Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -2 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Dit is die eerste keer wat… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago

Brandstof prys

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Dit is die laaste Vrydag van die maand, dus sal volgende maand se brandstofprys vandag aangekondig word.

Petra en ek het vroeer so bietjie ingery Bela toe, ek was so lus vir 'n melkskommel ek kon my lag nie hou nie.

Ons is 11km buite Bela en die ry tot by Dros het ons net mooi 40 min geneem, terug bietjie beter 25 min. Die paaie is tjok en blok dit is net 4x4's , bakkies en SUV's met woonwaens agter gehak.

Nou hoor ek gereeld hoe mense kla oor die brandstof prys en nou sal hulle nie meer kan ry nie, terloops die N1 is net so gepak van de voertuie.

Nou hoop ek sal half hier in my enigheid dat die brandstof met so R3 of R4 per liter sal verhoog, hopelik sal die mense dan nie meer jok oor hoe hulle nou minder gaan ry nie?

 

Irene

Grootwind

Wed, 16/03/2022 - 08:53

Olieprys daal weer bietjie. Maar die tendens wat mens begin optel is dat met elke "skok" die prys skielik styg en daarna weer daal, maar nie juis laer as voor die "skok" nie? Hoe dit ook al sy, sien die Dept Energie het gister laat blyk indien die Ukraine oorlog na April nog aan die gang is ons moontlik brandstof rantsoenering in die gesig staar. Dit gesien saam met berigte dat daar wereldwyd 'n diesel tekort is gee mens nou nie juis 'n warm gevoel nie....ons hoop juis dat ons darem die jaar weer ons maand by Scottburgh in Junie/Julie kan gaan kamp nadat Covid en inperkings ons in 2020 en 2021 gesnoeker het. As rantsoenering inskop is dit dalk weer 'n herhaling van die 1970's? Die ou omies onder ons sal nog daai jare onthou, maks. spoed op die oop pad beperk to 80 km/h, brandstof slegs beskikbaar van Maandag tot Vrydag en dan slegs van 0600 tot 1800, geen brandstof te koop tussen Vrydag aand en Maandag oggend, saamry en/of koop van brandstof in kanne was verbode....ek gaan sommer in 'n depressie!

0

Môre vriende

Dis nou rerig gagga nuus. Ek kan goed onthou hoe die einste Dept van minister J Pietersen ons opgepotte olie reserwes onlangs verkwansel het. Dit sou nou baie handig te pas gekom het.

Ek onthou daai dae goed. Ek het 0h00 vertrek uit Stellenbosch om met my tenk B Wes te haal teen 06h00. Dan jaag jy om so vêr moontlik te kom teen 18hoo. Dan kruip jy om hopenlik jou bestemming te haal in Malelane omgewing.

So iets gaan almal se reeds betaalde beplanning vir lang slepe erg omkrap, of tot einde laat kom. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 08/06/2022 - 12:58

Ek lees so pas op Netwerk24 dat die Britte betaal sowat R32/liter vir petrol. My dogter laat weet dat hulle in Roemenië die ekwivalent van R30.52 per liter betaal.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 08/06/2022 - 13:34

Ek lees vroeër dat diesel in Zim nou meer as R27/l kos en ‘n brood R26. Amptelike inflasie is 130% maar daar word deur die opposisie beweer dis nader aan 260%

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 08/06/2022 - 19:04

Ek lees so pas op Netwerk24 dat die Britte betaal sowat R32/liter vir petrol. My dogter laat weet dat hulle in Roemenië die ekwivalent van R30.52 per liter betaal.

Maar jy moet onthou wat is die verdienste daar ? 🤷‍♂️

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 08/06/2022 - 19:50

.... ek wil my nie uitlaat t.o.v. die Britte se verdienste nie, want ek weet nie. Wat Roemenië aanbetref is die prys egter vir die gemiddelde Roemeen ook maar vrek styf - en hulle pryse was nog altyd hoër as ons s'n.

Bykans alle ander kostes in Roemenië is vergelykbaar met SA s'n. Daarom sê ek al baie lank dat Roemenië een van die mees bekostigbare oorsese bestemmings vir Suid-Afrikaners is. Inderwaarheid is verskeie aspekte van lewenskostes goedkoper as dié in SA.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 09/06/2022 - 09:00

Ek was nog net in Angola, die verste van ZA.  Hoor altyd mense sê ju moet nie dierekte vergelykings maak teenoor die Rand omskakeling nie, daarom my opmerking. 👍

0
Worcester

Wildehont

Thu, 09/06/2022 - 11:01

Dawie Roodt het al ‘n paar keer verduidelik dat die Rand ver onderwaardeer is as die sg Big Mac indeks gebruik word. Die wisselkoers en die olieprys is die grootste faktore wat ons brandstofprys bepaal. Natuurlik is daar ‘n groot gedeelte wat uit belasting en heffings bestaan, maar dit word normaalweg net een keer per jaar aangepas. 
 

Om terug te kom na die Big Mac indeks; mens moet die koopkrag van jou geldeenheid in die land vergelyk om ‘n sinvolle vergelyking tussen bv brandstopryse (in Rand) tussen lande te kan maak. Daar is webwerwe soos hierdie een wat meer omvattende vergelykings maak. Hier onder is die eerste deel van die vergelyking tussen Bucharest (in Romenië) en Johannesburg. 
 

A

0
Irene

Grootwind

Thu, 09/06/2022 - 12:54

Mens kan seker rondspeel soos jy wil maar uiteindelik maak die olieprys en wisselkoerse ons seer, Brent olie raak alweer aan 124 dollar :( Hier kom nog 'n groot aanpassing met al die verdere stroomaf gevolge...

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 13/06/2022 - 15:02

Ek lees vanoggend op Netwerk24 dat petrol en diesel styg dalk in Julie tot R27 per liter - en daar word gereken dit is dalk 'n optimistiese vooruitskatting.

Sedert daardie berig van vanoggend is die jongste nuus dat die Rand weer verswak het tot bo R16 per Dollar. Dit blyk dat Jan Tuisbly is maar my voorland.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 13/06/2022 - 15:55

As ek gemiddeld R27/l gaan betaal (wat waarskynlik konserwatief is) trek die brandstof koste vir die toer net duskant R22k. Ek gaan maar deurdruk. Vir een laaste besoek aan my gunsteling plek. 

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 14/06/2022 - 08:35

Ek gaan nou 'n Genis (Koperasie Stories) op myself trek, julle maak my nou beswaard, dit is onregverdig.......😉

Dit help nie ons skop teen die prikkels nie, maak soos sommige mense, leen by die bank, daar is baie geld, en moet nie terug betaal nie🤣

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/06/2022 - 08:40

....my speelgoed moet gehaal word. Dit is nou maar 'n trippie wat moet gebeur, ongeag dieselprys. Ek het egter met ons Hermanus vakansie 'n erge ekstra reiskoste, die vliegtuigkaartjies, eers huistoe, en nou weer af Kaap toe.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 14/06/2022 - 09:01

Kom wat wil...

....my speelgoed moet gehaal word. Dit is nou maar 'n trippie wat moet gebeur, ongeag dieselprys. Ek het egter met ons Hermanus vakansie 'n erge ekstra reiskoste, die vliegtuigkaartjies, eers huistoe, en nou weer af Kaap toe.

Hierdie trippie het jou aansienlik meer gekos, maar wees dankbaar dat jy dit kan doen. Die terugreis gaan nie so maklik wees met die ongemaklikheid van die beseerde voet nie, maar man moet doen wat hy moet doen. Sterkte, en ons vertrou dat die rit terug baie voorspoedig sal wees. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/06/2022 - 12:08

... dankie vir die bemoediging.

Ek is die meeste bekommerd oor die loop op lughawe en met oornag in woonwaparke. Ek moet net die bewegeing en druk op voet so min as moontlik hou.

0
Irene

Grootwind

Wed, 15/06/2022 - 18:39

Ek sit die maar onder hierdie draad gesien dat die probleem 'n uitvloeisel is van die toenemende brandstof pryse. Die kort energie minister (dis nou die ene met die bok baard en hees stem) erken vandag dat die probleem met paraffien wat by diesel gevoeg word al hoe groter word, sg "adulterated" diesel, sodoende maak die skuldiges aansienlik meer wins. As ek dit reg het hou moderne dieselenjins glad nie hiervan nie en word die lewensduur dramaties verkort. In die verlede was die soort ding meestal beperk tot vulstasies in klein dorpe en in party buurstate, maar dit lyk nou of dit ook na stede uitkring. Enige idees hoe mens met 'n eenvoudige toets kan seker maak dit wat in jou tenk gaan is die "real McCoy"? 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus