Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -52 minutes ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -1 hour ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -2 hours ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -6 hours ago

Kavango raad

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums
Môre vriende Die draad is nou eintlik vir die persone wat ook Echo Kavango's besit. Bloot omdat ons dieselfede probleme mag ondervind, en hopenlik mekaar van raad kan bedien. Ek wil graag weet of julle ook al gesukkel het met 1] julle waterpompe en die gepaardgaande "pressure switches". Vir een of ander rede pak myne baie gereeld op, dis nou die drukskakelaar, darem nie die pomp nie. 2] ek moes April 2019 my twee 105Amp.h batterye vervang, en in Augustus weer. Die ene het sy poeier by die pole uitgestoot/kook. Die' twee batterye is alweer daarmee heen. Dit behou nie lading nie. Ek kry dit nie met die sonpaneel of vanaf 220V volgelaai [> 12.9v] nie. Oornag, sonder dat iets krag verbruik, val die spanning na 11.8v. 3] Het julle [Chris, Pierre] al probleme ondervind met julle elektriese behaarpaneel? Ek begin wonder of myne korrek funksioneer, en of ek net ongelukkig is met die Duratec batterye. Ek het my 2016 Kavango Extreme 2de hands gekoop, en die vorige eienaar het baie ekstras laat aanbring, soos water-reguleerders , ekstra pype en selfs die beheerpaneel laat verander sodat die batterye vinniger kan laai. Dit wil voorkom dat al die veranderinge my nou dalk inhaal. Groete
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 01/02/2022 - 13:42

Nou weet jy jou wa is reg vir die volgende sleep. Wat die skokbreker betref, dit kom mos onder druk wanneer gerem word soos ek die ding verstaan. Ek dink dus nie die sleep aksie is wat dit laat uitwerk nie, eerder die negatiewe versnelling (en weer die positiewe versnelling daarna). Ses jaar se diens daaruit is darem glad nie te sleg nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 28/02/2022 - 20:41

Vandat ek die Kavango gekoop het werk sy deurstopper nie goed nie. Die swart vroulike plastiek deel is uitgewerk. Ek het al die manlike deel vervang (al wat ek plaaslik kon kry) maar as die wa selfs net teen ‘n effense helling staan hou dit nie die deur oop nie. Ek bestel toe verlede week die staal stopper wat met ‘n magneet werk. Dis ontwerp om teen regte hoeke te werk, en die Kavango se deur staan nie teen ‘n regte hoek oop nie. Ek het dus in plaas van die staal stukkie wat mens aan die deur vassit ‘n plaatjie gebuig waaraan die magneet kan vasklou en dit met klinknaels vasgesit. Die magneet is lekker sterk, so ek hoop dit gaan die deur oophou as daar ‘n effense helling is. Terloops; die nuwe stopper vertoon geel. Dis die kajak wat bo die wa aan die dakbalke hang se weerkaatsing. 
 

A

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 01/03/2022 - 06:32

Môre Chris S

....eers so 'n stopper/knip nie. 

Hoe is die ronde voet gedeelte aan die wa se sykant geheg? Ek sien geen skroewe/klinknaels nie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 01/03/2022 - 07:52

Jy kon dalk so een gebruik het, ek het hom by 'n karavaan winkel gekoop, selfde wat daar op was.  Die wind waai hom nie toe nie.

.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 01/03/2022 - 08:20

Hoe is die ronde voet gedeelte aan die wa se sykant geheg? Ek sien geen skroewe/klinknaels nie.

Die ronde voet is ‘n dop wat ‘n basis wegsteek wat aan die wa vas is met drie klinknaels. Die basis het ‘n uitstulping met skroefdraad wat in die skag van die buitenste gedeelte inskroef. Dit sit baie stewig. 
 

Hier is die produk op Takealot:

A
 

Jy kon dalk so een gebruik het, ek het hom by 'n karavaan winkel gekoop, selfde wat daar op was.

Daardie een lyk baie beter as die een wat op my Kavango was, aangesien die veertjies behoort te voorkom dat dit uitgewerk raak en dit ook styf sal hou. Boland karavane hier in Worcester het ongelukkig net van die soort gehad wat op die Kavango was. Ek sou eintlik daardie ou een wou afhaal en ‘n nuwe in sy plek sit, maar die magnetiese een is net ‘n bietjie te lank op sy kortste verstelling, en sou die deur nie so ver oopgehou het nie. Ek het dit dus so naby as moontlik gesit, terwyl die ou een se manlike deel steeds in die vroulike deel sit soos in die posisie waarin dit moes werk.   

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 14/03/2022 - 12:18

Ek is verheug om te sê dat die magnetiese deurstopper perfek werk. Ons was die naweek by Silwerstrand buite Robertson, en kon dit ordentlik toets. Die staanplek was redelik skuins, en ten spyte daarvan dat ek die geel wig gebruik het, was die linkerkant (deur sê kant) steeds effens laer. Die stopper het die deur mooi oopgehou, maar selfs die kinders kon dit maklik genoeg toemaak ook. Die magneet is dus presies net sterk genoeg. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 14/03/2022 - 12:42

terwyl die ou een se manlike deel steeds in die vroulike deel sit 

Ek besef dat Chris WH praat nou suiwer Afrikaans, maar steeds klink die aanhaling hierbo vir my snaaks. Om een of ander rede klink die Engels "male" en "female" nie vir my so nie. Dalk sukkel die ouballie met vuil gedagtes wink

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 14/03/2022 - 20:42

Dalk sukkel die ouballie met vuil gedagtes wink

Ons het almal maar ‘n mindere of meerdere mate Oom Arie in ons…

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 15/03/2022 - 06:00

Hey, sit en nou heem onskuldig op die stoep, beker koffie in linkerhand en pyp in die mond. Staar niksiende oor die see, heel oskuldig, pl g'n mens of dier nie.....

Dan word ek ingesleep in ń gesprek van magnetiese porporsies?

A nee a man!

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 06/06/2022 - 12:36

Middag vriende 

Kyk ek die afgelope naweek na die nuwe Kavango's, van hulle kom met "awnings" uit. Dis nou die tentdak met pale en pote, wat uit die kantsak kom. 

Bel ek mos vanoggend vir Echo, aangesien ek my opslaanwerk en tentpenne wil verminder. Gelukkig het ek op die bed gesit, anders het ek nog 'n besering gehad. Seg die verkoopsman so ewe, ja dit sal pas op my ou model Extreme  [2016], oud se blaker!!!! Daarna kom die skok, die ding kos 'n stewige R39500. Ek het 3 keer seker gemaak, dit is die prys. Wonder wat die hele woonwa dan kos, ek het nie asem gehad om te vra nie. 

Boonop gaan my kantseile nie daarop pas nie. Dit is dan nog 'n ekstra uitgawe. 

Nagedagte: wat sal ons 'n awning in mooi afrikaans noem---- tentspinnerak, volstuisvlerk, tentl-pale latwerk?????  Ons het mos 'n voltent, 'n kantseil [dis net die afdak] en dan deesdae die volstruisvlerk.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 06/06/2022 - 13:35

Hulle pryse is mal. My Kavango bly dus soos dit is, en ek hou maar duim vas dat niks breek wat net by Echo beskikbaar is nie. 
Wat die naam betref het ek al gesien mense praat van ‘n batwing, so wat van vlermuisvlerk?

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/06/2022 - 15:22

Middag Chris S

Ek steun jou voorstel. Selfs ons vriende wat nog die royal queen's english besig, kan dan ook daarmee assosieer.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 05/08/2022 - 15:49

Middag vriende

Ek het mos al vertel dat die neuskombers net nie op sy plek wou bly toe ons Kaap toe was nie. Wel, ek het dit ingegee by 'n plaaslike boswa vervaardiger wat al die velgro vervang het ten bedrae van R250. 'n Nuwe ene sou my R2400 by ECHO gekos het.   

Nou kan ek 'n mid-week kampering oorweeg, met die besparing. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 06/08/2022 - 09:38

Nou kan ek 'n mid-week kampering oorweeg, met die besparing.

Buffelspoort of Pilanesberg? Wat van Dinokeng. So winter uitspan in die bosveld is mos presies wat die veldokter sou voorskryf! 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 09/08/2022 - 16:56

Middag Chris

Hoe maak jy om die stormtent wat oor die bed is, te bêre?

Ek doen dit dalk nog altyd verkeerd. Ons trek dit deur die voorste venster van die opwipdak, sit binne op agterste bed se voet-end en rol dit op. Druk dit terug deur die venster tot in die sak.

Ek dink dit gaan makliker wees om eers die dak te laat sak, dan die stormtent terug bo-op die dak te bondel. Daarna die voorste bed te bêre, en neus toe te maak. Dan kan ek op die houtrak, op die A-raam staan, en die stormtent oprol, selfs dit teen die voorkant te rol-druk, en dan net in die sak toe te rits.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 09/08/2022 - 20:10

Praat meneer van die stormseil wat oor die voorste tent die reën afweer? Onthou; my wa is al ‘n tiener - reeds besig met hoërskool. Myne werk as volg; die stormseil het ‘n soom in aan die kant wat bo teen die opwipdak vas kom. Daarin ryg ‘n aluminium strook flat bar met ‘n gat aan elke ent wat oor ‘n pennetjie pas wat onder die opwipdak se oorhang sit. Ek hoop ek maak sin sover?

Wat ek doen, is om die aluminium strook uit te ryg en onder die dak te bêre oor die pennetjies. Dan vou ek die stormseil op. Laat weet as ek ‘n prentjie moet teken, dit sal jou nog meer deurmekaar maak. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 10/08/2022 - 07:31

....stormseil. 

Myne is in 'n toeritssak, wat inryg in 'n Al geut, geheg bo-op die opwipdak. Ek sien nie kans om elke keer die sak uit die gleuf op die dak te ryg, en weer terug te sit nie.

Daarom rol ons die seil op, druk dit in die sak, en rits toe. Tot hede het ons dit van binne af gedoen, maar ek dink dit gaan makliker werk van buite[voor] af.

Ek sal met die volgende kamp dit probeer, en kom vertel, hopenlik nie vanaf saal 7 tot 8 nie.. 

0

Middag vriende

Ek het vandag 'n duur les geleer, duur soos in 20l diesel om tot by Echo te ry. Het gaan kyk na die Kavango KA2.

Die les was;

inligting op webblad wat verkeerd is. Die GVM van die wa word aangedui as ~1880 kg, maar met nadere ondersoek op die plaatjie, is dit 2000kg. Onmiddellik is ou Grompie te lig in die broek.

Verval toe in 'n redenasie met personeel, en baie duidelik is daar 'n meningsverskil oor die wet, dat die sleepvoertuig se lisensiegewig meer of gelyk aan die wa se GVM moet wees.

Ek het ook besef dat bakkie-handelaars, Toyota ingesluit, die meeste mense verwar met hulle spesifikasie[niksseggend] oor die sleepvermoë van die bakkie. Dit help niks byvoorbeeld, dat my Hilux krag-gewys, instaat is om 2750kg te kan sleep, MAAR sy lisensiegewig is slegs 1850 kg nie. Wetlik kan dit dan slegs 'n wa met GVM minder as 1850kg sleep.

Was ou Grompie 'n 4x4, sou sy lisensiegewig egter 2000kg  volgens Toyota gewees het.

My eenvoudige afleiding;

dat boswaens se massas oorwegend geskoei is volgens 4x4 voertuie. Ons sagte baard knapies met 4x2's moet maar mooi kyk na gewigte.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 11/09/2022 - 07:19

Wessel, jy Het n jeuk wat gekrap moet word. Kom bly hier in die Weskaap, en koop n huis met n garage of afdak vir n padwa. Kom loer hier in George se omgewing, dit is nog nie so buitensporig as Kaapstad nie, en het als wat julle groot stede bied sover medies etc. Met natuurlik die see anderkant die pad en die Karoo net oor die berg.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus