6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -17 minutes ago
Wessel ons is amper daar.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -20 minutes ago
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -36 minutes ago
Goeiedag Lede.    EK het… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Twee Rivieren [TR] Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -9 hours ago

Desember 2021 - Koffie Kroeg

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Nou ja dit is die laaste maand se eerste dag.

Klaar koffie gehad 👍☕
Vat die Ford vanoggend na Syd's Suspension toe.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 12/12/2021 - 14:25

Surette doen verspreiding vir vrugte van daar wat op gebring word.  Het juis Vrydag sê sy so 60 ton appelkose deur gebring, by Toutrek Park alleen het hulle 600 bokse afgelaai.  Tyd is teen ons anders was dit seker my job om hulle te ontpit.

Neef, hoe lyk daai Kattekruie ?  Of mis ek weer iets ?

Sal graag môre oggend net gou die 3B wil afspoel wat die stene wat hulle om die afdak gelê het, het nogals baie spatsels teen daai wiel gelos.

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 12/12/2021 - 17:46

Willem, kattekruie , in die  Mint familie.( Peppermint etc) Katte is heeltemal mal oor die, en kou en rol daarin totdat hulle ogies verstar raak.  Kan jy n Bergie na n dik Zol pappegaaislaai se ogies voor jou sien, net hy daai.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 13/12/2021 - 09:09

Willem, hoe kry jy dit reg om op die 1ste dag van jou vakansie nog teen 6vm by die huis rond te hang ?  Jy moes mos al lankal in die pad geval het !  Ek sien iewers op FB die nuutste trick is om vakansiegangers (veral bejaardes) wat iewers langs die pad bene rek of ontbyt eet, se kar of karavaan se wielmoere los te draai.  As jy dan ry kry jy teenspoed en hulle beroof jou dan.  Wees maar versigtig, jou grys baard gaan jou weggee dat jy 'n pensioenaris is !

Ek is nuuskierig vir 'n langs-die-pad-foto van die Terry en die 3B  -  moenie vergeet nie.

Môre vriende

Ek bewonder altyd almal wat so houtgerus by 'n vulstasie daar vêr parkeer, en dan kalm in die eetplek gaan aansit vir ontbyt of wat ookal. 

Ek is net heeltemal te wantrouig om dit te doen. Ons maak beurte om die toilette te besoek, terwyl ek petrol ingooi. Dan gaan parkeer ons ook eenkant en eet en drink maar ons padkos.

Oppad tussen Upington en Twee Rivieren was dit so stil, met geen siel binne 500seemyl, dat ons langs die pad gestop en ge eet het. 

Al weer ek, sommer foto as bewys van langs die pad eet.

Daar is mos altyd 'n negatiewe stemmetjie, soos ----wat as battery net seg klik. Dan is dit wa se battery uithaal en bakkie toe dra vir 'n kabel aanskakel.

Môre vriende

Len: Hoe lyk dit vir my of jy bietjie laat slaap vanoggend. Of is jy besig om jou water tenke effe uit te tap.?

Anton: Kyk mooi na die foto, die plekke langs die NK se paaie is verstommend skoon. Ek was oor die algemeen verbaas daaroor, maar ook oor die algemene toestand van hulle paaie. Mens sien gereeld spanne aan die werk aan die paaie.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 14/12/2021 - 09:44

Goeie môre kamp-maters !

Wessel :  Ek staan maar op wanneer ek wakker word en dit kan wees enige tyd vanaf 04:30 (Die Burger word dan afgelewer) tot 09:30 want ek kan mos !  Die spesifieke opstaantyd word gereguleer deur my blaas soos wat dit 'n oumens betaam, onvoorspelbaar !

Watertenke : Daar is geen water om uit te tap nie Wessel, aldrie is dolleeg en ek wag maar vir 'n bietjie reën waarmee ons dalk verras kan word.

Heidelberg GP

StephanS

Tue, 14/12/2021 - 10:01

Môre mense. Sien Len se pos oor die dolleeg tenke. 

Het vanoggend weer 50mm uitgegooi van Sondagmiddag af. Staan nou so net oor 160mm vanaf 25 November se kant.

Geseënde dag almal

Worcester

Wildehont

Tue, 14/12/2021 - 10:08

aldrie is dolleeg en ek wag maar vir 'n bietjie reën waarmee ons dalk verras kan word.

Ek het lankal opgehou meet, want as die son nie die reënmeter flenters brand nie waai die wind dit weg. Maar ons het die afgelope vier weke elke werk reën gehad. Soveel so dat my grasperk mooier lyk as in die winter, al het ek dit vier weke laas natgemaak. Einde November het ons ook ‘n donderstorm gehad soos ek laas in die Transvaal gesien het toe ons nog daar gewoon het. Die reënskaduwee wat gewoonlik oor Worcester hang het lyk my Brackenfell toe geskuif.  

....en grassnyers sal nou maar met jaloerse begerige oë die forum dophou vir heerlike insette van julle bevoorregtes wat rondsleep.

Lyk my Chris S het gehoor van neef se "gratis" kattekruid, daarom wil hy daarlangs oppad Karoo-NP toedevil 

Heidelberg GP

StephanS

Thu, 16/12/2021 - 13:05

Middag mense.

Sterkte vir almal wat op die pad is. Die N3 hier by ons verby is al 'n miernes van 04h00 af. Hardloop nou op so 900 karre per uur.

Ek bly eerder 'n dag of 2 voor ek in die gekspul ry.

My arme swaer hulle sou vandag afry Natalia toe, toe vang die Covid hom en sy 1 seun. Hulle vakansie daarmee heel en isolasie tot die 25ste

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 19/12/2021 - 08:10

Hier uit 'n nat en luggies reënrige Tshipise, dis nogals effe koel vir dié area.  Kyk en is nie snaaks nie maar gee my eerder Eiland Spa.  Gister tot so 19:00 war dit (seker die oord) 'n gedoef en dromme vir die sprinkane, hoop die gaan Maandag beter.  Die huisies is glo vol maar die kamp is maar leeg, net No.6 & 7 ablusies is oop.

.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 19/12/2021 - 08:33

Ja, gee my ook eerder Eiland Spa. Ek was drie keer by Tshipise, maar (vir ander redes as dié wat jy hierbo noem) kon dié plek "dit nie vir my doen nie."

Nietemin, maak die beste daarvan en geniet!

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 19/12/2021 - 08:53

Ek het as kind voor skool vir my Pa gehelp groente verkoop tussen die kampers en kan glad nie onthou hoe die plek lyk nie maar wou graag weer kom kyk.  Die klomp se geraas pla nie baie nie, dis net die volume wat my ongemaklik laat voel.  Van hulle kamp en is heel rustig.

Middag Willem

Dit lyk of jy 'n lekker boom gekry het om onder te staan. As die son gaan skyn, gaan dit 'n groot voordeel wees.

Ek was ook baie lank gelede by Tshipise, in die Junie skoolvakansie. Dit was oorvol en ook lawaaierig. Dalk het ons net te naby die swembaddens gestaan. 

Ek sal eerder weer Swadini toe sleep, al is dit bo om van Gravellotte se kant af. Ek het die 2 aande gedurende Julie vanjaar, daar net weer geniet.  

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus