Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou.
Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.
Hulle moet roer met daai brug!!!!
Ek wil bitter graag van Letaba na Tsendze sleep, middel Mei. Die manne het dus 2 maande om klaar op te vul, en vas te stamp. Dit hoef nie geteer en gevee te wees nie.
Hulle kan sommer daai baie olifante inspan om die vastrap werk te doen.
Letaba brug
Dankie Geert, daai foto gee baie vertroue en hoop. My lus vir Kruger sleep omtrent op die grond.
Ek begin daaraan dink om my modus operandi te verander, en sommer paar keer per jaar te gaan, ipv. 1 lang besoek per jaar.
Ek gaan seker maar deur my nek betaal vir diesel Meimaand, maar hopenlik is die rede vir 'n goeie saak.
Duur diesel
Ek gaan seker maar deur my nek betaal vir diesel Meimaand
Dink net wat dit my gaan kos as ons wel gaan in Junie/Julie.
Willie Aucamp praat tans op RSG
Die minister sĂȘ die grootste deel van Letaba behoort teen einde Mei oopgestel te word, en die brug oor die Letabarivier binne die volgende twee weke.
Letaba brug
Sekerlik vir my die beste wildtuin nuus.
My vriend sleep komende Vrydag vir week na Maroela toe. Blykbaar reën dit in Timbavati se opvangarea en dit vloei steeds sterk by Maroela.
Hy gaan via Dullstroom, Lydenburg na Orpen hek sleep. ek sal laat weet wat sy padindrukke was.
Reen
Timbavati se opvangarea en dit vloei steeds sterk by Maroela.
Die laagwater brug buite Skukuza oppad Tshokwane toe het laasweek Dinsdag weer oorgeloop vir n rukkie. Afgelope Saterdag weer gard gereen by Skukuza en noord...blykbaar 70mm in n uur. Gelukkig darem net van kort diur, so nie skade nie
Tshokwane ....
....se fotos maak my sommer sterk honger. Dit lyk of dit redelik stil daar was.
Pragtige fotos, veral die ene van die luiperd!!!
Ag nee man, moes jy nou daai naby skoot van olifant hier plaas. Ek gaan net gou stort![]()
![]()
Goed om te sien
Ek is bly die groot water het nie die diere weggespoel nie. Die Suide is darem maar puik vir wild kyk (solank dit buite seisoen is).
Mooi foto's
Dankie Geert. Al is ons wegbreek nog in die verre verskiet en dink ek min daaraan, raak ek elke keer opgewonde wanneer ek jou foto's sien. MĂŽre oor vier weke klok ons ook by die wildtuin in. Gaan nie probeer om met jou foto's te kompeteer nie![]()
Vir Wessel: moenie nagmerries oor die olifant hĂȘ nie - hy lyk vir my b a i e oud en al oor sy kwaaigeit![]()
Wessel
Vanaf Sanparks se blad
Ref: 9/2/2 â 26 - KNP
Wednesday, 11 March 2026,
Bridge 1 of / 1,
MEDIA RELEASE
For immediate release
UPDATE ON THE RE-OPENING OF LETABA HIGH WATER BRIDGE
The re-opening of Letaba High-Level Bridge in the north of Kruger National Park (H1-6) tar road has been rescheduled to 18 March 2026, which is a few days later than the initially anticipated date of 13 March 2026. This change in dates has largely been necessitated by rainfall over the past week that resulted in the technical team losing approximately three days of production.
The bridge was extremely damaged during the devastating floods of January 2026, requiring extensive repairs.
Measures have been put in place to accelerate the remaining work required to re-open the bridge.
For previous media statements please go to www.sanparks.org
âŠâŠEnds
South African National Parks (SANParks).
JP Louw: SANParks Head of Communications and Spokesperson.
Media enquiries:
Reynold âReyâ Thakhuli: General Manager: Communications, Kruger National Park. Tel: 013 735 4363, Cell: 073 373 4999 or Email: rey.thakhuli@sanparks.org
Maroela kamp
My vriend is gister na Maroela kamp. Hy het oor Dullstroom, Lydenburg deur my tonnel gesleep.
Hy het lieflike staanplek reg voor teen die draad gekry. Die Timbavati vloei nog sterk.
Hy het baie swaar gesleep, volgens hom is die pad vanaf Dullstroom net uiters vrot. Vol slaggate, en nog boonop gereën ook.





Letaba hoogwater brug