moeilike joppie - weet jy wat die onderdeel sonder arbeid kos ?
"coupler"
Len, ek het hom net van die fabriek huistoe gesleep maar het niks gehoor nie. Wat die koste betref is ek nie seker nie want Jurgens se rekening was goedgunstig gewees. Ek sal later onder die wa inkruip om te kyk of ek iets kan wys word.
Miskien moet jy by Alko uitvind.
Ek is glad nie tevrede met die "mover" nie en het vir Leon Theron e-pos gestuur want dit is net sy e-pos wat ek het, hy het nou Dirk se nommer vir my gegee, sal hom vandag bel. Gister die wa reg onder die dak ingetrek en nou gly die mover op die regter band wat nie voorheen gebeur het nie.
Die Exclusive Powrtouch
Ek is geensins ingenome met die werk wat deur Villiers die sogenaamde professionele mense gedoen is nie en sal hulle geensins aanbeveel nie. Met al my koste wat ek al aangegaan het kon ek eerder afgery het Kaap toe en dit deur Pine laat doen het.
Ek het met die ouens in Wierdapark Centurion kontak gemaak om te hoor wat dink hulle is die probleem dat hy nou so gly, maar dit sal beteken ek moet hulle uitroep koste van R450 betaal as hulle uitkom na my toe.
Sal kyk of ek met die son wat nou skyn onder die wa kan inkruip en kyk of ek iets kan sien.





Len
Die trunking is aan die badkamer kant maar nie in die stort nie. As jy vir die binne eenheid kyk loop dit aan die regter kant af.
Ja ek het geweet daai deurtjie gaan ek nie kan oop maak nie, gelukkig gebruik ons hom min.
Moet sê die lug vlooi is baie beter binne.