Ek begin n nuwe draad soos julle weet het ek n pasie vir buite lewe en wou al van kleins af n 4x4 voertuig he want my pa my op baie trips gevat en dit het dit het vlam gevat in my. My Ranger se bak is nou gerubber rize het ook ordentelike seat covers op my bakkie se sitplekke gesit het ook my bakkie se snorkel gebestel die kry ek volgende week en ja more sit ek die Bushtech canopy op sal fotos plaas soos bakkie vorder lekke dag almal
Veels geluk
Gaan julle die komende naweek in die tent of karavaan slaap?
Ek neem aan dis een van daardie wat soos ‘n skulp oopmaak? Hulle werk lekker vinnig. Hoe moeilik is dit om af te haal? Dit sou gaaf wees as jy dit tussen toere of wanneer julle sleep in jou motorhuis kon los. Kyk bietjie na ‘n Fredlin hoist. Jy kry hulle van tyd tot tyd tweedehands ook.
Kyk bietjie na ‘n Fredlin…
Kyk bietjie na ‘n Fredlin hoist. Jy kry hulle van tyd tot tyd tweedehands ook.
Ek het vir jare 'n Fredlin Hoist gebruik en dit werk uitstekend. Hety nou so 2 maande terug myne verkoop aangesien die bakkie vroeer vanjaar vervang is.
Nou wil...
ek ook baie foto's sien. Baie geluk, dit lyk sommer spoggerig. Daat kort natuurlik iets , ek sien geen stof op die bakkie, kappie en tent se gat nie!!! A nee a, daai uitrusting moet nou gaan skud op die stof agterpaaie van ons mooi land.
Ek weet jy gaan ons stelselmatig bederf met fotos soos jy stapsgewys dit oopmaak en staanmaak.
Dit lyk of dit net te hoog is om in standaard garage te pas, of hoe?
Julle droom ...
Als begin mooi inplek val Shaun.
Soos Len sê/vra wil ek ook graag sien as daai dak tent oop is.
Geniet julle kamp by De Voetpadkloof.
Daai Fordjie begin nou…
Daai Fordjie begin nou omtrent houding te kry!![]()
Ek het nou met Shaun gepraat…
Ek het nou met Shaun gepraat en hy het vir my videos gestuur van die oord. Dit lyk sommer heel spoggerig. Shaun sal ook seker later vir julle vertel van sy ervaringe oor die sleep en kamp vir die eerste keer met sy nuwe kombinasie.
More almal
Dankie Hennie vir lekker gesels ek sal tent oopmaak en fotos neem die opsit van Eezy awn tent en K9 Roof rak het so twee en n half ure gevat by Eezy awn se hoof tak in Roodepoort man ek se vir Hennie daai verkeer daar is rof die hartroof tent weeg 85 kg ons is tans by De voetpadkloof en met die Ranger is ek baie gelukkig die auto box sleep regtig lekke en met die Swing en RTT wat ek saam gesleep het De voetpadkloof toe gee die Ranger my 9.1 km/l wat ek glo nie te sleg is nie my sleepspoed was gemiddeld 105 km/h nou sit ek volgende snorkel op , 55 liter pioneer water tenk van Bushtech en dan my solar reguleerder box in die paneel 300 w en deep cycle battery het ek reeds en volgende jaar eezy awn 270 batt owning en shower cubicle dan is ons gesort
Met die Swing Len
Daar was nie tyd en min hande om RTT af te haal ja puik oord
Regtig happy
Het eergister tussen oord en boskamp so plus minus 2 km grondpad gery in 4 high bakkie awsome en daai dust seal kid en posetiewe lug klap werk soos n bom geen stof gekry agter in bakkie toe ons afpak by huis nie
Opvou tafeltjie vir
Dan die opvou tafel ook gekoop wat aanhaak by kombuis gedeelde waar jy gastoof sit vir kos maak koffie maak of om kos voorteberei so is alles netjies op sy plek en niks le rond nie alles by Bushtech gedoen
Opvou tafel bere binne
Soos per foto sodra tafeletjie klaar gebruik is kom hy weer in sy canvas sak wat vas is aan die binnekand van bakkie se kombuis
Hang mat vir
Ook hang mat wat binne bakkie is teen aan bokant van canopy hom verniet by Bushtech gekry ideaal vir handoeke skoene ens
Vir vieligheid
My canopy het net agter n ruit en nie teen die kante nie om kwaad toeners uit te hou het ek n mesh ook laat in sit by Bushtech dit gee n ou net meer siels gerus





En toe is hy op
Baie dankbaar en bly