Nou ja dit is die laaste maand se eerste dag.
Klaar koffie gehad 👍☕Vat die Ford vanoggend na Syd's Suspension toe.
Goeie môre almal. Nog net…
Goeie môre almal. Nog net vandag en môre, dan gaan ek ook bietjie geniet wat julle pensionare niks van het nie en ook nooit meer kry nie!
Moenie te bly raak nie, ek praat van verlof![]()
Goed om jou weer hier raak te lees oom Slot![]()
GM !
Goeie môre kamp-maters !
GG, vertel ons 'n bietjie meer van jou verlof - waarheen gaan julle en wanneer presies ?
Ns. Onthou julle ouer garde nog, voorheen het alle staatsmotors 'n nommerplaat gehad wat begin met GG (Government Garage) met nog 'n wit plaatjie aterop en in swart letters : "In Her Majesty's Service" ?
Oom Len, daar was nie eers…
Oom Len, daar was nie eers plek bespreek vir Des die jaar nie want daar was 'n ander projek wat aandag gevra het (lees kombuis vir mamma). Die verlof sal seker gebruik word om hier en daar aan die hie-wil-ek te werk. Nie te min, ek wil loer of ons 'n plek kan kry hier naby die huis om net paar dae gou te kamp vroeg in die nuwe jaar.
Onttrekkingsimptome
Môre vriende, en spesiaal oom Len
Staan ek mos op vanoggend met erge kampeer onttrekking simptome. Net daar besluit ek om my slegtigheid te los, en gaan was toe maar die grondseil. So dis nou mooi skoon vir my Maart-April sleep DA-land toe.
Goeie môre Kampforum, geniet…
Goeie môre Kampforum, geniet die dag, hier het ons darem 18mm reen gister gehad. Staan nou al 375mm vir die seisoen sover🙏
Goeie môre almal, wie op die…
Goeie môre almal, wie op die pad gaan vandag, wees veilig en geniet die tyd.
Lyk na 'n baie warm dag wat voorlê.
Wessel, as daar nou een ding…
Wessel, as daar nou een ding is wat my sal oortuig om eendag die kamp ding te los is dit die was van grondseile. Jy moet ernstig verveeld wees om dit te doen vir 'n kamp diep in volgende jaar....stel voor as jy weer daai gevoel kry jy 'n glasie van die Boland se beste of 'n yskoue Germaanse bruisdrankie skink....dit is wonderlike medisyne en laat die "grondseil was" gevoel blitsvinnig verdwyn ![]()
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Wessel,
was toe maar die grondseil
Ja die is ook nie vir my 'n lekker "job" nie
en eergister haal ek die "Wapp" uit om van die los matte in die braai area skoon te spuit a al die stof met die plaveisel toe spring die pyp los van waar hy aan die masjien vas skroef, lyk my die skroefdraad het op 'n stadium seer gekry. ![]()
Verder probeer ek orde om die huis te kry en klaar te kry met die pak van die 3B.
Geniet julle dag en die wat gaan kamp veilig ry.
Lekker gesels...
Ai, ons het darem nou lekker gesels die afgelope dag of twee. Ek hoop nie die naweek gaan veroorsaak dat 'n doodse stilte nou op die forum gaan neerdaal nie.
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Dit lyk of ons vandag se familie kuier gaan mis, Wijan is koorsig en voel naar. ☹ verder moet ons klaar pak vir Maandag se ry Phalaborwa toe.
Geniet jou Saterdag.
Môre almal, geniet die dag…
Môre almal, geniet die dag terdee.
Willem sterkte met Wijan ek hoop hy is beter teen die tyd wat julle ry🙏
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Nou ja, die alarm in die karavaan het so 05:15 afgegaan, het gaan kyk, als lyk inplek maar ek sien die gat plankie wat ek vir die lugversorger se uitlaat gemaak het lê verder binne en die ogie van die alarm lê onderstebo ? Weet nie of iemand sy hand daar ingedruk het nie maar daar is geen nat spore van enige aard nie (dit drup nog en als is nat) daar moes nat spore gewees het ? 🤷♂️
Moet klaar pak want Surette en Wijan was gister plat met koors en het nie lekker gevoel nie. Was ook nie by die familie kuier nie.
Moet ook die Ford pak, gelukkig is sy tenk gister vol gemaak vir die kamp vertrek.
Dan mag ek nie die laaste F1 wedren mis nie want dit gaan bepaal wie die 2021 kampejoen is. 🏎
Geniet jou Sondag voluit.
Geseënde Sondag almal. …
Geseënde Sondag almal.
Lekker pak Willem. Wens ek kon
Goeiemôre Stephan. Ek hoop…
Goeiemôre Stephan. Ek hoop dit gaan goed met julle. ![]()
Hello Anton. Gaan voor die…
Hello Anton. Gaan voor die wind dankie en hoop dieselfde aan julle kant.
My vrou sukkel nog na haar heup en knie operasies maar werksgewys kan ons nie kla nie.
Appelkooskonfyt-fabriek
Hi. Hier by ons ruik dit sedert eergister na 'n appelkoos-"jam" fabriek. My seun het ons verras met 'n groot karton appelkose wat hy vanaf Robertson gebring het. En 'n ryp appelkoos is nie juis 'n ding met 'n lang raklewe nie. Gevolglik moes die appelkose so gou moontlik verwerk word. Dus, sedert Vrydag is ek en Ralie bykans voltyds besig om appelkooskonfyt te maak.
Ek sny oop, ontpit en sny merkies uit. Die maalproses is ook myne. Die kookproses los ek vir die kenner, maar dan neem ek weer oor met die bottelering (twee elle of een?). Ons is tans besig met die laaste kooksel. Ek voel en ruik al soos 'n appelkoos. Môre lê die etiketering (twee "t's" of een) voor.
Binnekort (net na Nuwejaar) lê kerrie perske-atjar voor, sowel as piekeluie. En moenie van die vyekonfyt vergeet nie. My vrou is in haar element om allerhande goed in te maak. Teen ongeveer April is kwepers en makketaan (kom ons bly maar polities korrek) weer aan die beurt.
Julle is omtrent....
Middag Chris B
....besige mense. Jou vertelling vat my terug na my kinderdae. Ons het 'n appelkoosboom in die tuin gehad, en kon hy vrugte dra. Ma kon nie voorbly nie, dus het ons aan Koo "gelewer". Tot 18 kiste van 'n enkele boom. Die voordeel van Koo-lid was al die ander ingelegde blikkies wat mens op kwota kon bekom.
Wessel ..
... julle appelkoosboom laat my dink aan my Tzaneen-dae. Die buurt waar ek gewoon het was aangelê in 'n ou avo-boord. Dus het baie van die erwe oor een of twee avobome beskik. Myne het ongelukkig geen avo-boom opgehad nie. Maar 'n kollega van my, wat drie huise van my af gewoon het, het 'n reuse-groot avoboom op sy erf gehad.
Ek weet nie watter variëteit dit was nie, maar sy vrugte het sterk herinner aan 'n Fuerte. Nietemin, hy't jaar na jaar avo verpakkingskartonne by die koöp gaan koop, avo's gepluk en verpak. Hy't gewoonlik 'n groterige sleepwa gehuur, agter sy 3L Cortina bakkie gehaak en sy avo's Johannesburg-mark toe geneem. Hy't sodoende sy jaarlikse 3-weke vakansie in 'n woonstel in Margate kon betaal - uit 'n enkele avoboom.
Hierdie laat my dink aan wat…
Hierdie laat my dink aan wat ek vir ouma nou die dag vertel. Ons het so 20 hennetjies, en lewer elke week die ekstra eiertjies by n fancy restaurant af. Op die manier sorg die klompie vir hulle kos, en ons kry eiertjies verniet.
Nou groei hier kattekruie in my groentetuin so wild soos kakiebos en eintlik lastig. Maar ek weet dat die baie gewild is on in katte se speelgoed, in gedroogte form, te sit. En, die prys R1800/kg gedroog.Nou dink neef hy moet die tamaties uitpluk en kattekruie verbou en so 10kg elke maand versend.... Nuwe Ford bakkie, hier kom ek...Sal maar sien.





👋 Môre sê Kampforum lede ...
Nou ja, laat die dag begin, het nog baie om te doen.
Die swembad se plaveisel is gelukkig klaar, vandag word die braai area darm skoon gemaak na al daai stof.
Dan het ek nog 'n afspraak met die bek-mekaniek, probeer keer om nie 'n tand probleem met die kamp nie. ☹
Geniet jou dag verder.