Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker gelag, Geert,... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Goeie Hout ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Laaste probeerslag - dit lol Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -2 hours ago
Lodge gedeelte Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -2 hours ago
Kleedkamers en opwas Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -2 hours ago
Dek vir almal se gebruik Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -3 hours ago

Julie 2021 koffie en groet

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

' n Lekker Julie maand vir almal

Centurion

Dusty

Mon, 12/07/2021 - 07:41

Goeie môre almal.

Tweede week het aangebreek. Amper daar. En dit is ook vandag Alta se verjaarsdag.

Lekker dag en geseënde week vir elkeen. 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 12/07/2021 - 10:13

Baie geluk met Alta se verjaarsdag Stoffel.

Ek moes 2 weke terug deur gery het Tshipiese toe 😫 nou sal ek maar seker moet wag tot Desember. (Net bang die geld raak vrot daar anderkant)

Julle moet die volgende 2 weke maar rustig vat, dit gaan wel verby, nou nie so vinnig soos 'n 2 weke kamp nie.

Geniet jou dag.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 13/07/2021 - 09:30

Goeie môre Kampforum !

Heerlike reën gehad die afgelope naweek en nog 38mm die afgelope 24 uur.  Ons damme is al redelik vol en dis nog maar die begin van die winter.

Dis koud en daarom vroetel ek maar binne-in die karavaan rond.  Alle skottelgoed en messegoed uitgepak en gewas asook die kassies en rakke.  Elke ander kas ook uitgepak en gewas, ingeval daar stof was van ons verkeerde grondpad roete na Balule.  Lugversorger se filters en die 4 dak-luggate se gaas gewas en teruggeplaas.

Ek wag nog vir my nuwe Hansen-geyser wat ek bestel het, maar as gevolg van Covid was die fabriek gesluit en het gister eers weer begin werk.

Geniet jou dag !

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 13/07/2021 - 09:37

Goeie môre mense, hier is dit vrek koud en more gaan glo nog baie kouer wees.

Ek vroetel ook maar net met die karavaan, nou besig om die hoek stutte af te haal, skoon te maak en dan terug sit. Ek sit "chain lube" olie op want die raad het ek hier iewers gelees?

Dit sou nou idiaal wees om die kleinkinders weg te vat.  Sou nou graag Dakensberg toe wou gaan, maar ma sê, nee, dit is te koud vir haarcrying

0
Sedgefield

Jan Meyer

Tue, 13/07/2021 - 14:20

Goeie middag. Maak reg om weer bietjie te gaan wagstaan vannaand. Na my  weermag dae gesê ek sal nooit weer hoef te wag staan nie maar nou ja sê maar die nood druk en dit is nodig.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Tue, 13/07/2021 - 15:12

Mense kyk nou op kanaal 403 en sien wat gaan aan +- 1km van ons woonbuurt af. Dit is hartseer en mense is besig om woedend te word want daar is geen einde aan die die wanorde nie. Daar is geen weermag hier nie en ons eiedom word nou bedreig. 

Het al my respek vir Ramaposa verloor want niks word gedoen om ons te beskerm nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus