Wie gebruik nog die braaimat?
Ek was maar bra skepties toe ek die ding vir Vadersdag kry en toe maar besluit om hom te toets.
Ek het sedertdien nog nie weer sonder hom gebraai nie. Die mat gee vleis daai gebraaide tekstuur en jou sousies brand nie aan nie. Vir die eerste maal was hoender braai ook 'n sukses.
Ek het hom ook nou die naweek weer gebruik om braaibroodjies te maak en dit was A klas.
Volgende poging gaan roerbraai wees.
Braaimat
Dagse
Die braai mat het ook oor my pad gekom en ek was ook baie skepties maar was verbaas.
Ek het dit al heelwat op die kole gebruik bo en behalwe braai onder andere ook om tuisgemaakte hamburger patties, rooster koek, plaat koekies en ontbyt met eiers gaar gemaak en was verbaas.
Die lekker gedeelte is ook die skoonmaak daar is geen geskrop en geskuur nie. Jy was dit sommer saam met die skottelgoed.
Dankie Kamp is Koning …
Dankie Kamp is Koning ![]()
Julle het my oorreed, ek gaan ook een kry en experimenteer...
Braai mat
Ek het toe laas naweek steaks gebraai op die braai mat en was verbaas hoe maklik en skoon die hele proses was. Die steak was ook besonder lekker. Sal maar eksperimenteer met ander geregte ook. Ek sal maar steeds my tjops en wors op die oop kole braai net omdat ek voel dat dit die regte ding is om te doen.





Ek sal by Outdoor Warehouse…
Ek sal by Outdoor Warehouse gaan kyk, ek sien hulle sin is goedkoper en groter.