Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Sterkte Verskoning Geert -3 hours ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -4 hours ago

Kgalagadi Oktober 2026

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

My beplande Oktober-kuier in Kgalagadi begin al meer in plek val. Met die uitsondering van een aand waarmee ek nog nie geholpe kon raak nie, begin die toerplan al hoe meer vorm aanneem.

Ons skop af met 2 aande in Twee Rivieren gevolg met 4 aande in Nossob. Beskikbaarheid van akkommodasie in Nossob, 'n dag later as die datum waarop besprekings geopen het, is net so goed soos om wors te soek in 'n hondehok. Maar geduld en gereelde loer op Sanparke se webblad, het vrugte afgewerp.

Intussen kon ek, na nog 'n aand in Twee Rivieren, ook 2 agtereenvolgende aande se akkommodasie in 'n rivierfront chalet in Mata Mata bekom en drie aande in Kalahari Tented Camp (KTC). Ek benodig nog 'n nag tussen Mata Mata en KTC maar ek is positief dat ek met die benodigde nag (15 Okt) in hetsy Mata Mata of KTC gaan regkom. Ek sal maar geduldig voortgaan met my soektog.

Ek sou wat wou gee om 'n nag of twee in hetsy Gharagab of Bitterpan te bekom. Ek het mos nou 'n 4x4.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 14/10/2026 - 18:59

Elke dag in die lewe is mos nie maanskyn en rose nie. En wat die roofdiere aanbetref was dit beslis nie vandag die geval nie. Ons oggend- en middag-wildsritte het nie veel opgelewer nie, maar dat die Mata Mata-omgewing oor 'n gesonde kameelperd-populasie beskik, is nie altemit nie. Ons het troppe van tot 17 getel.

Len het melding gemaak van sy broer-hulle se besoek waartydens hulle o.a. volstruise met kuikens gesien het. Wel - as al die volstruiskuikens wat ons al gesien het, sedert ons in die park gekom het, moet grootword, dan wag daar 'n volstruis-populasie uitbraak.

Die Auobpad is plek-plek baie nat met groot poele water. Maar die bietjie reën wat laasnag uitgesak het sal wondere vir die reeds groen Kalahari doen.

Na 'n 32° dag is dit nou heerlik buite. 'n Koue goue gaan nou goed af. Die blaf-geitjies is ernstig aan die maats roep en die Smokey Joe is aan die gang vir 'n paar lamstjops en Joey's boerewors wat op die spyskaart is vanaand.

1
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 14/10/2026 - 20:52

Lekker gelees aan jou skrywes met soveel detail. Laat my erg verlang na die Kalahari. Sien ook uit na foto's wanneer sein dit weer toelaat. Geniet die kuier verder.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/10/2026 - 09:49

Ek sien nou 'n berig dat Askham gister of eergister 110mm reën gekry het.

Lyk my die Kalahari is papnat!!!

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 15/10/2026 - 11:47

... waar't jy die berig gelees oor Askham se reënval. Ek kon nog niks opspoor oor sulke hoë reënval die afgelope week nie. Ek weet dat dele van die Kalahari het goeie reën 2 of 3 weke gelede gehad.

Maar die Kalahari is pragtig voorwaar. 'n Mens kan amper nie glo wat jou oë in die Mata Mata-omgewing sien nie. Nossob se kant toe is dit nie so mooi soos hier nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 15/10/2026 - 12:01

Ons het weer tot by die nuwe piekniekplek by 14de Boorgat gery - en weer baie kameelperde gesien, maar verder niks noemenswaardig nie. 

Die paaie in die park se toestand is van die beste wat ek nog ooit hier ervaar het. Dit word gereeld gesleep. Maar o wee! - die donners wat nie kan stadig ry nie skop sommer weer gou die pad vol sinkplaat. Die skuldiges is veral die kampeerders wat van kamp verwissel en so vroeg moontlik by hul nuwe bestemming wil aankom. Gelukkig is hier nog heelwat ander besoekers wat by die reëls hou.

Vandag word 'n gematigde 33° voorspel - so ietswat van 'n lafenis.

Vanaand eet die oumense Roemeens. Die nuwe rooi driepoot sal weer gebruik word vir Tocanița de Cartoffe - iets wat ons by ons kinders leer eet het en wat meer deur my en Ralie gemaak word as deur my Roemeense kinders.

Diced Bacon, uie, aartappels, tamatiepasta en geurmiddels wat ons gereeld van Roemenië af terugbring. Ek sal weer môre-aand braai, wanneer ons in Twee Rivieren is.

1
Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/10/2026 - 13:36

...het toe vasgehak oor Askham, vroegaand 13 Oktober.

Ek het die berig op Netwerk 24 gesien.

Daai vinnige donners is sekerlik die manne met 4x2 Hiluxe en Kavango's agterna. So bang vir vassit, verskoon hulle maar😁   

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 15/10/2026 - 21:06

... ek reken dat enigeen kan gereelde terugvoering - al beteken dit dat foto's nie dadelik geplaas kan word nie.

Doen net 'n bietjie moeite om 'n bietjie tyd af te staan vir terugvoering op die forum. Hoekom sal jy mense inlig oor jou beplande vakansie en dan jou bek hou oor wat jy ervaar.

Terloops - ons Roemeense gereg was heerlik. Ons pak intussen alle items in hulle plekke (die onderskeie houers wat almal gemerk is). Môre-oggend is ons rustig. Ons hoef eers 10:00 uit ons akkommosasie te wees en Twee Rivieren (waar ons eers 14:00 kan inboek) is net 120 km hiervandaan - met 3 stilhouplekke (piekniekplekke), te wete 14de Boorgat, Kamqua en Auchterlonie. 

Ek praat hopelik weer môre-aand.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 16/10/2026 - 06:52

Die plek is vir my vreeslik spesiaal. Ek sien in my geestesoog die mense van lank gelede daar met hul dagtake aangaan. Was seker n konstante oorlwingsstryd teen die natuur. Daar is kinders gebore wat in die stof gespeel het, oupas wat oud en gedaan gewerk is, die verte in staar het. Hoop vir n buitjie reen.

En daai put wat in die rots gekap is op soek na ń bietjie water. Het hulle ooit water gekry, dit was nog elke keer droog as ons daar aandoen.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 16/10/2026 - 18:17

Ons het vanoggend (op pad Twee Rivieren toe - waar ons nou is), slegs 600 meter van Mata Mata se hek af, een van die mees spesiale "sightings" van alle tye gehad. Na Dinsdagnag se reën het daar nog 'n groot poel water in die pad gelê. 25 kameelperde het in die Auob aangeloop gekom en reg voor ons uit die poel modderwater kom drink. Só 'n groot groep kameelperde wat gesamentlik drink - baie spesiaal!!

In Mei 2024, toe ons saam met ons Roemeense kinders deur Kgalagadi na Namibië gereis het, het 'n persoon by Kamqua piekniekplek vir ons vertel van 'n Kaapse kobra wat nader aan Mata Mata besig was om 'n versamelvoëlnes te beroof. Hy't die presiese ligging vir ons verduidelik - en wraggies, daar kry ons steeds die slang in die nes (net sy stert sien uithang).

Sedert Maandag het ons etlike kere verby dié nes gery en elke keer gekyk of ons nie iets soortgelyks sien nie. En vanoggend is ta toe waaragtig besig om amok in die nes te maak. "What a sighting!!" - weereens.

En by 13de Boorgat kry ons 2 pragtige leeu-mannetjies (foto's kan ongelukkig eers later volg). Naby Kamqua het ons 'n luiperdwyfie onder 'n boom gesien - baie ver. Maar mense wat vroeër daar was het haar met haar 2 welpies oor die pad sien loop. Ons kon nie die welpies sien nie. Dit was slegs my derde luiperd sedert 1986 in dié park. Nou hoop ons nog vir 'n cheetah wat ons steeds ontwyk.

Vandag was ons warmste dag tot dusver - 39°C

Vanaand is dit weer 'n Van Rensburgs (George) se Dry Aged Angus Rump saam met krummelpap en sheba.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 16/10/2026 - 19:16

...vir die fotos van al die genoemde spesiale besigtigings nie. Julle was wraggies baie gelukkig in die suide deel van die park.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus