Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -1 hour ago

Sosiale Media

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek hoop hierdie draad is oop vir almal want ek wil hê almal moet dit sien (vernaam die roof kykers wat loop en skinder) en dit is nie nodig om iets te sê nie.

Ek het nou vanmiddag daai oproep gekry (gevat) wat ek gister 5 keer geignoreer (geblok) het.

Dit was van Gonnie die baas van CaravanParks.com, dit het die ou meer as 'n uur gevat om vir my te sê ek is een van die wat verban word op sy forum.  Hy sê sy besluit is om dit vir 6 maande te doen dan kan ek besluit of ek weer wil terug kom  angry

Hy het aanhoudend vir my gevra of ek Spekkies, Uno en nog ander op my lys het.  My antwoord was ek het kontak besonderhede van mens wat in my en wat ek doen glo.

Hy het ook aanhoudend vir my gevra waar is my hart ?  Ek het vir hom gesê dit is my privaat lewe en het niks met hom te doen nie, nie eers op watter Sosiale Media platform ek aktief is nie.  Ek het vir hom gesê my hart is waar mense my as persoon verwelkom.

Ek wens ek kon die k@k gesprek opneem en vir julle speel.

......... Dankie tog.

NS:  Hy wou nooit vir my sê hoekom ek verwyder word nie en ook nie wie het oor my gekla nie.

Centurion

Voortrekker

Sun, 22/04/2018 - 18:36

Wow Willem!  Hulle sal my ook seker verban?   Jy weet natuurlik hoe kampforum oor jou voel, jy is 'n hoeksteen hier en 'n dan nog 'n flippen nice mens ook.   smileyyes

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 22/04/2018 - 19:13

Mense, hier is ons 'n klomp vriende met 'n gemeenskaplike belangstelling nl kamp.

Al praat ons oor duisende ander dinge, so what, as ons om die kamp vuur kuier, gesêls ons oor alles en nog wat.

Willem, as Gonnie jou so behandel, wat is sy case? Wat het jy verkeerd gedoen, ek dink hy hou stok ou grudges.  

Hy het blykbaar na my ook gesoek, vergeet dit, ek gaan nie weer daar op nie. Genoeg is genoeg. Ek het vir hom 'n e-pos gestuur waarin ek my opinie gelig het, daarmee moet hy maak wat hy wil.

Ek het baie opregte vriende wat werklik omgee,  kort nie vyande nie - hulle het ek ook genoeg van?

Willie Bromehead kon dinge so mooi hanteer daar,  sedert hy daar weg is, het dinge agteruit gegaan. Hy het ten minste sy vinger op die pols gehou.

Nee wat, hier kuier ons almal  lekker saam met jou, jy het, na my mening, nog nooit kant gekies nie.

0

Ai jai jai maar dit is rof van CP om ou lede so te behandel . Die vermetelheid om vir n lid te se Jy is verban vir 6 maande en dan kan jy dalk weer na die tyd as hulle besluit jy kan weer aansluit .

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 22/04/2018 - 19:58

Dassie, ek dink dit is blatant onbeskof om so met hul lede te praat, en dit met een van hul langste lede.

Alles dui vir my op drie mense en 'n jaloerse eienaar van sy forum.

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 22/04/2018 - 20:03

Alles dui vir my op drie mense

Johann, is een van die 3 mense betrokke by kampforum?  Ek soek nie sulke tipe mense hier nie.

Ek het ongelukkig net genoeg airtime om 2 mense te  bel, so julle sal moet looitjies trek. laugh

0

Johann L ja ek het die ding al vir n ruk sien kom met die jafels op CP .Kyk niemand dwing ons op op n spesifieke Forum deel te neem jy doen dit uit vrye keuse maar wanneer lede mekaar begin aanvat oor  onbenulligheid se ek totsiens .

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 22/04/2018 - 20:08

Wat het Willem gedoen wat so erg is dat hy verban moes word?   Daar is ander mense wat al baie erger dinge gesê het.  Ek is een van hulle!    Ek kan nie eers onthou dat ek al OOIT gesien het Wilsur raak betrokke by 'n bakleiery nie.  Hy het soms sy opinie gegee, kort en kragtig, sonder om veel uit te wy en mense regtig aan te vat, ook oor die laaste week of wat.   

Nee wat, Gonnie sit die pot mis hier.  Hy gee seker nie om om lede te verloor nie, so dit is sy keuse.  Met die antwoord wat hy vanmiddag daar gegee het, sou mens sweer hy praat met 'n klomp kinders wat in skoolbanke sit.

Wel, ten minste is daar seker een happy chappie in Suid Afrika vanaand:   DK die vloer is nou joune, my maat.  Gaan tekere, geniet jouself op die forum, jy het uiteindelik gekry wat jy wou gehad het.  Baie geluk!

0

Na die lese van wat plaas gevind het met die persoonlike oproepe van die bestuur van CP na lede en vra waar hulle hart is nou wonder ek net is die ou dalk n Hart Spesialis dat hy sulke vra, vra . Moet se ek persoonlik was nie gebel so aanvaar my lidmaatskap is opgeskort .

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 22/04/2018 - 20:26

My gevolgtrekking is Gonnie is bang vir die mense wat op altwee forums is en die wat hy weet hier tuis en gelukkig is daar van sy forum verwyder.  Want ek het hom gevra of dit die rede is maar hy het dit hoog en laag verwerp.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 22/04/2018 - 20:45

Wilsur, ek kan aan 'n paar lede op CP dink, wat nie hier lede is nie, wat nie baie beïndruk gaan wees met hoe Gonnie die saak hanteer het nie.   Daar gaan maande verby wat hy hom nie verwerdig om 'n kommentaar op enige insette te lewer nie.   Ek glo hy het nie eers gelees waaroor daar gesels word nie.  As hy het, sou hy darem nou en dan iets wou sê, soos Willie altyd gemaak het.   Nou ewe skielik maak hy soos hy wil (en seker mag),  nadat hy die hele wêreld moes bel om te hoor wat daar aangaan.   En nou praat hy non-stop.  Ek sê ook soos Wilsur, LMGA.

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 22/04/2018 - 21:41

Ja Anton, ons kan nie sulke mense sulke hier "entertain" nie, maar hier is 'n nie-lid (neem ek aan) en 'n lid wat baie lees. 

Johann, is een van die 3 mense betrokke by kampforum?  Ek soek nie sulke tipe mense hier nie.

Enige een sal weet wie die persoon /persone is. 

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 23/04/2018 - 08:29

Wel vanoggend word Kampforum behoorlik uitmekaar getrek op CP forum.  Dit is duidelik dat Gonnie net gehoor het wat hy wou hoor tydens al sy oproepe aan die mense.  Dit is duidelik dat hy nie objektief kon kyk na die feite nie en reeds voor al die oproepe besluit het wat sy uiteindelike besluit sou wees.   Om Anton en Kampforum 'n les te leer.  Hy  kan sê wat hy wil en solank sy lede hom prys en bedank, mag hulle sê wat hulle wil.  Maar as hy teenstand kry, word die inset summier verwyder, dit mag mense nie lees nie.   Nou het hy aangekondig dat hy Anton se persoonlike inligting "restore" het nadat Anton dit verwyder het.  So, dit mag wys.laugh  Want dit is wat hy besluit.   LMGA.  As moderator kan hy kom leer by Anton oor "peoples skills".  Ek kry hom eintlik jammer, al voel hy seker vandag soos 'n groot held!  Soos 'n koning op 'n troon....

Ek het gister aan hom 'n e-pos gestuur, hy het hom nie verwerdig om dit te antwoord nie.  Want alles wat ek gesê het, het seker nie in sy prentjie ingepas nie.   Aangesien hy my nie die geleentheid gegee het om op 'n antwoord van hom te reageer nie, hoop ek hy lees my antwoord hier.

Die lede wat hy nou gaan verloor, is te danke aan sy eie toedoen, niemand anders op daardie forum nie.   Good luck to him!

 

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 23/04/2018 - 09:47

Ek gaan loer nou daar in en sien hoe die eienaar my persoonlike inligting gebruik om my naam te probeer beswadder!     En ek het juis Sondagoggend my persoonlike inligting soos woonaddres , telefoon nr en meer gaan verwyder nadat hy my Saterdag oor die foon harass het.    Hy het my 2 keer geskakel en bitter lank gepraat maar kon nie tot die punt kom nie.  'n 2de oproep van die ou kon ek nog hanteer, maar toe hy die 3rde keer laat Saterdagmiddag weer bel toe besluit ek om sy nommer te blok, want iets daar is nie lekker nie?

Inelkgeval, lyk my Gonnie raak baie ongelukkig is mense nie saam met hom wil speel nie en toe ek nie meer sy oproepe wil neem nie besluit hy om my naam te gaan sleg praat.

Ek dink nie hy kamp eers nie.  Te ek hom vertel dat sy lede graag 'n saamtrek wil hou toe lag hy en se net hy stel nie belang aan kamp nie en ook nie om saam met sy forum lede te kamp nie?    It's Buisiness!

Opwindende tye smiley

  

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 23/04/2018 - 10:32

Anton, as 'n mens verkies om jou persoonlike inligting van 'n platform te verwyder, het iemand die reg om dit weer op te sit, sonder jou toestemming?   Dit is mos skending van privaatheid, nie waar nie?   As ek nie wil hê mense moet weet wie ek is nie, mag iemand anders mos nie namens my besluit hulle sal weet en dit verander nie!!

Ek dink jy moet regsadvies hieroor kry.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus