Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -2 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -2 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -5 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -10 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -11 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago

Sosiale Media

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek hoop hierdie draad is oop vir almal want ek wil hê almal moet dit sien (vernaam die roof kykers wat loop en skinder) en dit is nie nodig om iets te sê nie.

Ek het nou vanmiddag daai oproep gekry (gevat) wat ek gister 5 keer geignoreer (geblok) het.

Dit was van Gonnie die baas van CaravanParks.com, dit het die ou meer as 'n uur gevat om vir my te sê ek is een van die wat verban word op sy forum.  Hy sê sy besluit is om dit vir 6 maande te doen dan kan ek besluit of ek weer wil terug kom  angry

Hy het aanhoudend vir my gevra of ek Spekkies, Uno en nog ander op my lys het.  My antwoord was ek het kontak besonderhede van mens wat in my en wat ek doen glo.

Hy het ook aanhoudend vir my gevra waar is my hart ?  Ek het vir hom gesê dit is my privaat lewe en het niks met hom te doen nie, nie eers op watter Sosiale Media platform ek aktief is nie.  Ek het vir hom gesê my hart is waar mense my as persoon verwelkom.

Ek wens ek kon die k@k gesprek opneem en vir julle speel.

......... Dankie tog.

NS:  Hy wou nooit vir my sê hoekom ek verwyder word nie en ook nie wie het oor my gekla nie.

Beslis Voortrekker ek sal my nie eers bekommer oor sy doen en late nie ."Small minds and you know what " Ek sien Spekkies het hom goed gese BRAVO Spekkies .

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 23/04/2018 - 11:23

Kyk ek is darem 'n eerbaarlike mens op daai ander forum, vandag al twee oproepe van my groot maaitjie daar gekry. Regtig 'n baie gawe aangename mens en ons gesels so lekker met mekaar!

Hy het my net mooi gevra om vir Centre [ken hom glad nie] 'n boodskap op hierdie forum te gee dat hy asb dringend moet FICA.

vir die wat nie weet nie, mens moet nou op daai ander forum ge- KYC word, dit staan blykbaar vit "Know Your Customer" Goonie se dit is presies die selfde soos banke se FICA????

Ek vermoed ek gaan dalk nog daar aangestel word as die ofisieele spioen om te kyk wat doen julle klomp hier??

Snaaks ek is nog nie verban nie?????

Probeer baie hard - ek het selfs daar gepraat oor oneerbaarlikheid, die pos is ge -"hide" en dit was die tweede oproep om vir my te vertel hoekom my pos ge-hide is, dit maak dit dan duidelik wie het dadelik gehardloop en gaan kla?

0

laugh Arie sal jy my maatjie wees wat in my sandput kom speel .Te FICA om op n Forum te wees wat n spul bull tweng ek hou verby .

0
Bosveld

Gryswater

Mon, 23/04/2018 - 11:32

KFC op die forum.   Nou praat julle!    As jy nie jou woonaddres beskikbaar maak nie dan weet ons nie waar om jou KFC af te lewer nie.   So ASB!    Opdateer jou perssonlike inligting vandag en kry jou KFC!

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 23/04/2018 - 11:39

Oom Gryswatertjies, my persoonlike inligting is presies op datum net soos dit moet wees, hoe laat lewer julle die KFC af siende dat ek ge RICA en ge FICA is?

Groete hier van Geelwatertjies.

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 23/04/2018 - 11:44

Oom Dassie, nee kyk ek speel nie met ander mans in 'n sandput nie, ek is eintlik maar 'n ou wat like om met vrouens te speel, maar onthou asb daai bottle RUM!

Vir daai spesifieke rede is ek ook glad nie 'n voel kyker nie maar baie eerder 'n bird watcher.

Sien baie voel kykers in die kamp, loop met verkykers en kameras, dan kry mens so nou en dan ook 'n voel kyker in die badkamer daar by die krip??!

0

laugh Arie jy verstaan verkeerd die sand put is die 4x4 sand put .Ek dog al die maats "like" om met hulle plastiek tupperware in die sand te speel lol . JA-nee daai voelkyker by die krip is n no - no miskien bewonder hulle jou "weapon of mass destruction" Soos die ou wat in die mans toilet in hardloop ,staan by die krip en se aan die ou langs hom Sjoe het dit net gemaak .Die ander ou loer oor sy skouer en se Juslaaik pel kan jy vir my ook so 1 maak

0
Durban

dassie

Mon, 23/04/2018 - 12:02

In reply to by Gryswater

Gryswater nou praat jy n ding ek eet glad nie daai KFC nie .So wat anders kan julle my offer vir my adres en tel no ,stad of dorp ,Provinsie, bank kaarte ens laugh

0

Julle weet mos ou James het altyd sy van eerste gese Bond James Bond .Nou oom Arie wat gaan joune wees Bond ............Ply Bond lmao

0

Gelukkig kan ek nog hier inlog.  Ek is nou nog besig om my polse af te kou omdat ek daar anderkant verban is. Nee, net nie dit nie.   Weet nie wat ek nou gaan maak nie.  My lewe is verwoes. 

Ek wou nog vir die hoof daar ietsie opsit, maar ek weet hy of een van sy snotneus seuntjies lees hier, so hier is die prentjie hoor.

 

 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 23/04/2018 - 13:39

Nou wie is centre en wie is fly half, of dalk heel agter??

Hy het my net mooi gevra om vir Centre [ken hom glad nie] 'n boodskap op hierdie forum te gee dat hy asb dringend moet FICA.

En vir watter span speel die centre? 

Vir seker nie vir die CP span nie.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 23/04/2018 - 13:44

Nou ja, genoeg van daai pot twak, ek geniet hierdie sosiale plat forum, dit is nie 'n onsosiale forum nie.

Dankie aan elke lid hier,  julle maak die forum positief!!!

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 23/04/2018 - 14:21

Ooo julle is skerp.

Ek sien daar word hande geklap, dit het my aan die laat dink.

Hanjie klap

Koekkies bak

Kry die meel

Nie te veel

Lekker eet ons netnou.

laugh

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 23/04/2018 - 14:32

Willem, ek sien my GROOT vriend, die oompie met die Jeep wil bitter graag hande klap oppie ander forum?

Terloops my goeie vriend Goonie, het met een van sy drie oproepe na my toe genoem dat hy en Anton 'n ooreenkoms aangegaan het dat ons nie op een van die twee forums sal praat oor die "ander forum" nie, nou wonner ek so by my se selwers waneer gaan Voorie ons inlig oor die reel???

Of weet net Gooinie [pap nie] van die reel?

ek het maar weer 'n eiertjie daar gaan le, net vertel dat as al die lede eerbaarlik wil optree daar nie fights sal wees nie, gedink dit kan dalk net goeie raad wees.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 23/04/2018 - 14:37

Julle wat so oulik is om prentjies op te sit.   Het iemand nie 'n mooi prentjie van 'n haan wat verhewe op 'n mishoop staan nie?    Met al sy henne en kuikentjies wat ewe gedienstig en gedweë om hom staan terwyl hy koning kraai!

Spekkies, jou prentjie is op daai forum.   

My naam daar is nou *****.   Dit was eers **.   Toe sien ek nog iemand het sy besonderhede uitgevee en ook sy naam verander na **.   Dit wys net:  Great minds think alike. yes

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 23/04/2018 - 14:50

Arie, wat het jy wat ons nie het nie?   Jy skryf lekker en dit word nie uitgevee nie.  O ja, behalwe die een waar jy vanoggend gesê het jy stem vir Spekkies omdat hy so 'n eerbaarlike man is.  Jy moes regtig 'n goeie indruk op die geagte Moderator gemaak het, want hy is baie geduldig met jou. 

My pragtige boodskap aan Spekkies (ek sou vreeslik graag vir hom wou hande klap) was ook uitgevee.   Dis maar swaar as jy kan uitdeel maar nie self kan vat nie, né?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus