Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Meiringspoort Pad en roete inligting Wessel Strydom -33 minutes ago
Hi Rona, ek het vir jou… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -1 hour ago
Rona Oktober 2026 saam gesels Johann L -3 hours ago
daai mannetjies.... Rock View Lodge Nelspruit Wessel Strydom -3 hours ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Ja....die kaal mannetjies Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -3 hours ago

Augustus 2020 met of sonder koffie

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Kan ek dalk vir iemand 'n heerlike beker tee aanbied?  Ek hoor van Augustus af gaan die drink van koffie nou sterk verban word? wink

Geniet die Augustus maand - ons het die jaar darem al sovêr oorleef en oor 'maand is dit alweer lente!   Dan gaan ons lekker kamp! 

Vereeniging

Harry Du Randt

Sat, 08/08/2020 - 07:27

Mag julle n wonderlike dag en langnaweek beleef.

Geniet en wees veilig.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 08/08/2020 - 09:27

Mooi Harry !!! Om betrokke te wees by so projek is fantasties. Het jy n idee van die tydsduur daarvoor, die kostes is sekerlik bedrae wat nie uitgespreek kan word nie. Nulle met desimale.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Sat, 08/08/2020 - 10:01

Soos ek lees (google) is totale koste 128.25 miljoen US Dollers.

Soos ek gesê het is ons net betrokke by die staal werk, so 3500 ton. Ons het net onder R 1000k getender. Volgens klient soek hy teen vrydag al 500 ton staal se tekening. Ons behoort ons deel te doen binne 2 tot 3 maande. 

Ek dink dit gaan so 2 tot 3 jaar neem om die hele projek af te handel. Dit sluit paaie in. Ek praat egter onder korreksie.

Ons hoop nie iets val weer voor nie. Het meer as 2 jaar terug eerste keer getender. Toe is alles op "hold" gesit. Soos ek verstaam wou Hoofmanne in Transkei weet wat is in vir hulle. Voorvader grond ens.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Sun, 09/08/2020 - 07:35

More Shawn en ander wat dalk nog kom.

Geluk aan al die vroue met julle eie vakansie dag. Koffie in die bed sal lekker wees smileycheeky

Ons het jare terug, toe die strande nog oop was vir 4x4's die kantoor gesluit vir n week (2 x naweke en 5 werksdae) oor die tyd van die 9 de Augustus. Dan het ons gaan " spanbou" by St Lucia. Vir kliente het ons gesê ons vat "stock" maar dit was eintlik vistok.

Elwe (Shad) het gewoonlik leker geloop daai tyd. Veral by Cape Vidal ons gunsteling plek. Manne was jonk en dit was nie net die "Shad" wat geloop het nie. smiley  Manne het goed gekuier.

Almal in die dorp het daai bloed rooi V8 Defender geken. Die goeie lekker ou dae. Ons het altyd op n Saterdag oggend hier uit V-Town gery. Die manne het al in die oggend ure begin "kuier"

Geniet julle Sondag en wees veilig.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 09/08/2020 - 07:50

.... jy laat my dink aan die tyd toe ek nog vir een van die groot Duitse landbou-chemiese reuse gewerk het. Ons Wes-Kaapse span het 'n jaarlikse "opleidingsvergadering" by "Donkiesbaai" (inderwaarheid Donkin's Bay) langs die Weskus gehad. Dit was privaat-grond met geen fasiliteite behalwe 'n paar bouvalle waarin ons geslaap het. Daar was selfs nie eens vars water nie. Vir drie dae is daar kreef geduik, gekuier en twak gepraat. Maar na drie dae het jy geweet dit is tyd om huis toe te gaan, want dan het jou lyf vars water gesoek en jou lewer 'n ruskans benodig. Sommige van ons hoofbestuur het jaarliks van Johannesburg af gekom vir hierdie uiters belangrike "opleidings-vergadering". Lekker ou dae gewees.

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 09/08/2020 - 07:54

Nou dat jy so praat Harry mis ek toe ek en my pa en n paar van sy vriende in 1983 Sodwana toe was vir lang naweek die vis wahoo , barracuda het geloop en die ouer mense se mampoer het ook geloop my pa het n ou KB 2.2 diesel single cab Isuzu gehad en manne met FJ45 en safaris vir my pa gelag met sy 2,2 diesel hy het later ouens uitgesleep met sy suzui en manne se monde toegemaak ja memories 

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Sun, 09/08/2020 - 08:17

Ja, Shawn en Chris. Lekker toe ons jonk was, met minder sorge gehad het. Ek sal dit nie waag vandag om kantoor te sluit soos in die ou dae nie.

So paar foto's van ons jaarlikse 9 dae hegel, by Cape Vidal en St Lucia.

Ongelukig sien ek niemand met n vistok in die hand nie smiley

a

Toe ek nog in my 30's was (met hare en n baard)

c

Die V8 landy het nie n vulstasie gemis nie. 6 - 7 km/L (so tussen 120 en 130) En ja hy kon tot 145 op speedo harloop smiley Foto in Pongola  geneem.

cc

En hulle kuier. Twee van hulle op foto is ongelukkig nie meer met ons nie. Die ander twee van die manne werk nog vir my. Een is al n vernoot gemaak. Dink die was Augustus 1997 geneem.

b

Hoe mis ek nou my ou Rooi Landy !!!!

Het hom ook gebruik om my ou 1975 Gypsey 2 te sleep, onder

r

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 09/08/2020 - 10:19

... daardie eerste foto (toe jy nog baard en hare gehad het) met die elf in jou hande, laat my dink aan my eerste (en amper enigste) besoeke aan Natal in die vroeë 90's. Met ons eerste besoek het ons vir 'n paar aande tuisgegaan in 'n vakansie-woonstel in Scottburgh. Ons was inderwaarheid op pad wildtuin toe en het geen hengelgereedskap saamgeneem nie. Toe ek egter sien hoedat die hengelaars maai onder die elwe, was ek baie spyt dat ek nie kon meedoen nie.

Net die opvolgende jaar wen ek toe 'n luukse naweek vir twee deur Getaway tydskrif by Phinda Nyala in die noorde van Natal. Ons besluit toe om dit te benut, maar wil graag ons kinders ook saamneem. Die koste vir die twee kinders was astronomies, maar ek het gereken dat hulle kry dalk nooit die kans om só 'n luukse besoek aan 'n "game lodge" mee te maak nie.

Die res van die vakansie sou noodwendig goedkoper moes wees. Sodoende huur ons toe 'n toegeruste karavaan by Widenham karavaanpark by Umkomaas. Gedagtig aan die vorige jaar se kwylbek aanskouing van die elwe wat gevang is, besluit ek toe om hierdie keer ge-"gear" te gaan om ook 'n paar elwe te gaan vang. Ek koop toe vir my seun, wat vandag 'n toegewyde en begeesterde hengelaar is, sy eerste visstok en 'n goedkoop koffiemeul-katrol.

Die eerste oggend stap ons toe net oor die pad na die strand vir ons eerste Natal hengel-ekspedisie. Pa sit toe maar eers vir Boeta aas aan en hy gooi solank. Teen die tyd wat my gereedskap ge-"rig" is, het hy al 7 elwe gevang. Ek vang toe 2 en hy nog 1. Met 'n beperking van 5 per persoon (m.a.w. 10 tussen ons twee), stap ons beswaarlik 'n uur later terug karavaan toe - met die wets-ongehoorsame gedagte om net die visse te gaan bêre en weer terug te keer. By die karavaan aangekom, skop my wetsgehoorsame kant toe in en ek sê aan my seun dat dit help nie ons gaan vang nóg elwe nie, want ons het nie genoeg vriesruimte daarvoor nie. En buitendien is 'n elf op sy lekkerste as dit vars gaargemaak is. En ons weet mos nou dat die vis volop is - dus gaan vang ons eerder weer die volgende dag.

Daardie aand gee ek 5 van die elwe vir my kampbuurman en sê as hulle lief is vir vars vis, sal ek elke dag vir hom bring. Ons het nie 'n verdere elf tydens die volgende 10 dae gevang nie. Hulle was net eenvoudiger "wegger" as weg.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 09/08/2020 - 10:30

En so gaan ons af in "memory lane"  -  dankie vir die stories !

Ek is / was nooit 'n hengelaar nie  -  dink dis my drie kinders en my skoonpa se skuld.  Skoonpa was 'n ywerge hengelaar en ons was destyds tuis by Rondalia Hiberdene aan die Natalse suidkus.  Wat my gedaan gehad het, ons moes vrek vroeg in die oggend, nog pikdonker, iewers heen ry en dan te voet af sukkel tot by die strand.  En dan die gesukkel om aas aan te sit en skoonpa se vlieër in die lug te kry om die aas en hoek diep in die see te "drop".  Daarna die aas aan my eie visstok (grillerig) en oops, daar vang ek wraggies my eerste en enigste vis  -  'n lekker fris shad (elf) soos Harry hierbo vertel.

'n Paar jaar later is ons drie kinders daar en skoonpa laat my 'n eed aflê dat ek hulle sal neem om te gaan visvang.  Ons kamp in Mosselbaai en ek kom my eed-belofte na.  Ek en aldrie kinders gaan visvang, elkeen met sy eie visstok. Maar o weë, die oudtste enetjie kom redelik op sy eie reg, maar sy boetie wil nie aan die aas raak nie en wil ook nie ingooi nie  -  hy wil net die stok vashou.  En die jongste enetjie gril ook vir die aas, maar probeer darem ingooi en opkatrol.  Naderhand soveel kraaineste dat ek permanent van visvang genees is.  Daardie einste vier visstokke hang na ongeveer 40 jaar nog onaangeraak in my garage !

Maar tog, ek geniet dit om te kyk hoe weggevoer raak ouens (en die dames) met hul visvang suksesstories.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 09/08/2020 - 10:48

Hier in die Kaap is die vroue sommer erg omgekrap en word aangevuur (of eerder aangewaai) met helse winde.  En foeitog, die kampeerders wat die eerste langnaweek (so soortvan) na die inperking wil geniet, sit opgeskeep met hierdie omgekrapte wind en nog reën boonop.  Maar vir ons tuisblyers gaan ek netnou heerlik in ons binne-braai 'n filet steak braai, met die wind wat buite huil en die reën wat in vlae val  -  heerlik !  Die prentjie word aangevul met 'n rooi KWV  Shiraz. En dan sal ek ook dink aan die kampeerders hier rond wat tente moet vashou, kinders moet besig hou en maar tevrede moet wees met KFC !

Ons het gisteraand reeds 18mm reën gehad en is baie dankbaar daarvoor, veral as julle ouens daarbo begin praat van die lente en somer is om die draai.  Ons kort nog eers heelwat winterreën voor die lekker dae kan kom.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 09/08/2020 - 11:30

Vanoggend het ek gedink dit is hoog tyd dat ek darem kom groet.   Ek het nou nie deur al die drade gegaan nie, maar dit lyk of dit goed gaan met al die ou bekendes.  

Moenie vra hoekom nie, maar ek het spesifiek gekliek op die Oktober 2018 koffiedraad.  Baie interessante gesprekke, en lekker gelag hier en daar.   Wat my net opgeval het, is dat ek toe 'n ander persoon was as wat ek op die oomblik is.   Dit wys net hoe jou lewe affekteer word as jy 'n geliefde maat verloor.   Maar hopelik kom dit ook nog heeltemal reg.   Ja, intussen is dit nou amper 4 maande wat my Kolliehond weg is.  Ai, die hartseer, die gemis en die verlange bly erg. 

So, ek wil net hê julle moet weet, ek is nog lief vir julle en Kampforum sal altyd spesiaal wees.  Julle manne moet hom lewendig hou.   

Len, ek wens van daardie reën wil na ons toe ook kom.  Ons het die afgelope week goeie reën gehad maar ons damme se vlak verander niks!  Ons het nou omtrent net 16% van die totale volume van al ons damme oor.  Ons hoofdam is so te sê leeg.  Ons waterbeperkings is tans 50 liter per persoon per dag.  Ek probeer my uiterste bes om daarby te hou maar dit is regtig nie maklik nie.   Gelukkig het my Ingelsman vir ons ook 'n tenk ingesit net voor Kersfees.  Dié bly gelukkig vol en ek bebruik heerlik daarvan, maak ook my tuintjie nat, wat eintlik baie mooi is op die oomblik. Ongelukkig is daar baie erge waterverlies die afgelope tyd met pype wat bars en hope water wat wegloop in die strate.  Dit is om van te huil!   Ek sorg darem dat die tenkwater van so vlak is, dat ek dit net vir persoonlike gebruik sal hê ingeval ons krane opdroog.

Ek breek die "uitgaan en kuier" reël die naweek.  Was gister by my suter en haar man en gaan nou na my broer en sy vrou.  Die alleenheid in die huis raak net te erg en oorval my soms, totaal en al.  Veral oor naweke.   

Ons karavaanparke begin besigheid doen.  Mense kamp alweer baie lekker, verstaan ek.  Ons het die afgelope paar maande die lieflikste kampweer in die Baai.

Lekker dag vir almal verder.  Skop hoog en hou die blinkkant bo!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus