6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -34 minutes ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -1 hour ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -7 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago

Forum Kruger Ranch Kamp 30 Julie tot 1 Augustus

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on

Die einaar van Kruger Ranch naby Magalies het vir ons n baie goeie deal geoffer vir naweek van 30 Julie tot 1 Augustus. ons kan daar kamp vir R325 n aand vir 4 mense. Dis n wildsplaas mens kan gaan wild kyk met voertuig op voet of fietse. Van ons lede was November maand laasjaar daar en het dit terdee geniet. Kamp is nou n jaar oud. Gaan loer hulle webtuiste en laat weet wie stel belang.  Elke ou maak sy eie booking en ons braai saam saterdag aand verder is dit net n rustige kuier. 

https://krugerranch.co.z…   Let asseblief dat die webwerf nie die kampeerplekke wys nie.

INLIGTING OOR: Kruger Ranch was amptelik geopen die naweek van 15 Maart 2020 deur eienaar Clint Kruger en sy gesin.  Soos almal kan onthou was dit net 2 weke net daarna wat Suid Afrika in Lock-Down begin ingaan het.    Kruger Ranch kon toe weer hulle deur oopmaak in Oktober 2020.

Daar is tans 40 kampeer staanplekke met krag en water geriewe en baie netjiese ablusie geriewe.  Die kamp is in die bos en bied 'n heerlik bosgevoel en rustigheid.

Vir Bespreking:   Kontak nr is Clint Kruger 082 444 4909

Email vir Megan op krugerranch@outlook.com  -  Email is die beste opsie 

Noem dat jy vir die Kampforum naweek wil bespreek.  30 Julie to 1 Augustus 2021

 

Baie dankie Ski vir die reëlings  yesyes

google kaart
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 30/04/2021 - 16:48

Julle maak dit gladnie maklik nie want dan is ons net terug van Tshipise.

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Wed, 05/05/2021 - 19:32

Ek is verseker in op daai een, kan nie wag nie, gaan awesome wees, dink ek ry sommer al more deur en gaan kamp dan kry ek julle daar!!laugh

Johannesburg

WilleWillemien

Tue, 11/05/2021 - 10:39

Dink ek join julle die slag.

Sal later my bespreking maak.

Centurion

Voortrekker

Sun, 23/05/2021 - 08:13

Wel, verlede naweek het 'n erge verkoue my planne gestuit om Kruger te besoek.

Ek het toe gister lekker met Clint, die eienaar, gesels. Ons beplan dan om oor 2 weke daar te gaan penne inslaan vir' n aand of 2 om die kampeerplek te verken en ons ondervinding te deel. 

0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus