Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -5 hours ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -5 hours ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -6 hours ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -6 hours ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -6 hours ago

Lag 'n slag

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Laat ons bietjie lag oppie Maandag.

Smart car

 

Centurion
Profile picture for user Lolla

Lolla

Sun, 19/08/2018 - 20:07

Dit het niks met Voorie te doen nie... Ekt net gedink dis snaaks. 

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sun, 19/08/2018 - 20:16

Dit is snaaks auntie Lolla, my ouers bly daar in Bloemfontein in Haldon weg in n afree oord. Jy moet sien hoe like die oumense al die bordjies.

My ma het n bordjie, soos daai voor in haar tuin, by die voordeur.

LOL, dit sê, iets soos:

Hier bly n sweet ou tannie en n bedonnerde ou man.

Dink dit is nie presiesse woorde nie, maar iets soos daai, my ma so bietjie (ok, eintlik baie) eksentriek, jy moet haar tuin sien om te weet waarvan ek praat. 😊

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Tue, 21/08/2018 - 08:44

Vlakvark kom by die 3 leeu welpies aan en sê vir hulle: “Vanaand Spyker ek julle ma!” Met die wat die 3 welpies in trane uitbars as gevolg van die opmerking van Vlakvark, vang sy oog mamma Leeu wat oor die verte aangestorm kom. Mamma Leeu kom by die welpies wat almal in trane is, vra :“Waaroor huil julle?” Welpies explain toe wat Vlakvark gesê het, en voor hulle kon klaar maak met die storie is mamma Leeu daar weg in een moerawiese stof wolk!!! Nou kyk Vlakvark lê daar naby sy gat en sien mamma Leeu wat aangestorm kom. . . . .
Maar vlakvark is eintlik ‘n slim bliksem, want kyk hy het ‘n main entrance en ‘n emergency exit by sy gat. Nou soos mamma Leeu aangestorm kom kry sy nie haar briek nie en d@nner kop eerste in die gat in!
Nou ou slim Vlakvark klim uit by sy emergency exit en stap om na mamma Leeu wat kop eerste in die gat vassit. Vlakvark klap haar so met sy linker poot op die gat en sê: “Mevrou ek’s miskien ‘n vark,maar ek lieg nie vir kinners nie.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 21/08/2018 - 09:53

A guy wants a divorce. He tells the judge,"I just can't take it anymore. Every night she's out until way after midnight, just going from bar to bar."

 

Judge asks, "What's she doing?"

 

The guy answers, "Looking for me."

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 21/08/2018 - 10:18

Op Flater se ark loop die ooievaar saam met Priscilla vark. Diè is in trane want almal misbruik haar naam naamlik vark. As iemand iets nie reg doen nie dan is hy 'n verk ens.

Klop die ooievaar haar op die rug:"Toemaar ons sal hulle kry die varke"

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 21/08/2018 - 12:40

Eintlik is hierdie nie eintlik 'n grap nie.

Ek het mos maar vreeslik arm grootgeword?

Saans as ons almal om die tafel innie eetkamer sit het my ma vir ons uit die "Kook en Geniet" voorgelees.

Vrydagaande het sy na die voorlees van die hoofgereg nog 'n pudding resep ook vir ons gelees, ai ons het altyd sooo uitgesien na Vrydag.

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Tue, 21/08/2018 - 12:52

Arie jy praat van arm wees .Ons was so arm ons het by die KFC winkel gestaan om ander ouens se vingers af te lek .My ma het ook altyd om ons monde met vaseline gesmeer sodat die bure gedink het ons eet KFC

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus