Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
122283 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Verouderde steak Wors Chris Boucher -5 minutes ago
Seker omdat dit so “ryp” is Wors Wildehont -14 minutes ago
Vroeg ingaan Januarie 2025 Wildehont -22 minutes ago
Wessel ... Januarie 2025 Chris Boucher -58 minutes ago
Chris B Januarie 2025 Wessel Strydom -1 hour ago
Laaste skof Dakar 2025 Rona du Plessis -8 hours ago

Die Noorde wink alweer

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on Fri, 18/01/2019 - 09:53
Forums

Die Noorde

Hoekom is ek (as 64-jarige) dan altyd so opgewonde soos 'n kind as die langpad aangevat word? Ek is al sedert gister aan die inpak vir my reis wat môre begin.

Een van die voordele van aftrede en deeltydse werk is dat jy werk en plesier soveel makliker kan kombineer. Ek moet kliënte in Orkney, Rosslyn en Bethlehem gaan sien, asook 'n verskaffer in Brits. Nou neem ek sommer vir Ralie saam en ons gaan lekker kuier-kuier ry tot uiteindelik in Shingwedzi.

Ons reis begin môre tot Drie Susters waar ons by Travalia oornag - een van ons gunsteling oorslaapplekke wanneer ons nie sleep nie. Vandaar Sondag met die N12 tot Warrenton waar ons op die oewer van die Vaalrivier by Fish Eagle's Call oorbly.

Ek sal 'n bietjie terugvoer gee oor die volgende 3 weke.

More Chris

Ek sien my dorpie skitter ook op jou lys. 

Weet jy wanneer jy in my geweste gaan wees, en moet jy daar rond moontlik oorslaap. Sleep jy woonwa, of ry jy bloots.

Indien nodig kan ek oorslaapplek in Brits aanbeveel, en afhangende van jou program, dalk ontmoet vir koffie of iets.

My nommer is 083 308 0397.

Groete

Wessel

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 18/01/2019 - 11:05

.. ek bly vanaf eerskomende Maandag- tot Donderdagaand oor by ATKV Buffelspoort. En nee, ek sleep nie.

Ek is Dinsdag in Brits by Syngenta se saadlaboratorium (klaarblyklik regoor die 'mall' soos wat jy Brits inkom). Woensdag sien ek die mieliesaad-maatskappye (Pioneer & Pannar) se mense by hul mieliesaad-verwerkingsaanleg in Rosslyn. Ralie moet haarself maar by Buffelspoort 'vermaak' tydens hierdie besoeke. Donderdag het ons darem die dag vir onsself by Buffelspoort.

Ek laai jou selfoonnommer op my foon. Dalk is daar 'n kansie dat ons, soos jy voorstel, oor 'n koppie koffie kan ontmoet. Altyd lekker om die mede-forumiete te ontmoet. Ons het juis die afgelope Dinsdag lekker saam met Koos Mol (en Irene) gekuier toe hulle by ons kom hallo sê het. Ek en Koos het mekaar enkele jare gelede in die wildtuin raakgekamp. So ook vir Len Loader in Hartenbos en die wildtuin raakgekamp. 

Middag Chris

Saak is reg, julle sal Buffelspoort geniet. Die hoofpad vanaf Buffelspoort na Pretoria en Brits is gewoonlik 'n riller, ry maar uiters versigtig.

Ek is werksaam by PELINDABA, so 40km uit Brits, in die rigting van Johannesburg , amper waar Lanseria pad begin. Gewoonlik eers in dorp vanaf 17h30.

Veilig reis

Wessel

   

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 18/01/2019 - 12:37

...............ek is opgewonde vir jou onthalwe, nie vir die werk-gedeelte nie, maar vir die res met spesiale vermelding van Shingwedzi.  Ek sien baie uit na jou gebruiklike deeglike verslag en moet asseblief nou nie wag tot julle eers terug is nie.

Jammer vir die gemisde kuier Dinsdag saam met Koos Mol  -  dalk werk 'n volgende keer beter uit.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 18/01/2019 - 18:55

As ek so klaar gepak het, voel dit of ek 'n vakansie nodig het. Maar 'n Skotse drankie op ys gee weer nuwe krag.

Ek sal poog om so gereeld moontlik verslag te doen oor die toertjie - hopelik met 'n paar foto's. Len, ek sal vir jou 'n foto plaas van Shingwedzi se kampeerterrein (alhoewel ons nie gaan kamp nie), net om jou intussen 'n bietjie op te wen vir eerskomende Mei.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 18/01/2019 - 20:08

..................weet jy of Travalia ook 'n paar kampeerplekke het ?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 18/01/2019 - 20:17

Chris, kan ek nog 'n guns vra asseblief ?  As julle dalk by Tsendze verby ry, sal jy asb vir my gaan kyk na staanplekke nr 32 en 33.  Dis al wat beskikbaar was vir ons en ons kampmaats in Mei toe ek bespreek het.  Op die kaart lyk dit nie vir my of daar 'n voetpaadjie na die ablusie is nie.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 18/01/2019 - 20:23

Ek weet dat Travalia in die verlede 1 of 2 kampeerplekke gehad het. Ek weet nie wat die huidige toedrag van sake is nie, maar ek sal môre navraag doen.

Ek sal beslis vir jou gaan loer in Tsendze. Sommer kyk na no. 28 wat Koos Mol ook gekry het tydens sy Aug/Sep besoek.

Nelspruit

Koos Mol

Fri, 18/01/2019 - 22:10

Julle moet 'n fantastiese tydjie geniet. Dit klink na 'n lekker kuier kuier ry. Julle moet veilig ry en dankie solank vir jou inloer by Tsendze. 

Mooi loop.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 19/01/2019 - 16:01

Ons het 15:00 hier by Travalia aangekom. Dit bly maar vir my 'n lekker plek om te oornag in die Karoo. Gepraat van die Karoo. Ek is al 43 jaar met my mooie Karooblom getroud - en nog langer ken ons mekaar. Haar pa was 'n skaapboer in die Prins Albertweg-omgewing. Maar nog nooit het ek die Karoo so droog gesien soos vandag nie. Vanaf Laingsburg tot Drie Susters is dit krities droog. Travalia moet seker 'n goeie waterbron hê, want die tuine lyk eksie-perfeksie.

Travalua

Travalia

Terloops Len - ek het gou navraag gedoen t.o.v. kampeerplek. Hulle adverteer dit nie, maar het plek vir maksimum 2 karavane. Dit hang af van die aantal mense in 'n groep, maar soms laat hulle net een karavaan toe, want die ablusie bestaan uit 1 stort, 1 toilet en 1 wasbak. Ek sal nou-nou gaan loer waar die staanplek is.

Na 'n Wimpy brekfis by De Doorns (sekerlik geleë in een van die mooiste valleie in ons land - Hexvallei) en op-'stock' met heerlike tafeldruiwe, het ons na 'n vinnige stop in Laingsburg, by Rietfontein padstal naby Leeu-Gamka gou olywe gekoop.

Rietfontein

Ek maak altyd vol met diesel in Beaufort-Wes by die Engen Truck Stop. Hulle Diesel 50 is R1.57/liter goedkoper as die goedkoopste vulstasie in die dorp. My brandstofgebruik tot Beaufort-Wes was 13.2 km/liter en die Hilux wys sedert die volmaak tot hier by Travalia is dit tans 15 km/ liter.

Môre is dit N12-langs tot Warrenton waar ons oornag by 'n Lekkeslaap-plek - Fish Eagle's Call op die oewer van die Vaalrivier.

Vaalpark

Johann L

Sat, 19/01/2019 - 16:49

Chris, bly julle het goed gery sover, dankie vir die fotos en storie tot hier, hou so aan asb👍

Jy laat die volgende so lekker klink, en ons Valies is "verveeld" met die Vaalrivier😂

Fish Eagle's Call op die oewer van die Vaalrivier.