More almal September maand jou lekke ding geniet julle dag vrede
Goeie more Mede Kampeerders
Uiteindelik is die Lente hier, so dankbaar,
Gras begin groen raak en die bloeisels aan die bome wat die volgende seisoen aankondig, kan regtig nie wag om te sien wat die somer vir ons in stoor het nie, is sommer skoon opgewonde.
GM !
'n Spesiale goeie môre aan ons nuutste pensionaris-forumlid, Wessel. Geluk, jy het pas gekwalifiseer vir 'n egte pensionaris deurdat jy op verlede maans se Augustus-Koffiegroet gegroet het. Het vroulief toe vanmôre vir jou ontbyt in die bed gebring ?
O ja, goeie môre aan die res van Kampforum se mense.
Oppas Len
Môre Len
Ag jy laat my so spesiaal voel, ek wip my sommer.
Niks van bederf nie, was al 07h30 by paneelkloppers. Ieman het ons Corolla gekreukel terwyl ons inkopies gedoen het. Gelukkig tel versekering die volle koste op, die skade is gering, en pensioenaris het nie 'n bybetaling.
Daarna die grondseil gewas, reg vir volgende op die grond gooi. Ek vind dit altyd amusant dat ons so getrou grondseile skoonmaak.
Goeie middag forum lede. Dit…
Goeie middag forum lede. Dit gaan nog baie goed met my. Ek is meestal roofkyk in die forum en ek voel skuldig daaroor om nie saam te gesels nie. Wessel, ek sien dit is jou eerste dag as pendioenaris en geniet dit volkome. Ek werk pressies n jaar minder as jy en ek is nog 8 jaar om te gaan om 65 te word. Ek glo jy sal n goeie helper wees vir jou vrou en huistakies verrig. Ek moedig jou aan meer handyman te wees en jy sal dit baie geniet. Dit sal jou baie koste bespaar en beter kwaliteit. Kuier gereeld by hardeware en bele krag gereedskap om jou te vergemakilk.
Aantal duime
Middag Noel
As jy sien hoeveel duime ek het, sal jy nie so vinnig my as 'n handyman wil orienteer nie.
Onthou, tyd gaan soos 'n oogwink verby, daai 8 jaar gaan vinnig om.
Wessel, baie geluk met die…
Wessel, baie geluk met die pensioen storie, dit is so lekker om te doen, wat jy wil, wanneer jy wil en as jy wil![]()
Snaaks, vir my het die tyd sedert ek op pensioen gegaan het, verskriklik vinnig begin verby gaan, en dit was my bekommernis, wat gaan ek 24/7 met myself doen.
Wessel ...
Welkom by die luigatte. 😉
Geniet net elke oomblik.👍🔥🥩🏕🥃
More forum en Noel
More forum lekke om te sien Noel was aanlyn geniet julle dag vrede
Luigatte?
Middag Willem en ander vriende
Die luigat het alreeds vanoggend 'n boom/struik afgemaak, en weggery. Daar is nog 'n paar om my besig te hou, maar dan gaan die ou erfie soos kaal soos die Namib woestyn lyk.
NS: Net weer besef hoe lekker dit is om 'n trokkie te besit, laai op ry weg en werf is skoon.
trokkie ...
Wessel, ja ek het die Ford 2.5 d/c gehad maar hou meer van die SUV, die Glider doen ook sy werk. 👍
Môre almal, nou ja, dis…
Môre almal, nou ja, dis Vrydag, wie haak en waar gaan julle?
Goeie môre, die naaste wat…
Goeie môre, die naaste wat ek aan haak gaan kom is om die emmers vol koekies nader te haak en in sakkies te pak. Dan ook die skottels vol koeksisters te verpak, sal seker so 80 tot 90 dosyn doen vandag.
Volgende week sal ek begin regmaak vir so vinnige 5 dae besoek aan die wildtuin, slaap oor by die Kruger Lodge.
👋 Môre sê Kampforum
Julle moet dié Vrydag geniet.
Ek het die op fb gekry en plaas die somer hier om die kampvuur, dit is so waar.
Ek is oppad uit die dorp, huis toe. Ingedagte… soos gewoonlik as die diesel mooi tik en die wiele die pad onder die Groenkar deurtrek.
Van voor kom ‘n lykswa, met die stoet, ligte aan, agterna. Sonder om te dink trek ek af en sit my hoed op die sitplek langs my neer. Met ‘n skok besef ek, ek is die enigste een, die verkeer vloei voort, die lewe gaan aan.
Twintig km huis toe is genoeg tyd om te besef hoe ons verarm het. Hoe klein tradisietjies verval het. Hoe ons nie meer opstaan as ‘n vrou by die geselsskap aansluit nie, hoe bont die kerkgangers deesdae by die kerk se deure uitkom. Dat ‘n boer nie meer kan terugkyk en sien hoe reguit hy ploeg nie. Dat koffie nie meer ‘n gegewe is as jy êrens by iemand stilhou nie.
Eenmaal tussen Upington en Aroab het ek en ‘n vriend ‘n afspraak met ‘n boer gehad, toe ons 11 uur daar aankom was die tafel vir middagete reeds gedek. Ons is nie genooi of gevra nie, dit is net so aangeneem. Jy ry mos nie honger die 250 km terug huis toe nie, al word daar ‘n skaapboud en genoeg biltong vir ‘n maand ingelaai as jy ry.
Tegnologie maak alles makliker en vinniger, tog het ons tyd minder geword.
Bankrekeninge het groter geword, en ons……. baie armer.
Skrywer onbekend

GM !
Goeie môre al my pêlle !
Dis winderig en koud (15º) hier by ons met 'n voorspelling van 5mm reën vir vandag, maar die son skyn op die oomblik !
Die storie wat Willem hierbo aanhaal van die lykswa wat verby kom, roep baie herinneringe op waarvan ek lankal vergeet het. Vyftig jaar gelede het ek in die bank op die platteland gewerk en komende as 'n gebore stadsjapie van Pretoria, was dit vir my 'n besondere ervaring om hierdie gebruik van respek-betoning waar te neem. Wanneer daardie lykswa en stoet verbykom kom voertuie en fietse tot stilstand, kry voorkeur by verkeersligte (as daar is), stappers staan stil, hoede word afgehaal en die lewe hervat weer as die stoet verby is.
Dit sê baie van die verlede....................................
Len ons het so grootgeword…
Len ons het so grootgeword en dit ook altyd gedoen om stil te staan as 'n stoet verbykom.
Tot vandag toe nog staan ek ook op as ek op 'n stoel sit en 'n dame kom by die deur in. Praat nou nie van huisgenoote nie maar besoekers.
Sien dit nie meer vandag nie.
Sommer so iets tussen-in......
Ek het al gegroet, maar hier is sommer so 'n tussen-in 'n opmerking :-
Ek merk op verskeie sosiale platforms wanneer daar gepraat word oor sekere bates, byvoorbeeld huise, karre of karavane/boswaens, dat die skrywer in die verbygaan aan sy lesers vermeld dat sy betrokke bate reeds betaal is - selfs al is die finansiering daarvan nie die fokuspunt van die onderwerp nie.
Ek wonder hoekom - laat dit 'n ou goed voel of is daar 'n stekie in vir daardie ouens wie se bates nog in 'n proses van afbetaling is ? Onthou, ek kom vanuit 'n bank-agtergrond en was/is dankbaar vir daardie ouens wat wel finansiering opgeneem het en dit getrou terugbetaal (het) - dit was onder andere deel van my brood en botter in my loopbaan.





👋 Môre sê Kampforum
Bly om te sien Warren kan darm groet 👍
Julle moet dié lente dag geniet voor die koue ons weer om hels.