Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
14 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 minutes ago
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -20 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -20 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago

PENTA YSKAS

Uitenhage
Submitted by neelsec on
Forums

Ek is besig om my yskas in Penta te vervang ,die lede wat reeds die pad geloop het ek soek die naam en model nr van yskas gepas om my te help met die soektog asb

                            EC Groete

 

Centurion

Voortrekker

Wed, 04/10/2017 - 11:44

Hi Neelsec.    Ongelukkig kan jy nie foto's groter as 2 megabyte op die forum laai nie.   Die beste grootte is eintlik so 200 - 400 kB.

 

Die maklikste manier om dit te doen as jy  op 'n PC werk is om Paint te gebruik.  Maak die foto oop met paint en selekteer dan die resize opsie.    Jy kan % of  pixel grootte kies.   Ek kies gewoonlik pixel grootte en maak dan die breedte 600 pixels (hoogte sal outomaties aanpas)  en kliek ok  en dan moet jy die foto save.   Nou belangrik!   Jy moet Save as en 'n nuwe file maak sodat jy nie die oorspronklike foto en sy grootte verloor nie.

 

PS.  met paint kan jy jou foto's so bietjie crop ook as jy wil.   Ek hoop bogenoemde help?

 

Maak asb jou foto's kleiner.

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 04/10/2017 - 12:46

Hoop jy kom reg n yskas is n moet as n ou staan en kamp sterkte

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 04/10/2017 - 19:30

Neels, jou nuwe yskas lyk netjies, mooi man !

Die twee waaiertjies :-

  • Jy het nou 'n elektriese kompressor yskas, waarvoor is die waaiertjies dan ?
  • Ek vermoed die waaiertjies was vir jou vorige absorpsie yskas  - is dit op die boonste of onderste luggat gemonteer ?
  • Blaas of suig die waaiertjies ?
0
Vaalpark

Johann L

Wed, 04/10/2017 - 20:49

Baie netjies Neels, nou kan jy lekker kamp. Ek hou van die veiligheids knippe wat jy op gesit het, myne sit net te diep en ek moes sulke lelike swart bande op sit. Dit werk met "press studs", ek wil dit nog verander.

Len, daai waaiertjies is "extractor fans", of so lyk dit vir my.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 04/10/2017 - 21:12

Johann, ek vermoed dit mag dalk "extractor fans" wees, maar waarom indien daar nie meer 'n absorpsie yskas in die Penta is nie ?  As dit wel 'n "exctractor fan" is, is ek nuuskierig om te weet of dit op die boonste of onderste luggat gemonteer is ?

Vandaar my vrae.

0

Die waaiertjies (exctractor fan) is die wat op rekenaar gebruik word gepas op boonste luggat om warm lug uit te suug ,ek het dit ook voorheen op my Fleetline gepas gehad ,die yskas wat met n motor werk gee meer hitte af agter en is maar net n veiligheid faktor vir warm dae

0
Uitenhage

neelsec

Wed, 04/10/2017 - 22:50

Die veiligheids knippe het ek by n baba winkel gekoop hulle het nogal heelwat verskillende soorte daar 

0
Uitenhage

neelsec

Wed, 04/10/2017 - 23:10

As jy binne die yskas kyk sal jy sien daar as op elke rak n keerstuk as jy ry en rak is leeg bly hy daar maar as hy gepak is dan lig ek dit om as jy stop en deur oopmaak val daar niks op vloer

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 05/10/2017 - 07:34

Neels, ek het ook van daai deurknippe by babawinkel gekry, maar my Hisense yskas kombinasie sit te diep in gebou, daar is nie plek om daai knippe aan te bring nie.

Joune lyk perfek, netjies en pas mooi.

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 05/10/2017 - 07:41

Len ek verstaan wat jy sê, ek het ook gedink dit sal op die boonste vents wees vir hitte uit suig uit die karavaan op warm dae.

Dit gee my nogal 'n idee, die (ou - tweedehandse)  suig waairtjies kry mens mos verniet by van die rekenaar winkels.

Ek wil nie lugreëling insit nie (my Penta se gwig is te naby die as se limiet).

Neels, weereens, dit lyk baie netjies.

0
Uitenhage

neelsec

Thu, 05/10/2017 - 08:35

Kyk by n plek wat boot onderdele  verkoop ek het dieselfde probleem op my fleetline gehad en daar n plastiese een gekry  wat jy eenkant teen yskas en anderkant teen hout kan vasmaak

kan net noem my waaiertjies is van die sterkste wat jy kan kry hulle suig baie goed en sterk ,kos onder R100 elk

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 05/10/2017 - 08:43

Dankie Neels.  

Ek het my waaiertjies jare gelede op die boonste "vent" van my Exclusive gemonteer om die warm lug wat deur die gasvlam of elektriese hitte element veroorsaak word bo uit te suig en varslug by die onderste "vent" in te suig.  Omdat ek verknog is aan my absorpsie yskas (en ook my afsonderlike absorpsie vrieskas) het behoorlike lugsirkulasie deur die waaiertjies wondere verrig in die werking van die toerusting. Ek het 'n skakelaar binne die karavaan en skakel net die waaiers aan as dit baie warm is.  Ek skakel dit ook gedurende die nag af sodat die sagte gesuis nie hoorbaar is as 'n mens slaap nie.

Ek was nie bewus daarvan dat kompressor yskaste hitte genereer wat nadelige werkverrigting veroorsaak nie.

So lyk my waaiertjies :-

.

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 05/10/2017 - 21:34

Neels, dankie vir die raad, ek sal by Sensation (bote) gaan kyk, hulle fabriek is hier naby my.?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus