Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 minute ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -8 minutes ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -2 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago

Politieke twakpraat

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Na aanleiding van 'n versugting elders, begin ek die gesprekslyn. Wat dink julle van al die politieke kapperjolle, gatomswaai ensovoorts wat tans aan die orde van die dag is? Hoe uitgesproke kan ons op die forum wees, die regskenners op die forum moet help sensor asb.

Ek kan nogal baie kwytraak oor die mediese parool van sekere persone.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 10/09/2021 - 16:15

Hierbo word gepraat van G5, wat het die Groot5 in die Wildtuin nou te make met hierdie onderwerp ?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 10/09/2021 - 20:22

Kom nou GW, jy weet mos ek is nie só stupid nie, net 'n bietjie !

0

Middag Anton

Dankie vir bostaande inset. Nou weet ek hoe om my pensioen aan te vul. Ten minste kan ek ekstra vra, vir die kans om blou oë te vra. Moontlik vind dit nog aantrekking in sommige oorsese lande.wink

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 11/09/2021 - 17:15

 Nou weet ek hoe om my pensioen aan te vul.

Skerp, dalk moet ek ook inval. 😉

0

Môre vriende

....verdien mens se stem? Ek sit so en luister/kyk nuus na die kapperjolle, en voorgestelde kandidate van die partye, dan wonder ek, hoe slinks en deursigtig is die politieke arena tog.

Neem nou as voorbeeld, die VF+ se benoeming vir burgermeester in Len se dorpie, ene Lennit Max[?] met sy twyfelagtige geskiedenis vanuit die ANC, en sy verbinenisse met sekere ministers. Nou vra ek jou, hoe bring mens die kloutjie by die oor?? Dit is darem 'n vreeslike gevry na die kleurling stem in die Wes Kaap.

My probleem is nou egter---wat se waarde stelsel, etiek en geloofwaardigheid moet ek aan die VF+ heg, om my te noop om my stem vir hulle te gee. Ongelukkig geld dit ook in 'n mindere of meerdere mate vir die DA. 

Is dit verkeerd om dieselfde waardestelsel aan 'n party te koppel oor alle munisipale distrikte? Onwillekeurig kom dit by my op---aan jou vriende word jy geken, of is dit aan jou kandidate??

0

....gesprekslyne;

Politieke twakpraat en

Suid afrikaanse politiek

Ek is oortuig dat per definisie, dit dieselfde insette gaan trek. Selfs in D.A-land is daar baie woelinge wat mens tot bekommernis stem.

Julle tydelike bewoners daar moet reg stem, ons lot konserwatiewes wil nog terugtrek, en dan afstig. O gaats, dalk hak ons halfpad vas in Orania.devil

  

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 30/09/2021 - 17:39

As iemand onder indruk verkeer dat dinge beter gaan word, dink weer, dit gaan net erger en erger word. Vra maar enige iemand wat die Groot Boek bestudeer, en glo.

Kyk maar wat gebeur in die midde ooste,  as dit nie mense se oë oop maak nie, is jy dalk net soos Israel tydelik blind. En ja ek weet die gesprekke veroorsaak struweling, maar soos hul in engels sê "so be it" ek het 'n opdrag om te verkondig.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 30/09/2021 - 18:05

Lank, lank gelede, toe neef nog Lobsang Rampa se boekies gelees het, en oopkop geluister het na alternatiewe denke, het  sy pad ander draaie maak. En eendag gereken dat die wereld van ons op n stadium onregeerbaar sal raak, en dat n Mad Max leefstyl dalk die orde van die dag kan word. Nou wil dit voorkom dat dit nie te onwaarskynlik is nie. Los vir n oomblik die Bybelse profesiee op die agtergrond, en kyk na wat regtig gebeur.  Wettelose samelewing, ruggraatlose leiers, totale verval in dissipline, oorbevolking, werklossheid , hulpbronne onder druk... moet liefs stop.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 19/10/2021 - 20:56

ACDP :

By gebrek aan kampverwante geselskap, kan ons netsowel so 'n ietsie sê oor die komende munisipale verkiesing oor twee weke.

Dit verstom my dat van die partye wat aan die verkiesing gaan deelneem,  nie kan onderskei tussen die doel van 'n munisipale verkiesing en die doel van 'n nasionale verkiesing nie.  As die kandidate of die party wat hulle gaan verteenwoordig, nie eers hierdie onderskeid van bewus is nie, hoe de joos gaan hulle ooit munisipale dienste op 'n hoër peil kan plaas ?

As voorbeeld wat ek bedoel, ek sien die ACDP het hulle plakkate hier in ons omgewing op lamppale begin aangebring.  Die plakkate se boodskap is "geen verpligte inenting nie".  Wat dit nou te doen het met vullisverwydering, rioolstelsels, slaggate, skoon watervoorsiening, eiendomsbelasting, ens. weet nugter alleen !

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus