Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte vir Daan (en vir jou… Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -3 hours ago
"Opgevang" Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Tuis Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Donker Lag 'n slag Voortrekker -6 hours ago
14 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -17 hours ago

Julie 2021 koffie en groet

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

' n Lekker Julie maand vir almal

Somerset Wes

FerdiB

Tue, 27/07/2021 - 14:06

In reply to by Mona

Genade ja lank laas wat ons mekaar raak gekamp het.  Ons praat nog partykeer oor die Wegsleep kamp by Badplaas.  Groot pret gewees.  Groete daar

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 28/07/2021 - 07:34

Goeie môre almal, maggies selfs ek raak nou gatvol vir die koue weer wat ons die laaste twee weke beleef. 

My vrou is 'n "softy" en kry baie gou koud, sy het seker meer as 'n maand laas haar neus by die huis uit gesteek. Dit sê vir my, ek gaan haar nie oor reed om in die sneeu te gaan kamp nie, al is die covid virus verby. Sy het darem belowe ons kan gaan, "as die virus weg is" nê!

My kleinseuns vra gereeld wanneer gaan ons "sneeu kamp" dan moet ek maar sê "eendag".

Nou ja, geniet jul week breker koue dag, oor 'n maand is dit seker warmer en dan kan mens meer gaan kamp.

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 31/07/2021 - 10:36

Goeie môre mense, ek het gister vinnig besluit om 1 Augustus by Buffelspoort te begin, ek het so ontrekking simptome, ek kan nie langer wag nie. Klaar bespreek, betaal en gepak, ry more oggend so 9 uur.

Geniet julle dag, die wat by die saamtrek is, geniet en plaas fotos asb.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 31/07/2021 - 10:57

Johann, jy sê jy "begin" by Buffelspoort, watter kampplekke kom daarna ?

Geniet Buffelspoort  -  ek was nog net eenkeer daar en is van mening dis 'n fantastiese oord.

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 31/07/2021 - 11:02

Len, nee ek begin Augustus maand skoon met 'n kamp daar, ongelukkig is die covid ding nog so rem skoen vir ons, met die kleinkinders se skole ens.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus