6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek het 'n vragie....  Sal… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 minutes ago
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -12 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -13 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -18 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -19 hours ago

Vlieë wat pla

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Ek het by Eastco Magalies genoeg gehad van vlië wat pla, en soek al maande na so waaier wat ek by Checkers gesien het. Maandag stap ek by hul winkel in om Doom te gaan koop, en daar staan twee van die goed op die toonbank.

Die kok vertel my hulle verkoop dit daar teen R250.00 stuk, ek het dadelik twee gevat, want ek het by Checkers, en ook by Eastco gesien dit werk. Die goed werk, hoekom weet ek nie, maar dit werk! 

Flybgone
So lyk die gedoente as dit aan is.

 

Fly-be-gone
Die boksie waarin dit kom, werk met 2 x AA baterye (penlight)

 

Vaalpark

Johann L

Thu, 28/03/2019 - 20:36

Shaun, ek soek nou al baie lank na so iets, op google sien ek is van hulle vir R170.00 plus verpaking en pos geld, maar dan wag jy natuurlik  ook nog vir aflewering. Ek dink nie ek het te veel betaal nie.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 28/03/2019 - 22:40

Ignoreer maar my vraag - ek het nou die skakel oopgemaak en gesien dit werk net waar dit staan. Hou dit die vlieë net weg van waar die waaier staan of werk dit wyer en indien wel hoe wyd? Worcester is omring deur Rainbow Chickens batterye so ons het hordes vlieë.

Hou dit die vlieë net weg van waar die waaier staan of werk dit wyer en indien wel hoe wyd?

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 29/03/2019 - 06:39

Wildehont, volgens die brosjure hou dit vlië in 'n radius van 5m weg,  ons het die twee in die tent gesit, (een aan elke kant van die tent) en daar was nie 'n vlieg naby die kos nie. 

Hulle sê dit werk ook vir bye, maar daar was bye in die tent en om die waaiers, dus werk dit nie vir bye nie.

Fly-be-gone
Op die lemme is sulke blink blokkies, wat glo weerkaats, en dit sktik blykbaar die vlieë af.

My vrou het gister baie gebak, en sy het die twee waaiers in die kombuis met sukses gebruik

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 29/03/2019 - 07:48

Gerrit, ek dink die baterye behoort baie lank te hou, die waaier werk op 'n baie "sagte motertjie" dit draai nie vinnig nie.

Ek sal toets en kyk, maar ek glo dit gaan baie lank wees, die wat ek by Checkers gesien het, het die ouens gese, hulle  weet nie wanneer is die baterye in gesit nie,  maar dit loop 24/7 daar.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 30/03/2019 - 08:40

Shame, arme oom Lock, maar hy is eintlik bevoorreg, hy kan niks hoor as die aunty so baie praat nie. Ons ander moet maar suffer. devil

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 31/03/2019 - 08:30

Hehe, ek het paar jaar gelede gelede iemand gehoor / gelees, wat sê hy koop wat hy nodig het, sal die punch vat as hy by die huis kom, maar dan is dit nie so erg nie, want hy het wat hy gesoek het😂

Dit was goeie advies👍

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus