Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

41050 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ry ook maar altyd n 12V… Is jou spaar styf Harry Du Randt -53 minutes ago
Ons tel die 3 slapies saam… Amper tyd! Voortrekker -1 hour ago
Stephan, daai opgewondenheid… Amper tyd! Johann L -1 hour ago
Stephan julle moet dit… Amper tyd! Dusty -1 hour ago
Baie beter!!!

Net 'n meer…
Army Dae Arie -1 hour ago
More golden words Lag 'n slag Voortrekker -2 hours ago
Golden words. Lag 'n slag Johann L -2 hours ago

Doen jou huiswerk

Secunda
Submitted by Sleep nou on Fri, 01/12/2017 - 08:56

So terwyl ek en Berdien hier deur gestap het by ATKV Eiland se A blok kom ons af op n senior paartjie wat al vir amper 10 jaar basies permanent kamp gesels so met hulle en het ook goeie raad gekry wat ons laat dink het. Laat diens jou karavan en tent te minste eenkeer n jaar, moenie jou huis verkoop nie jy kan weer terug val na jou huis indien nodig, kry n exstra yskas vir daai lang staan , weet waar is jou naaste dokter , moenie te veel uiteet nie dit vreet jou inkomste soos nou weg. Respekteer ander kampers wees geduldig almal is nie permanent op verlof nie. Ja dit maak alles sin ek glo Arie en Freda hulle kan die sekondeer. My motto ook nou soos Johann altyd se Leef en laat leef. Kamp is koning

Port Elizabeth

Antie

Fri, 01/12/2017 - 09:56

Ja, Shaun, Arie en 'n paar ander sal natuurlik goeie raad hieroor kan gee.  Ons het toevallig hierdie jaar lank gekamp maar dit sal nie weer gebeur nie.  Dit was maar net omstandighede wat dit veroorsaak het.   Maar na ons 5 maande gekamp het, kon ons sien hoe dit jou tent affekteer en glo dat, as jy permanent kamp, dit wel 'n groot oorweging inhou.  Soos Arie ook nou bevestig het, want hy het 'n nuwe tent gekoop.

Ek het al voorheen genoem, as jy lank (permanent) kamp, het jy 'n totaal ander manier van kamp as mense wat net vir 'n paar dae, of week of twee, inkom.  Jy kan nie verwag hulle moet dieselfde as jy optree nie en jy moet begrip hê vir die feit dat hul dinge doen wat jy nou net af en toe doen.

Ja, uiteet en baie rondry, kan nogal jou fondse eet.   Dit het ons gou geleer en dit veroorsaak ook dat jy dan maar party dae jou besig hou by jou kampplek.   As jy natuurlik genoeg fondse het om dit te kan doen, is dit baie lekker.

Interesante opmerkings deur Freda en Sleep nou .Ek loer ook na groot ogge na permanent kamp Mamma tree volgende jaar Februarie af en dit is net ons 2 siele geen kinders of kraai nie so dit sal n maklike besluit wees .Ek is finansiel okay hoef nie huis te verkoop om die kamp storie the finansier nie maar het voorheen my ander huis uitverhuur ai mense die skade wat aan die perseel gedoen was en wat ek nie van die huurders kon verhaal nie .Hulle het soos n dief in die nag uitgetrek sonder om hulle huur te betaal .Nouja toe verkoop ek die ander huis .My ander probleem is Mamma is nie n gesoute kamper nie sy haat kamp nou wat nou gemaak ek wil ook nie gaan staan vir jare op 1 plek soos julle genoem het ons raak oud dit is gerieflik om naby Dischem en dokters te wees en nie alle kampe is naby mediese plekke nie .

Soos Freda genoem het om rond te ry en uit te eet is nie almal se maat nie hou jy jouself besig in n kamp waar jy staan vir maande .Maak tuin en swembad skoon laugh sny die gras ek is seker die oord bestuurder sal jou hoog aanslaan as hy n "sucker "kan kry om sy oord netjies te hou verniet .Arie kom in ek hoor jy "sweep the horizon with your eyes " lmao

 

Centurion

Dusty

Fri, 01/12/2017 - 12:16

Dassie, my vrou wou ook niks weet van kamp nie. In Centurion was daar eendag 'n karavaan uitstalling gewees in die omgewing van 1987. Met moeite het ek haar daar gekry en die verskillendes gewys. Toe sy eers in een rond gekyk het het sy gesê dat lyk nie te sleg nie. In 1988 koop ons toe ons eerste wa. 'n Sprite Major. Met ons eerste kamp het sy begin ontspan en dit geniet. Nou met die Romany kan sy nie wag vir die volgende kamp nie. wil net gereeld weet wanneer gaan ons kamp. Sy sien ook daarna uit om af te tree en langer te kamp

Dalk word jou vrou ook nog 'n gesoute kamper wanneer sy eers af getree en jule begin kamp. 

Dusty ja ek stem saam dit kan dalk beter gaan .Laat ek eers verduidelik toe ek vir die 1 ste keer gaan kamp het het ons net n Venter treiler en 1 van daai ou Army offisier tente gehad .Ons Kamp by Berg&Dal en dit is warm die middag steek daar so donderstorm op en minute later toe sous dit asof ek Noag is in my tent .Omdat dit ons 1ste kamp was lees n man mos nie die terrein en my tent was teen n skuinste opgeslaan ja ek weet ook maar lekker stupid as jy my vra en daar loop toe in rivier deur ons tent .Alles maar alles was nat die bed was n spons matras op die grond die float sommer na die deur se kant ai wat kan ek se Mamma in trane SY WIL NOU  huistoe gaan .

Ek belowe haar toe ons koop n karavaan en ek het toe n Gypsey Rapier gekry en van toe af gaan dit bietjie beter maar sy is nie mal oor kamp en baie keer ry ek alleen Kruger toe vir so 3 weke by myself waar ek myself vind laugh Is nogal lekker om se weg te breek en dit sit n mens se denke weer in perspektief oor waar jy jouself bevind in julle verhouding .Die natuur het maar net n manier om jou rustig te maak en ek hoop wanneer sy aftree ons tweetjies vir so 3 maande Kruger kamp kan meemaak .El wil onder in die Suide begin en daar bo in die Noorde uitgaan ."Watch this space " lol

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 01/12/2017 - 21:10

Permanent kamp.

Dit was lank op my agenda, maar, namate jy begin rond luister en rond kyk?, begin  sommige dinge jou denke jou beinvloed. 

Ek sal steeds wil bv. vir vier of vyf maande wil gaan kamp, meer toer, maar sal nooit my huis verkoop, of uit verhuur nie. Sou ons wel besluit om vir baie lank te toer, sal ek dat my kinders na ons huis omsien. Niks word weg gepak of gestoor nie, alles bly so dit is, asof ons net 'n kort tydtjie weg gaan.

Ek gun die gelukkige mense hul permanente kampe, dit bly by jy 'n droom, maar dan moet albei partye in stem, en die gesondheid moet ook reg wees.

Dankie vir die draad Shaun?

Secunda

Sleep nou

Tue, 05/12/2017 - 14:04

Dassie gee dit weer n probeer as n vrou lekke kamp kamp almal lekke soos Dusty se dalk word sy n kamper en jag jou aan en se kom laat ons haak en gaan kamp. Dis n leef wyse wat ek gaan probeer soveel oorde om van te kies

Die wapad.

Koos Mol

Fri, 08/12/2017 - 11:48


Dis nogal interressant hoeveel kampers skryf van 'n lus om voltyds te kamp........  voltyds kamp is sekerlik nie vir almal nie, slegs beskore vir die wat wil, 'n wilsbesluit is al wat nodig is, die res kom vanself. Dit was vir ons ook 'n groot besluit en daar was soms twyfel, maar na so 18 maande plus op die pad geniet ons dit nog steeds.
Ek kom uit 'n familie wat maar altyd gekamp het, ook na my eerste huwelik was tente en woonwaens ons vakansieverblyf. Irene weer het net eenmaal as klein dogtertjie in 'n woonwa gekamp, kamp was dus by haar onbekend. Ons paaie het in 2004 gekruis na die afsterwe van ons vorige huweliksmaats. Vanaf 2004 het ons 2 maal 'n woonwa gehuur en een maal in Mozambiek met tente gekamp.
By my was daar altyd die lus om na my aftrede die pad te vat. Sy het tog besluit om saam met my my droom te deel van langkamp en so het ons April 2016 weggetrek. Sy het gou na vele harde lesse aangepas en vandag is sy die dryfveer agter die kampery.
Met die besluit om voltyds te kamp kom 'n horde vrae na vore wat jou soms laat twyfel. Wat van jou huis, meubels, die kinders, erger nog die kleinkinders, jou ouer/s en so word die lys langer. Ons besluit was ons het die reg om nou aan onsself te dink en na 45 jaar in die tuig mag ons nou uitspan.
Ons het ons huis verhuur en die meubels gestoor; ons het besluit om twee jaar te stoor dan sal ons besluit om te verkoop of nie (die besluit lê nog voor). Ons sal sorg dat ons altyd nog 'n eiendom behou.
Soos reeds gesê, is voltyds kamp seker nie vir almal soos vakansie kamp ook nie vir almal is nie.  Of jy nou met vakansie kamp of voltyds kamp dink ek almal stem saam, beide die huweliksmaats moet wil kamp. Ons het twee belangrike vereistes vir voltyds kamp daargestel: 1) ons moet dit altwee graag wil doen en sal werk daaraan om dit genotvol te maak en 2) ons verkoop nie ons huidige eiendom nie (daar is pensioenarisse wat weens finansiele redes nie andersins kan nie). Ons stoor ons huisraad, sal miskien nog alles verkoop as die rondryery lank aanhou. Die ekstra huurgeld bou ons neseier op om later ander lekker goed te doen. Sorg dat jy goeie huuragent het en jy het net "polifilla" en verf nodig om jou huis weer na jou sin te kry. Jou huis bly in elk geval net bakstene en verf en die huur oorskrei die onderhouds uitgawes by verre.
Om voltyds in jou wa te bly is 'n aanpassing en jy moet 'n kopskuif maak. Jou wa is klein en beknop in verhouding met jou huis, maar dan is jou wa ook meer snoesig. Mens is verbasend goed aanpasbaar, jy kom vinnig met minder goed en spasie oor die weg. Dan kom jy agter hoe min jy nodig het. Ons het baie goed in die begin saamgery wat ons weer in ons stoorplek gaan bêre het.
Ja, daar is baie dinge waaraan jy moet dink as jou blyplek konstant verander en jy geen vaste blyplek het nie; banksake, fica, rekeninge, voertuig lisensies, verkryging van maandelikse medikasie ens. ens. Alles, ingesluit wat deur andere hierbo genoem is, is waar maar almal oorkombaar. Hospitale, dokters en ander nodige dienste is oral beskikbaar, soms bietjie verder as waar jy nou tuis is. Meeste goeie parke is in of naby groot stede. As jy met vakansie is en jy kry dringend mediese hulp nodig sit jy met dieselfde probleem. Ek het my huis by my en indien nodig sleep ek hom waar die dokter of nodige diens is. Met elektroniese kommunikasie is afstand ook nie meer 'n pobleem nie. As jy die terme "maar wat van......" of "wat as dit of dat gebeur....." gebruik sal daar altyds verskonings wees hoekom om nie die voltyds ding te doen nie.
Ek stem saam as jy 'n man is wat sy werkswinkel geniet of 'n vrou wat groot wil kook gaan jy kies om by jou huis te wees, dis elkeen se reg. Sommige soek die gerief van 'n huis, elkeen tot sy reg...... gerief is relatief, ons wa en tent is nou vir ons gerieflik en nou ons tuiste.
Elke langtermynkamper doen dinge op sy eie manier. Jy kry groot pakkasiekampers en dan die met net die nodige, party met net 'n ralley tent op ander het dubbeltente met gazebos en nog wat. Die belangrike vir my is jy maak soos dit jou pas en waarmee jy gerieflik is. Ons het die volgende as noodsaaklikhede bepaal.....   'n goeie bed, lugversorger, losstaande waaier in die tent, voldoende ys- en vrieskaskapasiteit, gemaklike kampstoele; dis eintlik maar die goed wat jou gerief bepaal. Tereg jou finansies is 'n bepalende faktor en bepaal ook hoe gereeld jy trek en jou rondry gewoonte by 'n oord.
Wat is lekker van voltyds kamp:
* Dis 'n rustige en redelik sorgelose lewensstyl.
* By meeste kampe is my tuin om in rond te stap, groter as 'n huis s'n.
* Ons het baie mense ontmoet en goeie vriende gemaak, daar is altyd geselskap naby.
* Jou omgewing verander gereeld soos jy trek.
Ons het heelwat ander "fulltimers" (kan nie nou aan 'n beter beskrywende woord in Afrikaans dink nie) ontmoet wat al tussen 1 & 12 jaar voltyds trek en almal in die ouderdomsgroep van 70 plus, sommiges 80 plus.
Wat is vir ons die grootste nie-lekker (ek wil dit nie 'n nadeel noem nie) ding van voltyds trek............... weg van die kinders en kleinkinders, dit kan soms in jou kop krap.
Om op te som kan ek net sê om dit te doen is net of jy wil of nie, as jy wil sal dit werk, dis 'n lekker lewensstyl.
NS. Elke keer is as ons oppak en vertrek na 'n volgende plek sê ek vir Irene "hier gaan ons alweer op vakansie terwyl ons met vakansie is".

Port Elizabeth

Antie

Fri, 08/12/2017 - 12:38

In 'n nut shell.   Koos beantwoord al die vrae wat 'n moontlike fulltimer kan hê.

As ek, net namens myself, kan byvoeg.   Ons het Koos en Irene ontmoet toe hul langs ons met hul Sensation gestaan het.   Ek glo dit is makliker om in daardie kaliber karavaan voltyds te kamp, as ons met ons Gypsey Raven.    Die geriewe is net baie, baie beter en dit moet voltydskamp makliker maak.   Soos Koos sê, hy kan selfs in 'n parkeerarea naby die hospitaal gaan staan, as dit moet.   

Ons het 5 maande aaneen gekamp met ons Raven.  Ek glo nie ek sal dit voltyds daarmee wil doen nie.   Soos genoem, ek praat net namens myself.   Ander mense voel dalk hul kan voltyds gaan kamp in 'n tent.

Lekker om van jou te hoor, Koos.   Waar is julle nou?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 08/12/2017 - 13:50

Dankie Koos vir die lekker vertelling van ouens wat fulltimers wil word.

Freda, Koos hulle kamp hier naby ons by Van Zylsrus, langs die Kuilsrivier Golfbaan.  Ons het gou verlede Saterdag gaan hallo-sê en hulle opset is kraak-netjies en sommer baie spoggerig !  As hulle so aanhou demonstreer word ek sommer ook 'n "fulltimer".

Secunda

Sleep nou

Fri, 08/12/2017 - 17:53

Na wat ek gehoor gelees en nou jou inset gelees het is ek nou meer as seker dat ek lank wil kamp en ja my huis wag as n ou n breek moet vat vir wat ook al

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 08/12/2017 - 20:01

Koos, baie dankie vir jou deuglike uiteen setting, dit word deur almal waardeer glo ek.

Ja, as ek my sin kry, ry ons more oggend, maar my vrou wil niks weet van voltyds kamp nie, en soos jy sê, albei moet dit wil doen.

Mens kan maklik jou meubels, se stoor geld, vir 'n fraktsie van jou huur inkomste en uitgawes verhaal en nog oor genoeg oorhou vir "rainy days". 

My vrou hou DV Desember 2018 op met werk, ek het haar darem al oortuig, dat ons kort daarna, vir so twee tot drie maande moet gaan toer, dan kan ons sien of dit vir ons gaan werk.

Moet  egter eerlik sê, as ek net aan kiein Adriaantjie dink, dan voel ek ook dat permanent gaan te lank raak. Ek en hy is soos velgro ?

Maar, so verskil ons almal, en dit is ook goed.

Secunda

Sleep nou

Thu, 28/12/2017 - 08:11

Ek en Berdien na lang gesels met mense wat lank kamp tot punt gekom omdat desember maar n duur maand is en kersfees en dit en dat sal ons kamp maar desember by huis wees saam kinders kleinkinders dan ook caravan en motor diens alles was vars stok kry en so is dit n wen wen vir ons almal

Die wapad.

Koos Mol

Thu, 28/12/2017 - 11:45

Julle moenie Desemberkamp afskryf nie. Daar is menige oorde wat goeie tariewe aanbied oor Desember, ons staan op Van Zylsrus in Kuilsrivier vir 'n 6 weke pakket van R6,000 (1 Des tot 15 Jan) en daarna tot einde Jan vir R100 per nag. Alhoewel duur is dit nog billik in vergelyking met die vakansietariewe oor Desember op ander oorde. Met die dat ons nie 'n huis het om heen te gaan oor die vakansie termyn moet ons maar ons huiswerk vooraf goed doen om plek vir die tydperk te kry. Dieselfde geld vir die paasnaweek.

Geniet julle voorbereiding vir langkamp dis 'n opwindende tydjie wat die kamp vooraf gaan.

Secunda

Sleep nou

Fri, 02/11/2018 - 10:52

Weer deur die draad gewerk en gister aand het Berdien gese ons moenie tyd om wens nie maar dit gaan lekke wees as ons beurt kom om lang pad of grond pad te vat en net te kamp Koos ek hoor jou oor desember maand en kamp dalk moet ek dit maar weer n kans gee sodra ons permanent kamp ja dis n kop skuif wat n ou maak hier is soveel te sien in ons mooi land

Middelburg

Noel

Fri, 02/11/2018 - 11:36

Shaun, dit is ook in ons bucketlys. Voor ons permanente kampding wil doen, sal ons eers soos Swaeltjies maak kamp vir eers 4 maande om te sien of ons dit kan aanpas om lank weg te bly van die huis af. Ons is nie baie sosioale mense nie en ons is baie lief om aktief te bly en met hande te werk. Ek wend poging aan om die land te verken en spaar geld vir beplande toer vakansie. 

Secunda

Sleep nou

Fri, 02/11/2018 - 11:40

Spaar genoeg Noel en doen daai beplande toer vakansie Noel julle reen gekry in Middelburg ?

Secunda

Sleep nou

Fri, 07/12/2018 - 09:10

My swaar hulle kamp so maand dan twee weke  by huis en nou besluit hulle die permanent kamp is nie vir hulle nie volgens my is dit n kop skuif en kamp moet in jou bloed wees so verskil ons maar jy moet jou huiswerk doen en seker maak voor jy die tipe besluite neem. My huis sal ek nie verkoop altyd iets om na terug te val maar soos my naam Shaun is gaan ek en Berdien kamp lank kamp dis my kop skuif

Jozie

It'l Dodat

Fri, 07/12/2018 - 12:18

What would I do? 24-7... Nothing to do.... for how long can one read / fish / go looking around?.....

My mind needs to be kept occupied.

I need tools, workbench, drills, saws, paint brushes, spades, sewing machines and lots of things that need to be fixed or re-abilitated.

Never mind if it's a rubbish-dump-find fishing station or a 2 man tent or an electrical extention....

Camping, for short stretches (up to 2 months) is awesome.... I rest, disconnect from humanity and re- connect with myself.

After that?..... No, If I had to camp perminently, come year end, my caravan will have 365 layers of paint on it!

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 07/12/2018 - 14:51

Warren, I agrre with you, but not the layers of paintwink

Nee, ek het ook lank en hard  gedink oor die permenente kamp ding, my vrou sal koekoes raak, en ek soek maar ook bietjie vastigheid nou en dan.

Ek dink dit is meer as net "kamp moet in jou bloed wees", te veel gesien hoe mense se gesondheid vir hulle ander besluite laat neem.

My "begeerte" is om SA kruis en dwars te toer, maar bv. Kersfees wil ek by my huis wees met my kinders en kleinkinders om my.

So verskil ons almal.