Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -54 minutes ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -5 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -5 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago

Julie 2021 koffie en groet

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

' n Lekker Julie maand vir almal

Centurion

Dusty

Tue, 06/07/2021 - 06:31

Goeie môre almal.

Johan dit gaan maar op en af. Eendag gaan dit beter en die volgende een weer lyfseer ens.

Intussen is Alta ook positief en ek het gister weer gaan toets en is ook positief. hierdie virus versprei soos 'n veldbrand.

Een van my vorige kollegas se hele huisgesin van 5, hy inkluis, is positief.

Dit lyk my nie of jy dit gaan kry nie maar wanneer.

Lekker dag vir elkeen

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 06/07/2021 - 06:59

Môre Stoffel en ander vriende, geniet die dag en wees veilig.

Stoffel sterkte vir julle, ons dink aan julle en bid dat julle almal die siekte sal oorwin. 

Hierdie derde golf is nie 'n golf nie, dit is 'n tsunamie, elkeen moet alles in hul vermoë doen om so ver moontlik tuis te bly. Ek dink aan die meerderheid mense wat bv. werk toe moet gaan, ons ouens wat op pensioen is, moet net vir noodsaaklkhede uit gaan. Baie moeilik, maar noodsaaklik.

Soos Chris WH op sy draad noem, moenie onnodige kanse vat jy, jy speel met die leeu se bal.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 06/07/2021 - 11:20

Voel goed.  Met al die goed wat hulle my met die drup in gejaag het, het ek vanoggend opgestaan en besef die abses het deur die nag gebars, dit is hoekom ek so goed voel.

Was klaar in die teater en maak amper reg om huis toe te gaan.

Geniet jou Dinsdag.

0
Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Tue, 06/07/2021 - 11:27

So hier is ek weer, jammer dat ek so stil was die afgelope 6 weke, het n bietjie hier by my in Vaalwater gebreek en gebou, het die workshop en Ys besigheid vergroot, hele huis binne en buite geverf, dak geverf, hele huis uit geteel, paar deure toe gebou en ander weer oop gebreek. Maar dankie tog dit is nou klaar en kan nou weer asem skep en aandag gee aan die 8 dae in September wanneer ek Wildtuin toe gaan, 5 nagte by shinwedzi en 3 nagte by Letaba, hoop regtig hierdie inperking gaan my nie bol nie.

 

Wou maar net kom inloer en almal groet, geseende week vir almal en oom Willem, sterkte daai kant en ons hoop en bid vir vinnige herstel en genesing.

 

Groete

Josef Willem

0

Middag Josef

Ek het al gewonder waarom jy so stil was, gedog jy is met 'n verlengde wittebrood besig.wink

Jy kan baie moeite spaar met oop maak en toebou van deure as jy 'n vaste besluit neem.devil

Hou ons maar ophoogte van jou kampeerervaringe

0
Uitenhage

neelsec

Wed, 07/07/2021 - 06:41

Ons  na n lekker 2maande se vakansie by Hartenbos terug by huis vereers vir die maand 

0
Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Wed, 07/07/2021 - 07:13

Goeie more kampeerders,

Gelukkig is dit n bietjie warmer vanoggend as gister oggend.

Lekker dag vir almal, en onthou dit is klein Saterdag, vanmiddag moet ons braai!!

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 07/07/2021 - 07:26

More almal neels ja tyd loop 2 maande is soos nou verby julle almal op forum moet gatskop dag he vrede

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 07/07/2021 - 09:39

Ai, daai klink nou lekker by Hartenbos Neels, kan net droom van so 2 maande daar. Sterkte die tyd by die huis.

Geniet jou klein Saterdag.

0
Centurion

Dusty

Thu, 08/07/2021 - 06:41

Goeie môre almal.

Twee uur verlede nag gaan die krag af en is nog steeds af en dit is nie beurtkrag nie. Dit kan dan net een van 2 dinge wees. Die hoë voltage trip wat weer af geskop het of andersins kabel diefstal.

Lekker dag vir elkeen. 

0
Centurion

Dusty

Sat, 10/07/2021 - 08:26

Goeie môre almal.

My skoonsus is gisteroggend oorlede aan covid. Nou kan ons nie rond ry agv hierdie virus.

Dit lyk my dit is nie 'n geval of 'n mens dit gaan kry nie maar wanneer gaan 'n mens dit kry. Dit is hoogs aansteeklik. Wanneer jy die simptome kry is die aansteek/oordra reeds gedoen.

Lekker dag vir elkeen. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus