Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -10 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -10 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -10 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -10 hours ago

Politieke twakpraat

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Na aanleiding van 'n versugting elders, begin ek die gesprekslyn. Wat dink julle van al die politieke kapperjolle, gatomswaai ensovoorts wat tans aan die orde van die dag is? Hoe uitgesproke kan ons op die forum wees, die regskenners op die forum moet help sensor asb.

Ek kan nogal baie kwytraak oor die mediese parool van sekere persone.

Centurion

Voortrekker

Fri, 10/09/2021 - 06:00

Om kinders in die som in te sluit terwyl hulle tans nie ingeent word nie maak nie sin nie?

 Blykbaar het SA ingstem om een van die voorstaande toets gronde te wees vir kinder inentings.   

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 10/09/2021 - 07:13

 Jy is reg, eers toetse.   Ek dink die berig van 27 Aug verwys nie iets anders en is verouderd en nie van toepassing op hierdie toetse waarna ons verwys nie.

voorstaande toets gronde te wees

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 10/09/2021 - 07:55

Gaan seker n oningelig klink, maar vertel asb wat is die bevolking se opsie behalwe die ANC. Vergeet van die swetterjoel klein partye,  dit is n effe mors van stemme.

Om te dink dat die DA n sterker opposissie en meer meningvolle rol in die groter SA gaan wees, is wensdenkery. Histories sal dit wit en bruin wees wat daar die meerderheid kiesers sal bly. Wes Kaap dalk n voorbeeld.

Sodra die verarmde volk het hul geloof in die ANC  verloor, wat is die alternatief ? stem EFF. Op die stadium glo ek dit is baie moontlik. En die resultaat van die volgende verkiesing sal bewys wees daarvan.

Verder in die toekoms, oor 5 jaar. Sou  die ANC in twee skeur, met Ace en Jacob as bedmaats,  gaan die  meer regses met die EFF koalisie form om in beheer te kom.  

En dit my goeie vriende is so seker op die horison as wat n Karooboer in die toekoms  sien. Donker dae le vir ons en wag.

 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 10/09/2021 - 08:05

Verder in die toekoms, oor 5 jaar. Sou  die ANC in twee skeur, met Ace en Jacob as bedmaats,  gaan die  meer regses met die EFF koalisie form om in beheer te kom.  

Kyk die video hier onder. Nie samesweringsteorie nie; scenario sketsing. 

video
0
Centurion

Voortrekker

Fri, 10/09/2021 - 08:06

Neef ek stem saam, kan self nie enige ander uitkoms of opsies sien op hierdie stadium nie.  

Daar mag dalk iets aan die gebeur wees wat ons nie kan sien nie, maar ja, die volgende verkiesing sal vir ons wys.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 10/09/2021 - 08:58

Inenting :

Om kinders in die som in te sluit terwyl hulle tans nie ingeent word nie maak nie sin nie?

Uitstekende punt, GW  -  die persentasie van 17,23% is dus eintlik nog hoër. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 10/09/2021 - 09:17

Alternatief vir die ANC :-

Sodra die verarmde volk hul geloof in die ANC  verloor, wat is die alternatief ?   Stem EFF !

Ek dink weer  teleurgestelde  ANC-lede sal net eenvoudig 'n wegbly-stem loods.  CR se optrede om te alle tye te poog dat die ANC nie skeur nie, verduidelik en hou met bogemelde verband. Dis uiters belangrik dat die Zuma en Ace aanhangers nie na die EFF gerangeer word nie.  Kritiek hoekom CR die ANC bo landsbelang hanteer, hou hoogwaarskynlik hiermee verband.

0
Worcester

Wildehont

Fri, 10/09/2021 - 10:41

teleurgestelde  ANC-lede sal net eenvoudig 'n wegbly-stem loods

Dit is wat gebeur, maar dit speel ook in die EFF se hand. ANC kiesers besluit om eerder die vakansiedag te geniet as om te gaan stem (veral met die verkiesing op ‘n Maandag). Hulle dink nie dis die moeite werd om vir ‘n ander party te stem nie. Stem het hulle tot dusver niks in die sak gebring behalwe ‘n kospakkie en ‘n t-hemp nie.
 

EFF kiesers glo ek is meer die jeug; sg born-free’s. Die 50% van die jeug wat werkloos is. As ANC kiesers wat voorheen vir die ANC gestem het wegbly en dieselfde hoeveelheid EFF kiesers as wat in die vorige verkiesing EFF gestem het stem weer vir hulle, kry die EFF automaties ‘n groter persentasie van die stemme. 

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 10/09/2021 - 13:12

Ek kon weer die artikel kry op Afrinuus en dit is teenstrydig met wat hierbo genoem is?  Dalk weer fake news?   Inelkgeval, ek weet nie waar en hoe om hierdie data te gaan "fact check" nie so ek plaas dit hier ingeval iemand weet?

NUUS | SA sal voortaan deelneem aan die wêreldwye entstofproewe vir kinders

Suid-Afrika is een van 5 lande wat sal deelneem aan die wêreldwye kinderentstofproewe.

Ongeveer 2 000 Suid-Afrikaanse kinders sal deelneem aan die proefnemings, wat kinders tussen 6 maande en 17 jarige ouderdom insluit.

Die eerste kind word Vrydag in Pretoria met die Sinovac-entstof ingeënt.

Kinders wat deelneem aan die proewe kry twee dosisse ongeveer 28 dae uitmekaar.

Beide die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (SAHPRA) en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het die proewe goedgekeur.

0
Worcester

Wildehont

Fri, 10/09/2021 - 14:02

Maroela media het ‘n soortgelyke artikel. Soos ek dit verstaan gaan dit daaroor om die Sinovac entstof se veiligheid te toets vir gebruik in kinders. Dis nie grootskaalse inenting van onder 18’s nie (sien uittreksels onder). 

Ons regering het sy doelpale vir inenting verskuif. Dis nou nie meer 70% van die bevolking teen Maart 2022 nie, maar 70% van die volwasse bevolking teen Kersfees 2021. Die volwasse bevolking is maar ongeveer 40 miljoen mense, maar om die teiken te bereik sal meer as ‘n kwart miljoen mense daagliks ingeënt moet word tot Kersfees toe. Ek sien ook mense wat ten volle ingeënt is sal eersdaags ‘n digitale inentings paspoort op hulle slimfone kan aflaai, wat bv gebruik kan word vir toegang tot sport en musiek konserte. Hoekom kan hulle nie sommer die mikroskyfies wat hulle vir ons ingespuit het skandeer nie?

A

 

B

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 10/09/2021 - 14:36

Wildehont..jy gooi vet op van die maters se vure laughHet jy opgemerk dat meeste in die regterarm gespuit is, wonder wat is die rede daarvoor? Dalk iets te doene met oproerbeheer??

0
Worcester

Wildehont

Fri, 10/09/2021 - 15:10

Nee ek meen maar net; die Illuminatie het geld gemors op die mikroskyfies as mens nou die merk van die bees op jou slimfoon moet toon om toegelaat te word tot hulle byeenkomste.
 

Maar dan hoor ek op die nuus dat die regering nog nie mense gaan verplig om ingeënt te word nie. Een van die dae sal die wat nie wil ent nie maar off-grid moet gaan met alles, want hulle sal niks kan koop nie. Hier kom (‘n) Openbaring. 

0

Middag Chris S

Dankie, ek het Frans Cronje se toekomblik geniet. Ons sien baie van sy voorspellings alreeds in Noord Wes, groepe neem oor, bestuur en bedryf die dorpies se waterwerke en riolering. Privaat instansies maak slaggate in dorpe reg. 

Ek sal daaraan deelneem en finansieel ondersteun, MAAR dan weier ek om plaaslike belasting en tariewe te betaal. Stadsrade is baie dankbaar as privaat groepe hulle werk[uitgawes] oorneem, EN steeds alle tariewe aan hulle betaal.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 10/09/2021 - 16:05

Julle gaan weer vir Warren kwaad maak! Hy is heeltemal teen sy beterwete geent, en nou sit hy met sommer baie wroeginge. Hoop Johann hou kop met die nuwe Openbaringe, dit klink my hy is ook skepties vir die entstof en nagevolge daarvan, maar sal moet samleef. Oorle oupa was lief om te se,"gedane sake het geen keer nie".

0
Irene

Grootwind

Fri, 10/09/2021 - 16:06

Jammer Willebrak....die skyfies waarmee ons ingespuit is  werk eers as dit ge-aktiveer word, dit kan eers gebeur as jy gaan om dit te FICA devil Ek is baie ongelukkig dat my ïngeboude 5G wat belowe is ook nog nie werk nie, en dis al amper tyd vir die volgende opgradering.... oepsie, het vergeet dat dit seker is omdat 5G Covid veroorsaak? laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus