So terwyl ek en Berdien hier deur gestap het by ATKV Eiland se A blok kom ons af op n senior paartjie wat al vir amper 10 jaar basies permanent kamp gesels so met hulle en het ook goeie raad gekry wat ons laat dink het. Laat diens jou karavan en tent te minste eenkeer n jaar, moenie jou huis verkoop nie jy kan weer terug val na jou huis indien nodig, kry n exstra yskas vir daai lang staan , weet waar is jou naaste dokter , moenie te veel uiteet nie dit vreet jou inkomste soos nou weg. Respekteer ander kampers wees geduldig almal is nie permanent op verlof nie. Ja dit maak alles sin ek glo Arie en Freda hulle kan die sekondeer. My motto ook nou soos Johann altyd se Leef en laat leef. Kamp is koning
Sleepnou........... dis goed…
Sleepnou........... dis goed dat jy hierdie draad weer warm maak.
Laas in 2017 op die draad het ons hier in Kuilsrivier by Vanzylsrus gestaan en ons is nou weer hier. Ons is nog steeds permanent op die pad (met die Vader se genade) en goeie gesondheid. Ons het die jaar vanaf ons vorige besoek aan Vanzylsrus omtrent om Suid Afrika getrek om weer hier te vertoef hierdie twee maande. Ons was van hier na Montagu, Van Stadenriviermond, Yellow Sands, Richardsbaai, Oom Paul se plaas van noord na suid, Pretoria, Red Sands (Kuruman), Kgalagadi, Kammieskroon, Clanwilliam, Montagu, Sutherland en nou weer hier in die mooie Kaap.
Ons het ook ons deel van dokters gehad die jaar en daar was elke keer goeie mediese fasiliteite naby. Ons het ook, deur die toer van 33 maande nog geen probleme met ons maandelikse medikasie gehad nie, ons maak van Clicks se dienste gebruik.
Ek het ook my hande so bietjie besig gehou en 'n skoenelaai onder die bank in die wa ingebou, 'n dra rak vir 'n plastiese tafel in die Ranger se "canopy" gemaak en 'n laaikas agter in die Ranger gebou. Dit alles gedoen met bietjie handgereedskap op die Ranger se agterflap as my werksbank.
Hierdie jaar weer menige nuwe vriende gemaak en baie ou kampvriende weer raak gekamp. Ons het ook pragtige plekke in ons land besoek.
Met genade sal ons op die wapad bly, daar is nog te veel van ons wêreld wat ek wil ervaar.
Maak jou drome waar.... dis in jou hande.
Ek soek so buurman waar ek…
Ek soek so buurman waar ek volgende penne gaan "laat" in slaan.![]()
kom gerus oor en slaan ons kamp op terwyl ek jou so oor 'n koue vertel wat volgende te doen
Koos Mol Arie en ander
Kyk ek beny julle weg van die stad se gejaag die natuur skoon die slaap wanneer en hoe laat jy wil dis waar Koos maak jou drome waar dis in jou hande
Koos. julle is baie…
Koos. julle is baie bevoorreg om die land te deurkruis en te verken. Julle is een van die min fulltimers wat deur land toer. Dit is lekker om nuwe plekke te besoek en leer ken. Ek het geen behoefte om oorsee te besoek en daar is soveel baie plekke in ons land en buurlande te besoek. My raad aan julle is besoek die plekke terwyl julle nog sterk en gesond is en moenie wag vir jul oudag. Baie kan gebeur of verander soos die tyd aanstap !!
Die draad moet verban word,…
Die draad moet verban word, dit maak my te veel jaloers ☺
Vanoggend vir my gister Berdien
Berdien gister gehoor dat waar sy werk by n groot steenkool matskappy hulle in proses is met herstrukteur en mense kan pakkete kry of afbetaal word sy moet nou besluit wat sy gaan maak voor einde November 2020 en soos julle dalk weet dit gaan maar broekskeur hier by Sasol hulle ook nou besig om mense rond te skuif te streamline en ek word ook geraak sal eers einde April 2021 hoor of ek pakket gaan kry of aanhou werk of dalk nie pakket kry nie en na 31 jaar moet gly so ja die aftree ding raak nou nader vir ons as ek so deur die vergroot glas kyk
Dankie julle
Waardeur ja dis maar n onseker tyd moet vashou aan Vader
Dit is nie lekker om deur so…
Dit is nie lekker om deur so 'n proses te gaan nie maar as jy eers ander kant uit kom, is daar soveel moontlikhede waaraan mens nooit gedink het nie want jy was te veel gefokus op die hede. Sterkte vir julle twee maar moet nie te veel bekommer nie. Daar lê opwindende dinge vorentoe.
Servaas ek stem
Dis nie lekke nie maar baie is al daar deur en soos jy se Servaas die opwindende dinge / kamptoere le voor ons deur
Mynbestuur het toe sweep
Mynbestuurder gister myn vir half uur laat stop en inligting oor skuiwe binne innie groep / pakkete sy het toe vir haar bestuurder gese sy soek skeidingspakket hy het toe gese hy sal haar versoek motivate so lyk my my kyk deur vergroot glas toe akuuraat ja nou wag ek tot Maart 2021 om te hoor bly ek of gly ek by Sasol
Bietjie hier update
Anglo Coal het toe myn verkoop en Berdien werk vir selfde myn met net nuwe naam en eienaar Berdien nou werk tot 2024 dit lyk of ek tot 2023 werk het my pos moet nou n graad he en ek gese ek gaan nie nou university toe nie ons gaan huis hou en agter ons huis in ons twee slapkamer woonstel intrek en huis uitverhuur so as ons kamp en terug kom het ons nog n plek om te bly tot ons weer gly met volgende kamp / toer hoop by daai tyd is virus gemors nie meer so in ons face nie mooi loop





I used to plan perminent camping even in my dreams...
I planned and I planned I had the idea to have a smallish flat-bed ro-ro with a small car on the back, towing a van & a trailer converted into a small private bathroom behind the van, and connect the two with the tent.....
Then I went and had a look at a Winnibago motorhome, and I planned around that
Then I saw a picture of a converted double decker bus, <internet did notexist back then>, and when Iactually saw one for sale I thought that would be Ideal, Upstairs back half just a viewing deck, a bedroom and an en-suite toilet, and lounge kitchen & bathroom downstairs.....
So perminent camping has been a thing with me for jonks and jonks..........
But, with age comes wisdom, nowadays, yes when I'm no longer welcome in the working world, I'll hitch my silly little camper <which is light, manageable and does eveything I want it to do> and go wobbling around for a while, and when I get mentally bored, I'll go home, and do stuff.... ike fix braais and little tents
But even then, I don't see myself, perminently pitched at one place for months on end. What I now envision is picking a specific thing like the shipwreck route, the Anglo-boer war route, the treasure route, and take the time to really experiance each as a project.
Some of these "projects" I've already undertaken.... Such as some of the concentration camp Most of the Jock of the busveldt route and so on, and camp, for the most, part only as long as needed to visit all the places in the area I am based... Then be off, and on to the next stop along the way....
I would like to fish all the major dams as well... Just to put it on my bucket list....
So ja..... Perminent camping was a thing of my youthfull ignorance.......