Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59405 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Beslis... WilSur - Letaba 2019 Len Loader -1 hour ago
Groot voël Lag 'n slag Willem Brits -1 hour ago
Len ... WilSur - Letaba 2019 Willem Brits -2 hours ago
Wat is.... Ombou van jou bakkie van… Len Loader -3 hours ago
Willem...... WilSur - Letaba 2019 Len Loader -3 hours ago
Sal ek nou n testikel… Ombou van jou bakkie van… neef Herman -5 hours ago
Ek moet... WilSur se 2011 Exclusive Krag… Len Loader -6 hours ago

Noord- en Weskaap Toer .... Deel 3

Die wapad.
Submitted by Koos Mol on Mon, 28/01/2019 - 17:58
Forums
Noord en weskaap toer

 

 

Vir Nog kliek hier:     Vir Deel 1         Vir Deel 2       

Deel 3.

 

Die wapad.

Koos Mol

Mon, 28/01/2019 - 18:09

 Maandag oggend 19 November vertrek ons vanaf Montagu in die rigting van Touwsrivier en dan vanaf Matjies fontein noord na Sutherland. Die N1 roete en die pad vanaf Matjiesfontein na Sutherland is baie goed. Op die Burgerspas tussen Montagu en die N1 en die 13km lange Verlatenkloofpas voor Sutherland het die Ranger weer gewys wat in hom steek en dat hy al die perde het om my wa (BVM 2t) teen enige bult uit te sleep; die Verlatenkloofpas het sommige dele met ‘n helling so steil as 1:8, veral die laaste 3km van die pas is die helling baie steil. Beide passe het skerp draaie.

Kort na middag ete arriveer ons by Sterland op Sutherland

 

Ons staanplek

Sterland kampterrein is op ‘n kleinhoewe geleë, ongeveer 2 kilometer ten suide van Sutherland. Die eienaars, Jurg en Rita Wagener, woon op die eiendom. Jurg en Rita is hartlike warm mense en laat jou gou tuis voel. Die terrein is reg langs die teerpad maar weens die min verkeer skep dit nie ‘n geraas probleem nie, verkeer snags is minimaal. Die eiendom is omhein en toegang is deur ‘n skuifhek. Daar is sewe staanplekke met drie staanplekke in wording. Die staanplekke is gemerk, afgebaken met populierbome en met gruis bedek. Alhoewel die staanplekke van beperkte grootte is, pas ‘n groot karavaan en rally tent maklik in. Staanplekke 6 & 7 is heelwat groter as die ander. Die staanplekke kry bedags son en skaduwee in gelyke maat. Die staanplekke is gelyk en elke staanplek het ‘n kragprop en braaiplek. Daar is ‘n paar waterkrane binne redelike bereik van elke staanplek. Die terrein word goed onderhou. Die ablusie geriewe is eenvoudig maar netjies en skoon. Daar is geen probleme ondervind met warmwater nie. Die geriewe is voldoende vir die aantal staanplekke. Daar is ook skottelgoed opwasgeriewe maar geen wasgoed wasgeriewe nie. Daar is op een van die buur eiendomme ‘n dame wat dienste vir wasgoed verskaf.

Die terrein aan alle kante van die park is oop veld en die park skep ‘n plaas atmosfeer. Daar is ‘n paar honde wat op die terrein rondloop maar hulle het nie ‘n las by die kampplek veroorsaak nie. Jurg bied saans sterrekyk aan, (Sterland Stargazing) en sy muisbosskerms met teleskope is deel van die terrein. Die sterrekyk is ‘n moet as jy in die omgewing is. Jurg en Rita is besig om ‘n ou eende-dam in ‘n regte plaasswembad te omskep.

Die afstand Sutherland toe is net ver genoeg vir ‘n lekker ontspanne stappie, veral met sonsondergang as die lug sy reenboogkleure in die weste wys. Sutherland bied baie aan vir die nuuskierige rondloper; NG Kerk, Louw Museum, SALT, “Star Gazing” by Jurg, menige ou geboue, anglo boere oorlog begraafplaas ens. Hierdie webwerf gee baie inligting  http://www.discoversutherland.co.za. Daar is genoeg in Sutherland en omgewing te doene en siene wat ‘n paar dae se oorstaan regverdig. Die mense van Sutherland is vriendelik en ontvang besoekers met ‘n warm handdruk. Na net ‘n paar dae in die plek voel jy tuis en met vertrektyd besef jy, hier wil ek weer kom kuier. Die omgewing om Sutherland bied ook veel vir die man wat van die buitepaaie hou.

Vir die manne met die grondpadwaens is Sutherland ‘n deurry roete maar die ouens met die sagte teerpadwaens moet egter vanaf die N1 soontoe en terug ry, maar na my mening die moeite werd.

Om op te som:

  • As jy nog nie in Sutherland was nie – maak ‘n plan en kom daar uit.
  • Sterland kampterrein – ek kan ‘n lekker oorstaan daar met vrymoedigheid aanbeveel (onthou net jou warm jassie).
Sterland kampterrein
Jurg se teleskope. (Irene met haar warm jas en mus in die agtergrond)

Stargazing op sterland saam met Jurg is ‘n lekker ondervinding, Jurg is ‘n meester op sy gebied. Ons was ongelukkig met volmaan daar (swak beplanning), volgende keer sal ek sorg dat ons besoek saamval met donkermaan.

Met ‘n rustige laatmiddagstappie van die kamp na Sutherland het jy die teerpad vir jouself; so nou en dan kom ‘n voertuig verby. Soms moet ek maar uithak en dan doen ek ietsie snaaks, kan jy ook net doen as jy oud en bietjie kens is.

Bietjie van my kop af?   Hoekom nie?

‘n Besoek aan SALT so 16km oos van Sutherland is natuurlik deel van ‘n besoek aan Sutherland. SALT is opgerig in vennootskap met ander lande en daar is buiten SALT ook ander teleskope op die terrein wat deur ander lande bedryf word. Die werking van die teleskope word vanuit die spesifieke lande bedryf. Daar is ook ‘n teleskoop wat die son bestudeer en die word deur ‘n engelse universiteit bedryf.

Na ons besoek aan SALT verstaan ek nou so njartsie beter wat die teleskoop se funksie en werking is. Het maar altyd ‘n teleskoop as ‘n “kyk” ding benader, maar hierdie meneer doen die loerwerk self en al die lig word omskep in data en die slim rekenaars gee dan prentjies. (ek sal maar eendag saam met Anton moet gaan kamp dat hy vir my beter kan wysmaak oor die slimgoed).

Wat interessant is, is dat hulle die binne temperatuur eers gelyk aan die buite temperatuur moet kry voor hulle die deure na die hemel oopmaak. Daar is dus 'n groot lugversorgerstelsel om die plekkie eers lekker af te koel; en ek kan glo dat dit soms tot baie lae temperature moet wees.

Die struktuur self, dis nou die hele stellasie wat hierdie spieëls dra en die draaitafel waarop alles beweeg is ook baie indrukwekkend.

 

Die groot spieël, 11m in deursnee, bestaan uit 91 individuele spieëls.

 

Al die strukture binne die observatorium is indrukwekkend, die fotos doen nie reg aan die strukture nie. Mens moet dit sien om te waardeer.

Ons het ook die NG Kerk op Sutherland besoek. Die NG gemeente was die oorsprong van die dorp; die gemeente is gestig om die omgewing se mense te bedien en die dorp het toe ontstaan. Die houtwerk in die kerk is baie imposant, jy kan sien die vakmanne was goed bedrewe in hulle taak. Die kerk is tydens die oorlog gebruik as hoofkwartier van die Engelse.

Die tweebegraafplase op die dorp is ook interressant om te besoek.

Hierdie deur is bewaar met name uitgrafeer deur die engelse soldate.

 

Dis vakmanskap van hoë standaard

 

NG Kerk

 

Orrel

 

Een van Sutherland se historiese geboutjies

Woensdag het ons ‘n dagtrippie gedoen oor Oubergpas, deur Tankwa, oor Gannagapas en oor Middelpos terug na Sutherland. Behalwe vir die slegte pad was dit ‘n lekker rit op die buite paaie. Af met Oubergpas was vir my soms “scarry” want met die 4x2 moes ek op brieke die afdraende aanpak. Dis die pragtigste natuurtonele en uitsigte op die roete.

Oubergpas

 

Oubergpas

 

Interessante telefoonhokkie by ‘n plaashek, iewers by Bo-Wadrif.

 

Tankwa se paaie was maar rof en onbeskof.

 

By die park ontvangs het ons gestop vir tee breek en daar ry ek toe in die enigste erdvark gat in die omgewing; gelukkig geen skade behalwe my ego.

 

Gannagapas

 

Gannagapas

 

Bo-op die Gannagapas het ons by Gannaga Lodge gestop vir tee, heerlik rustig ver van alles af en die mense is gretig vir ‘n lekker geselsie.

 Ons is oor Middelpos terug na Sutherland. Middelpos is nou rerig tussen niks en nêrens, die  strate is tot teen die geboue, baie interressante plekkie.

Middelpos se breë strate
Middelpos

Met ons vertrek het ons maar al te goed besef dat daar nog te veel op Sutherland en die omgewing te siene is en nog te veel buitepaaie en passe om te ry en verken; daarom het ons Sutherland nie vaarwel toegeroep maar net tot wedersiens gesê....................... Hier sal ons weer kom uitspan.

Op Saterdag 24 November vat ons weer die pad suid met Vanzylsrus by Kuislrivier ons bestemming. Die roete deur die hexriviervallei is pragtig. Die druiwe-prieële vertoon soos groen tapyte al met die vallei af. Belewenis om te aanskou  ……..…te pragtig

Heksriviervallei

Ons klok laatmiddag op Vanzylsrus in om die volgende twee maande tot einde Januarie hier deur te bring.

So kom ons Noord- en Weskaap toer tot ‘n einde met dank aan ons Vader vir goeie gesondheid en vermoëns om dit alles te mag meemaak en vir veiligheid met ons reis.

Ek het hierdie toerroete weer op my doenlys aangeteken met die kantlyn opmerking; volgende keer moet ek tenminste dubbel die tyd indien nie langer aan so ‘n toer bestee.

Ons staanplek op Vanzylsrus

Met hierdie toer van ons deur 'n deel van die land wat ek en Irene nie geken het nie, het ons maar weer tot die besef gekom dat hierdie land van ons bestaan uit wêrelde van uiteenlopende aard; dor en droog tot nat en groen. Elke pad wat jy ry kom jy weer iets anders teë, om elke draai lê daar 'n ander natuurtoneel voor jou uitgestrek, of jy kyk af op verre vlaktes of op na masjestueuse berge en kranse. Die pragtigste  natuur wag om ontdek te word. Elke dorp of gehuggie se mense  is uniek en elkeen wat jy ontmoet het sy/haar storie, vriendelikheid en welwillendheid kom jy orals teë.

Ons is geseënd om ons aftrede so te mag verwyl.

Wonderlike wêreld daai en mooi vertel. Ons het hom destyds net andersom gery - van Middelpos via Gannaga, Tankwa en Ouberg na Sutherland.

Omdat ons so baie van die plek gehoor het, moes ons net eenvoudig een nag in die hotel op Middelpos oorslaap. Interessant is dat feitlik die hele dorp, insluitend hotel, winkel en poskantoor (wat toe ons daar was gebruik is om volstruis eiers in uit te broei) aan een persoon behoort. Hy is ook een van die voorste boerboel telers in die land. Die hondehokke is net so skuins agter die hotel.

Die Tankwa se skalie klip kan ongeskik raak met 'n band. Omdat die Sanparke voertuie heeldag op die paaie daar is en gereeld pap wiele kry, is die Sanpark werkswinkel heel goed ingerig om mens te help met basiese band herstel. Toe ons die dag inboek, toe is daar mense wat gelyktydig twee bande verloor het op hulle Merc. Hulle sit toe en wag vir 'n Sanparke voertuig wat vanaf Calvinia vir hulle twee nuwe bande sou saambring.

O ja - Jurg se sterrekyk is hoogs aan te beveel indien jy ooit op Sutherland kom.

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Wed, 30/01/2019 - 11:37

Dankie van my kant af ook Koos. Dankie ook vir die lekker geselsies by Vanzylsrus en die tyd wat jy afgestaan het om my te help met die foto's. Lekker sleep en kamp verder. Ek hou hierdie draad dop vir die volgende episode. Hoop ons kamp mekaar weer raak.

Middag kampeerders

Kannie help om die pyporrel raak te sien nie. Onsse mense het darem groot geld toentertyd op kerkorrels spandeer [reg of verkeerd].

wonder net---word dit vandag nog ordentlik bespeel, of word dit net gekielie. Dalk het duiwe al nes gemaak in die pype. Dit is 'n annerdag se verhaal. 

Groete

Wessel