Ons het die afgelope lang naweek so n lekker boskamp ingekry.
Dit is op n privaat plaas so +- 70km van Pretoria af. Geen manier wat mens n woonwa daar gaan kry nie.
Lekker rowwe grond pad met n paar plekke waar deur die water gery moet word.

Die swembad is van die beste wat ek in ’n lang tyd gesien het.
Diep kant met ingeboude duik plank

Vlak kant...

Daar is ook natuurlik die bure met die lekker kuierplek

Die uitsig is iets besonders en dan moet ons nie van die sonsondergang vergeet nie.


Dan natuurlik die verblyf is uit die boonste gestoeltes

Len Ja. Die leer dien as…
Len Ja. Die leer dien as stut vir die vloer ook. Ons was 4 ou skool vriende en ons gades. . Sal kyk wat se fotos ek nog kan opsit.
Ek hou van die foto waar die…
Ek hou van die foto waar die 4 parras in die water sit





Lekker! Baie dankie vir…
Lekker! Baie dankie vir die deel (-;