Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte vir Daan (en vir jou… Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -1 hour ago
"Opgevang" Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Tuis Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Donker Lag 'n slag Voortrekker -3 hours ago
14 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -14 hours ago

Raai die Kamp Plek

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek begin hierdie draad om nie die "Boonste Foto" draad te kaap nie.

.

Vaalpark

Johann L

Tue, 23/06/2020 - 13:50

Arie ja, dit is my privaat swembad, die binne huis een, aan ons hoof slaap kwartiere, die een buite het nie so mooi uit gekom nie😂

Stoffel, jy is in die kol, Klein Kariba.

0
Waar my wa staan

Arie

Tue, 23/06/2020 - 14:01

Mabalingwe se bos kroeg.

Wys my ń kroeg en ek weet dadelik waar is dit!

Die lekerste een is daai panty kroeg in die Weskaap. Kam nie nou die dorp onthou nie maar die kroeg se plafon hang vol panties. Elke vrou wat daar inkom miet haar panty uit trek en dan hang hulle dit teen die plafon.

Mens staan verstom hoeveel dames is game daarvoor, ek het al ou tannies gesien wat dit net daar uitrek en vir die kroeg man gee om op te hang!

0
Worcester

Wildehont

Tue, 23/06/2020 - 14:28

Kam nie nou die dorp onthou nie

Paternoster hotel se kroeg. Ons was daar vir ons wittebrood en my vrou het ook ‘n broekie daar gehang. Ons was egter slim, want ons het vooraf geweet van die tradisie. Sy het dus een in haar handsak saamgevat om op te hang en het dus nie nodig gehad om koud te kry nie.  

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 23/06/2020 - 17:39

Ronnies Sex Shop naby Barrydale het n hengse klomp onderklere wat daar hang, Baie populere stop vir die Overlander trokke. Moet sê, van die spul begin al stowwerig en vaal lyk van ouderdom.

0

Middag Willem

Ek raai dis erens in Dinnokeng, dalk Almega of Willemsrus

Groete

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus