6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -12 minutes ago
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -54 minutes ago
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago

Eerste Saamtrek vir 2021

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on

Ons het die "Kampforum Serengeti Saamtrek Mrt 20" gemis en daar was ook maar net twee wat by die kamp was sad

Kom ons kyk of ons 2021 beter kan begin ?

Hier is datums met skool en vakansie dae, die blou is vakansie dae en die bruin is skoolvakansie dae (as hulle dit nie weer verander nie)

.

Paasnaweek is die begin van April.

Ek het gedink om dit voor die koue te doen, wat dink julle ?

Middag Willem

Gaan jy al die voorstelle saam opweeg, en gegrond op aantal stemme, 'n besluit maak. Uiteraard moet die terrain maklik toeganklik wees vir alle waens, veral padwaens.

Afhangende van die datum en my program, sal ek oorweeg om so iets by te woon by;

Noord Wes: Manyane,

Gauteng: Almega, Willemsrus

Limpopo: Mabalingwe

Die uitkoms sal baie interessant wees. Die vraag is---wat is naby genoeg vir die meeste mense.

Groete

Pretoria

Geert

Wed, 11/11/2020 - 15:43

Ek hou van voorstel soos Almega.....al probleem is, mense moet almal ver vooruit commit en betaal en dit geskiet nie altyd by almal nie, baie hou daarvan om n week of wat voor die tyd te betaal....dit gaan nie werk by n populere plek soos Almega nie. Miskien Tamboti Vreugde? Of kan ook 3-Berge.....as jy staanplek 1-8 bespreek, hulle is lekker groot....as daar iemand wil inval op 99, dan kan hy maklik saam op iemand se staanplek staan.....oord laat dit toe. 

Maar my voorstel

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 11/11/2020 - 21:48

Voorstel plekke, dan kan ons na die datums kyk.

Persoonlik sal ek vir iets langer as 'n gewone naweek voor kies.

Datums

19 Maart - 22 Maart 

1 - 12 April 2021 ?

23 - 26 April

Kampplekkeerer

San cha Len ?

Waterberg Resort ?

Hartbeeshoek ?

Silver Rocks ?

Almega ?

Dinokeng Resort ?

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 12/11/2020 - 07:53

Koro Koro bestaan nie meer nie

Dankie, net vergeet, ek het net 'n paar van my Google Earth plotte af gekies.

Die kamp en datum behoort van die meeste voorstelle gekies te word.

Soos Geert gesê het moet mens lank voor die tyd by gewilde oorde bespreek, maar dit kan gedoen word as almal net vroeg wil saam speel en kom met voorstelle.

Ander wag weer tot daar op 'n datum en plek besluit is en val dan in as daar nog plek is.

Pretoria

Geert

Thu, 12/11/2020 - 11:44

Lebras rest in Dinokeng het 13 sites. Ek dink as jy 20+ mense is, kan jy die hele oord vir jouself bespreek. Dit maak dit ook maklik om by te voeg tot op 99 aangesien jy hele oord tot jou eie beskiking het

Middag vriende

Willemsrus het ook ongeveer 25 staanplekke, dus is die kans goed dat mens die oord uitsluitlik vir 'n forum groep eksklusief sal kan boek.

Ek twyfel of honde toegelaat sal word.

Groete

Middag vriende

Sukkel ek nou om hulle webblad te vind. Lyk my mens kan net via Facebook by hulle uitkom.

Na my mening is dit uiters swak, of probeer hulle eksklusief wees!!! As ek so moet sukkel om info van 'n plek kry, verloor ek belangstelling. 

Groete

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus