' n Lekker Julie maand vir almal
Sterkte Willem. Stoffel,…
Sterkte Willem.
Stoffel, hoe gaan dit daar by jou dogter-hulle?
Goeie môre almal. Johan dit…
Goeie môre almal.
Johan dit gaan maar op en af. Eendag gaan dit beter en die volgende een weer lyfseer ens.
Intussen is Alta ook positief en ek het gister weer gaan toets en is ook positief. hierdie virus versprei soos 'n veldbrand.
Een van my vorige kollegas se hele huisgesin van 5, hy inkluis, is positief.
Dit lyk my nie of jy dit gaan kry nie maar wanneer.
Lekker dag vir elkeen
Môre Stoffel en ander…
Môre Stoffel en ander vriende, geniet die dag en wees veilig.
Stoffel sterkte vir julle, ons dink aan julle en bid dat julle almal die siekte sal oorwin.
Hierdie derde golf is nie 'n golf nie, dit is 'n tsunamie, elkeen moet alles in hul vermoë doen om so ver moontlik tuis te bly. Ek dink aan die meerderheid mense wat bv. werk toe moet gaan, ons ouens wat op pensioen is, moet net vir noodsaaklkhede uit gaan. Baie moeilik, maar noodsaaklik.
Soos Chris WH op sy draad noem, moenie onnodige kanse vat jy, jy speel met die leeu se bal.
Willem en Stoffel
Sterkte vir julle twee sterkte aan almal op die forum gaan groot en wees veilig Vrede
More maters. Hier was dit…
More maters.
Hier was dit sommer lekker koud vanoggend.
En die foto le alweer op sy sy ??????

👋 Môre sê Kampforum
Voel goed. Met al die goed wat hulle my met die drup in gejaag het, het ek vanoggend opgestaan en besef die abses het deur die nag gebars, dit is hoekom ek so goed voel.
Was klaar in die teater en maak amper reg om huis toe te gaan.
Geniet jou Dinsdag.
Goeie more Mede Kampeerders
So hier is ek weer, jammer dat ek so stil was die afgelope 6 weke, het n bietjie hier by my in Vaalwater gebreek en gebou, het die workshop en Ys besigheid vergroot, hele huis binne en buite geverf, dak geverf, hele huis uit geteel, paar deure toe gebou en ander weer oop gebreek. Maar dankie tog dit is nou klaar en kan nou weer asem skep en aandag gee aan die 8 dae in September wanneer ek Wildtuin toe gaan, 5 nagte by shinwedzi en 3 nagte by Letaba, hoop regtig hierdie inperking gaan my nie bol nie.
Wou maar net kom inloer en almal groet, geseende week vir almal en oom Willem, sterkte daai kant en ons hoop en bid vir vinnige herstel en genesing.
Groete
Josef Willem
Vreemdeling
Middag Josef
Ek het al gewonder waarom jy so stil was, gedog jy is met 'n verlengde wittebrood besig.![]()
Jy kan baie moeite spaar met oop maak en toebou van deure as jy 'n vaste besluit neem.![]()
Hou ons maar ophoogte van jou kampeerervaringe
Goeie More
Ons na n lekker 2maande se vakansie by Hartenbos terug by huis vereers vir die maand
Goeiemôre almal. Geniet…
Goeiemôre almal. Geniet julle Woensdag! ![]()
Goeie more kampeerders, …
Goeie more kampeerders,
Gelukkig is dit n bietjie warmer vanoggend as gister oggend.
Lekker dag vir almal, en onthou dit is klein Saterdag, vanmiddag moet ons braai!!
Lekke neelsec
More almal neels ja tyd loop 2 maande is soos nou verby julle almal op forum moet gatskop dag he vrede
👋 Môre sê Kampforum
Ai, daai klink nou lekker by Hartenbos Neels, kan net droom van so 2 maande daar. Sterkte die tyd by die huis.
Geniet jou klein Saterdag.
Goeie môre almal. Twee uur…
Goeie môre almal.
Twee uur verlede nag gaan die krag af en is nog steeds af en dit is nie beurtkrag nie. Dit kan dan net een van 2 dinge wees. Die hoë voltage trip wat weer af geskop het of andersins kabel diefstal.
Lekker dag vir elkeen.
👋 Môre sê Kampforum
Sterkte daar sonder krag Stoffel.
Julle moet dié dag geniet.
Goeie môre almal. Lekker ou…
Goeie môre almal.
Lekker ou Vrydag. Geniet die dag en ook die naweek.
Goeie môre almal. My…
Goeie môre almal.
My skoonsus is gisteroggend oorlede aan covid. Nou kan ons nie rond ry agv hierdie virus.
Dit lyk my dit is nie 'n geval of 'n mens dit gaan kry nie maar wanneer gaan 'n mens dit kry. Dit is hoogs aansteeklik. Wanneer jy die simptome kry is die aansteek/oordra reeds gedoen.
Lekker dag vir elkeen.





Sterkte Willem !
Sterkte Willem !