Ons het die "Kampforum Serengeti Saamtrek Mrt 20" gemis en daar was ook maar net twee wat by die kamp was ![]()
Kom ons kyk of ons 2021 beter kan begin ?
Hier is datums met skool en vakansie dae, die blou is vakansie dae en die bruin is skoolvakansie dae (as hulle dit nie weer verander nie)
Paasnaweek is die begin van April.
Ek het gedink om dit voor die koue te doen, wat dink julle ?
Het nou net met Arie gesels…
Het nou net met Arie gesels en hy is redelik mobiel wat kamp aanbetref - gooi dome tent op bakkie en vat die pad.
Voorstel - Gauteng
Kom, wie gaan belangstel ?
Help om 'n kamp plek voor te stel asb.
Voorstel - Noord Wes
Kom, wie gaan belangstel ?
Help om 'n kamp plek voor te stel asb.
Voorstelle
Middag Willem
Gaan jy al die voorstelle saam opweeg, en gegrond op aantal stemme, 'n besluit maak. Uiteraard moet die terrain maklik toeganklik wees vir alle waens, veral padwaens.
Afhangende van die datum en my program, sal ek oorweeg om so iets by te woon by;
Noord Wes: Manyane,
Gauteng: Almega, Willemsrus
Limpopo: Mabalingwe
Die uitkoms sal baie interessant wees. Die vraag is---wat is naby genoeg vir die meeste mense.
Groete
Voorstel
Ek hou van voorstel soos Almega.....al probleem is, mense moet almal ver vooruit commit en betaal en dit geskiet nie altyd by almal nie, baie hou daarvan om n week of wat voor die tyd te betaal....dit gaan nie werk by n populere plek soos Almega nie. Miskien Tamboti Vreugde? Of kan ook 3-Berge.....as jy staanplek 1-8 bespreek, hulle is lekker groot....as daar iemand wil inval op 99, dan kan hy maklik saam op iemand se staanplek staan.....oord laat dit toe.
Maar my voorstel
Ek hou die draad dop en sal…
Ek hou die draad dop en sal later (nader aan tyd en plek) 'n beluit maak.
Klink lekker.
Ons soek eers ...
Voorstel plekke, dan kan ons na die datums kyk.
Persoonlik sal ek vir iets langer as 'n gewone naweek voor kies.
Datums
19 Maart - 22 Maart
1 - 12 April 2021 ?
23 - 26 April
Kampplekkeerer
San cha Len ?
Waterberg Resort ?
Hartbeeshoek ?
Silver Rocks ?
Almega ?
Dinokeng Resort ?
Eerste Saamtrek vir 2021
Hier is klomp datums en karavaan parke.
Kom gee julle voostrelle asb.
Koro Koro nie meer nie
Môre Willem
Koro Koro bestaan nie meer nie. 'n Grondeis het sy tol ge eis.
Groete
Drie Berge klink reg vir my…
Drie Berge klink reg vir my. As die datum pas, oorweeg ons ook om daar te wees. Is mos nou my eie baas en maak soos ek wil.
Wessel ...
Koro Koro bestaan nie meer nie
Dankie, net vergeet, ek het net 'n paar van my Google Earth plotte af gekies.
Die kamp en datum behoort van die meeste voorstelle gekies te word.
Soos Geert gesê het moet mens lank voor die tyd by gewilde oorde bespreek, maar dit kan gedoen word as almal net vroeg wil saam speel en kom met voorstelle.
Ander wag weer tot daar op 'n datum en plek besluit is en val dan in as daar nog plek is.
Lebras Rest
Lebras rest in Dinokeng het 13 sites. Ek dink as jy 20+ mense is, kan jy die hele oord vir jouself bespreek. Dit maak dit ook maklik om by te voeg tot op 99 aangesien jy hele oord tot jou eie beskiking het
Willemsrus
Middag vriende
Willemsrus het ook ongeveer 25 staanplekke, dus is die kans goed dat mens die oord uitsluitlik vir 'n forum groep eksklusief sal kan boek.
Ek twyfel of honde toegelaat sal word.
Groete
Lebra rest webblad
Middag vriende
Sukkel ek nou om hulle webblad te vind. Lyk my mens kan net via Facebook by hulle uitkom.
Na my mening is dit uiters swak, of probeer hulle eksklusief wees!!! As ek so moet sukkel om info van 'n plek kry, verloor ek belangstelling.
Groete
'n Honde vriendelike plek…
'n Honde vriendelike plek sal bonus wees. Ek dink dit sal goed wees as Scruffy vir Flappie bietjie maniere kan leer.





Willem dink jy weer aan…
Willem dink jy weer aan Serengeti? Ek dink ons moet baie nader aan Gauteng kamp.
Waar stel julle voor?