Ek hoop hierdie draad is oop vir almal want ek wil hê almal moet dit sien (vernaam die roof kykers wat loop en skinder) en dit is nie nodig om iets te sê nie.
Ek het nou vanmiddag daai oproep gekry (gevat) wat ek gister 5 keer geignoreer (geblok) het.
Dit was van Gonnie die baas van CaravanParks.com, dit het die ou meer as 'n uur gevat om vir my te sê ek is een van die wat verban word op sy forum. Hy sê sy besluit is om dit vir 6 maande te doen dan kan ek besluit of ek weer wil terug kom ![]()
Hy het aanhoudend vir my gevra of ek Spekkies, Uno en nog ander op my lys het. My antwoord was ek het kontak besonderhede van mens wat in my en wat ek doen glo.
Hy het ook aanhoudend vir my gevra waar is my hart ? Ek het vir hom gesê dit is my privaat lewe en het niks met hom te doen nie, nie eers op watter Sosiale Media platform ek aktief is nie. Ek het vir hom gesê my hart is waar mense my as persoon verwelkom.
Ek wens ek kon die k@k gesprek opneem en vir julle speel.
......... Dankie tog.
NS: Hy wou nooit vir my sê hoekom ek verwyder word nie en ook nie wie het oor my gekla nie.
Moet sê Len se boodskap was…
Moet sê Len se boodskap was nie wat ek verwag het nie. Maar dit speek boekdele vir my.
dit speek boekdele…
dit speek boekdele
Ek stem saam.
Wonder waar is die draad waar my naam beswadder word, want ek sien dit nie? Ek soek dit terug asb Gonnie ![]()
Hopelik het meneer die…
Hopelik het meneer die moderator besef die drade laat hom al hoe meer belaglik lyk en lok kritiek teen hom uit. Toe verwyder hy alles. Dit is darem snaaks as mens goed kan plaas wat jy daarna nie meer wil wys nie. Selfs sy instruksies oor FICA is dus nie meer belangrik nie. Nou kan hy weer begin skitter in sy afwesigheid.
Ek stel in elk geval nie verder belang wat daar gebeur nie.
Ek dink ons moet nou maar…
Ek dink ons moet nou maar vergeet van wat hulle op die Ingelse forum doen. Dit is baie lekkerder hier.... Ons het hulle nie nodig om iets te kry om oor te praat nie... Daar is genoeg vars onderwerpe hier... Wag nou net vir Len se lekker KNP fotos....
Kan iemand, wat weet hoe om…
Kan iemand, wat weet hoe om dit te doen, asseblief Gonnie se lang relaas, wat 'n rukkie terug geplaas was, asseblief oordra hierheen?
Hoekom................
Freda, hoekom wil jy hierdie forum besmet met 'n uiters kinderagtige, arrogante, vloekende klomp snert ? Ek dink regtig ons moet nie af daal na hierdie lae vlak van kommunikasie nie en eerder hierdie hele besigheid agter ons sit en daarvan vergeet. Trouens, ek is oortuig daarvan hierdie tirade gaan tot gevolg hê dat nog 'n klompie regdenkendes hulle goed gaan vat en loop.
Freda die wat graag daar wil…
Freda die wat graag daar wil wees sal daar bly. Die wat verstand het sal n ander heenkome vind. Daar is n gesegde..."SWEARING IS THE CRUTCH OF THE CONVERSATIONAL CRIPPLE"
Jaloesie is n snaakse ding......
Freda, moet nie dat dit jou…
Freda, moet nie dat dit jou so onstel nie, dit is wat hy wil hé. Hierdie lyk vir my amper soos EFF taktiek om verder onmin en bakleiery uit te lok ? That's how they roll?
Die D%ol
Die engelse man van CP beter nou ophou om my man se naam en ons forum te probeer slegmaak... Hierdie mammatjie is besig om BAIE kwaad te word.... So listen here Gonnie... GO and be GONE. You are making a fool of yourself and your forum if it can be called so... Its more like a gossip and pathetic platform than a forum anyway. So just be GOnnie ag sorry... GoNE.
Die rede hoekom ek gesê het…
Die rede hoekom ek gesê het dra dit oor hierheen, is omdat die lede wat hy verban het dit nie daar kan lees nie. En sodra dinge vir hom te warm raak, dan delete hy dit weer. Ek het hom my eerlike opinie oor hom gegee, hy sal seker nie die moed hê om daai 3 insette van my op te los nie.
Lolla, ek het gebewe van kwaadgeit. Ek kan my net voorstel hoe jy moet voel.
Ek was van 2003 daar gewees…
Ek was van 2003 daar gewees en die twee keer wat ons telefoonies met mekaar gesels (glo nie waardig om gesels so te verdraai nie) het was my opsomming kortliks so. Kyk die tyd wat hy iets plaas, die een was 00:00:??. Teen daai tyd praat die voggies (hy het dit ook erken) dit is seker hiekom hy dit dan later weer verwyder ? Dit is ook hoekom ek nie Saterdag sy oproeppe beandwoord het nie.
GoNE !!!
My wêreld Len! Ek het…
My wêreld Len! Ek het nogal gewonder of daar nie iets in sy sisteem is wat hom so aanspoor om stupid te wees nie. Dankie, nou weet ons!
Die moderator
Ek dink die arme man sit in die nag en post en sê dalk dinge wat hy nie moet sê nie. Dan besef hy eers later dat dit 'n fout was. In sy draad vanoggend het hy gepraat van 'n F*#% OFF button, dit het hy nou uitgehaal. Maar die drie hoofstukke wat hy geskryf het oor Anton, Wilsur en Speknek, waarin hy hulle behoorlik slegsê het hy ook verwyder. Hy was dalk bang vir 'n Defamation of Character aanklag.![]()
In elk geval, nou is ek klaar met hom en met sy forum.
Freda ek het gaan lees wat…
Freda ek het gaan lees wat daar geskryf is, en sien hy verban nou enige kampforum admin lid om op sy forum aktief te wees. So hy het nou al 2 admins uitgewys? Wonder weet hy van die ander 8 wat dalk nog daar rondhang?
Sal julle asb tog ophou om…
Sal julle asb tog ophou om my maaitjie so te beswader hier, ek en Gooinie is groot pelle my tog genooi om by hom te kom kuier.
Ook vir my gevra om artikels vir sy tydskriffie te skryf????? Maar dit daar gelaat, ek het baie goeie vriende daar, hulle ry Jeeps, DKW's, ander een Gooinie water by sy dop, en die ander sit soos 'n Brommer op 'n kluit, ek vra weer baie mooi wees tog eerbaar en los my maaitjies, ek voel klaar sleg genoeg dat ek sulke pelle het en dan beswader julle hulle nog??
Wil net graag vir almal wat…
Wil net graag vir almal wat hier lees vertel.... Dit moet opwindend wees om so baie insette op eendag op daai INGELSE forum te kon kry. Al moet sie BAAS meer as die helfte self opsit....
Kinderagtig verby..........





Frans, daai moderator laat…
Frans, daai moderator laat dit amper klink of jy hom gebel het, want hy bedank jou dat julle so lekker kon gesels. Ek weet nie of ek dit moet noem nie, maar my hart het warm geklop toe ek nou weer daar ingaan. Len het dit duidelik gemaak dat hy nie tevrede is met die toedrag van sake nie en DIT SPREEK VIR MY BOEKDELE. Ons almal ken vir Len, hy sal objektief na enige iets kyk en self besluit hoe hy oor iets voel, hom nie laat voorsê nie. Dankie Len.