Dagse, nou skoon gatvol vir myself. Skryf n ellelange opstel, toe ek afblaai, raak ek te lank aan n foto van n park, en daar is als befoeter. Probeer terug, en kom uit by my lee nuwe onderwerp.
Elk geval, die my getroue ou 110tdi bakkie, waarvoor daar lank gelede n netjiese aluminium canopy gebou is, en slegs een keer Richtersveld toe gebruik is, gaan nou in n meer permanente kampding ingerig word.
Sal seker nie n herlewing in boskamp by ouma en oupa laat ontstaan nie, maar soos Von se, hou jouself besig, dalkies kan ons so een keer n toer doen soos in ons jong dae.
Hier in die vroe 90's het ek n netjiese Landrover Camper gebou. Hele jaar gewerk daaraan, en baie geniet. Julle sal dalk nie glo nie, maar dit het tot n voorste en agterste aircon gehad !! Opdrag van die baas....
Neef Herman
Neef Herman wat n projek sterkte en hou ons asb op hoogte
Het jy al enige beplanning /…
Het jy al enige beplanning / uitleg agter die blad? Sulke goed bepeins mens mos vir jare ![]()
Herman, ja daai "skakels"…
Herman, ja daai "skakels" het my ook al baie so gevang, dan moet jy alles van vooraf begin.
Soms raak die s-pen (van die tablet) net-net aan so skakel, dan is dit sulke tyd?
Mooi Herman, ek glo jy gaan…
Mooi Herman, ek glo jy gaan dit weer voluit geniet om dit te doen. En die eindproduk sal tien teen een spoggerig wees. Probeer maar weer die foto's, sodat ons die proses kan volg.
Ek sou voorstel, as hy klaar gebou is, jy en Von bietjie Addo Olifantpark en Wildekus toe kom. Dan kan jy mos lekker oppad dit sommer vir ons kom wys in die Baai.
(Ek het nou die dag op TV weer gesien hoe verskriklik mooi dit op die Transkeise kus is, seker van die mooiste plekke in ons land.)
Herman, geniet die projek…
Herman, geniet die projek.
Soos genoem, fotos doen dit vir ons wat "ongelowig" is?
Hier is die Landy soos dit…
Hier is die Landy soos dit tot gister gelyk het met skasptralies op.

Gister die canopy opgesit

Nou sit ek die spulletjie en aanstaar. Het al n paar idees, maar wil nie oorhaastig inspring en agterna se..........
Miskien moet ek soek vir 'n…
Miskien moet ek soek vir 'n ou Landrover 110tdi en hom dan so met die tyd probeer reg maak om ook in die sand te kan gaan rond ry ?
Sit jy nog steeds en staar…
Sit jy nog steeds en staar Herman? Of het jy al besluit waar om te begin en waar om te eindig?![]()
Die gaan my hopelik my besig…
Die gaan my hopelik my besig hou vir n rukkie, en geniet al klaar die projek. Freda, die staar is net so lekker as dagdroom. Sit en dink die spulletjie mooi uit, maak seker dat wat nou gebeur nie netnou in die pad van n ander ding is nie.
Hier is n Safari Pro rooftop tent wat op die Cruiser sou kom. Von het nie die leer opklim idee gehou nie, en dit is toe net so spliternuut in die skuur gebere. Een van die lang planne , soos, Voortrekker van praat, is om dit so te monteer dat mens nie van buite opklim nie, maar van binne die canopy met n kort leertjie deur n dak luik.
Nou is die modifikasies aan tent se montering gedoen, al die afmetings werk mooi uit. Het darem al n ralley awning gemonteer. En..... die tent wat agteraaankom, is amper klaar gedagdroom..
Die binnekant se uitleg kom ook aan. So af en toe sit en binne en staar.
Hier is die daktent wat op…
Hier is die daktent wat op die Landrover monteer word. Gaan egter effe anders lyk.

Ek neem altyd gewoonlik n…
Ek neem altyd gewoonlik n stretcher saam vir die boswa indien die vrou nie lus vir leer op en af klim nie veral wanneeer die vrou nie lekker voel nie
Daktent is anderse.
More H..... Wag in spanning
Soos Ek vir Herman opsom.... Nixs doen todat hy weet presies wat om te doen....
Lekker om so projek aan te…
Lekker om so projek aan te pak, geniet dit.
Het self 2 Landy's al besit…
Het self 2 Landy's al besit.
Ou Series III en Defender County V8 met die Rover 3.5
So bietjie vordering. …
So bietjie vordering.
Gedeelte van daktent wat normaalweg onder aan behoort, word nou agter die Landy monteer.
Vandag n dak met plyboard prakseer wat gebruik sal word as model om finale dak uit Aluminium te laat maak. En daai Aluminium dak, gaan die " viewing deck" vanuit die daktent wees.





Neef, ons wag inspanning en…
Neef, ons wag inspanning en vir foto's.