Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -3 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -4 hours ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -8 hours ago

Lag 'n slag

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Laat ons bietjie lag oppie Maandag.

Smart car

 

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 04/09/2018 - 08:58

Ja, kinders kan jou nogal in die verleentheid bring met hul eerlikheid.  My seun staan 'n paar jaar gelede in 'n ry by Clicks se apteek, sy seuntjie (4) saam met hom.   Langs hulle is rakke met produkte daarop.  Skielik hou die kind 'n pakkie "tampons" in die lug en sê:  "Kyk Pappa, hier is die rolletjies wat Mamma gebruik."    Die mense rondom hom het tog te lekker gelag.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 06/09/2018 - 19:42

Die ou gaan gereeld jag en sy vrou moet altyd by die huis bly. Sy besluit toe om vir haar `n geweer te koop en saam te gaan jag.

Op die plaas aangekom sê hy vir liefie om links teen die rivier af te loop dan loop hy regs teen die rivier af. Hulle sal dan weer mekaar onder by die hoofhek ontmoet.

So gesê, so gedaan. Hy het skaars tussen die bosse ingeloop toe hy drie skote kort opmekaar hoor klap.Hy hardloop valval terug na waar die die stofwolk bo die doringbome hang. So deur die stof sien hy haar vaagweg en dit lyk op 'n afstand kompleet of sy haar eerste epileptiese aanval beleef.

Toe die stof effens gaan lê kry hy haar vir die eerste keer mooi gesien. Sy loop-val-storm in 'n klein sirkel soos 'n rot wat te min gif ingekry het en sy praat onophoudelik op een van daai bloedstollende toonhoogtes wat uit paniekbevange desperaatheid gebore is.

Tussen die gekraak van die takke deur kom hy agter sy is in 'n moerse argument met 'n ander man betrokke en die kragwoorde rol die een na die ander en sonder veel moeite tussen die twee lae stowwerige rooi lipstick deur.

"Meneer, dit is my Kudu die! Ek het hom eerste gesien. Jy kan die drie gate in sy kop meet. Dit was MY koeëls!" gil sy terwyl sy die 30-06 se loop roekeloos deur die tonnels in stomme dier se skedel druk om te demonstreer.

"Goed mevrou, bedaar net!" sê die man vir die swaar gewapende en totaal histeriese vrouejagter.

Ek gaan nie verder met jou stry nie, vat dan maar die KUDU vir jou. "Gee jy om, om jou geweer op safety te sit terwyl ek my saal en toom van jou kudu afhaal?!?!?!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus