Forums

Ek het nou net met Bessie…
Ek het nou net met Bessie gesels en sy bevestig bogenoemde en ook dat die huidige bestuur afgedank is en die einaars nou die bestuurwerk gaan doen.
Die nuwe swembaddens is blykbaar amper klaar en dit behoort teen Desember reg te wees. Ons dink daaraan om dalk weer van kersfees tot nuwejaar daar te gaan kamp.
Nee ons glo vir kiewiet. Ek…
Nee ons glo vir kiewiet. Ek het vir Bessie oor iets anders gekontak en toe ek vra hoe gaan dit het sy my vertel wat die verwikkelinge daar is.





Vir my ook 'n groot jamerte…
Vir my ook 'n groot jamerte ons het altyd Desember daar gaan staan, lekker naby Petoors dorp en Krugerdsdorp, waar my kinders bly.
Ongelukig is dit vir my net te veel werk om my kamp net vir 'n maand op te sit, so ons het maar altyd Nov, Des en Januarie daar uitgespan.
dit is dan ook die groot rede hoekom ek hier by Shammah nog drie maande by geneem het, tot einde Jan, sal dan drie maande hier wees.
Het darem Saterdag plek gekry by die Olifant vir Feb, Maart en April volgende jaar, sommer ook dan so 100+ km nader aan Moreson waar ons die winter gaan oorstaan. Ook maar net weer dat ons vandaar so bietjie in Botswana en Zim gaan gaan kuier.