FOURWHEELER.com
International-'80 Scout II
AM General-H1 Alpha
Chevrolet/GMC-H3
Dodge-'04-And-Up Power Wagon
Ford-'03 FX4 Ranger
Isuzu-'98 Trooper
Jeep-'06 Wrangler Rubicon Unlimited
Land Rover-'97 Defender 90
Nissan-'05-And-Up Nismo Frontier
Toyota-'97 FJ80 Land Cruiser
Suzuki-'90-'95 Samurai
Nissan Safari
Die Nissan Safari 1980 -84 puik 4x4 asook Land Cruiser FJ45 baie intersante lys
Daar is seker nie meer…
Daar is seker nie meer regtig swak 4X4 voertuie nie, Die een is dalk beter as die ander op die een gebied en die ander weer beter op n ander. Maar hier is nog n baie belangrike ding... N SWAK AMBAGSMAN BLAMEER SY GEREEDSKAP
Maak nie saak hoe goed ’n voertuig is nie ’n swak bestuurder gaan die voertuig laat swak lyk.
More julle.... My humble opinion..
In my humblest of opinions, The Mercedies Gelande Wagen (GW) rates tops of the 4x4 list..
It is a true 4x4 as it has lockers both front & rear, therby transfering power to all 4 wheels.
wat is bekostigbaar.....
....vir die gemiddelde man, salaristrekker en pensienaris.
Hoewel die Geladenwagen, Unimog, Ineos Granadier en dan Land Cruiser sekerlik van die beste 4x4 voertuie is, is dit baie duur.
Ek sal moet gaan bedel om 'n gebruikte Land Cruiser te koop. Ongelukkig het dit blykbaar nie 'n gemaklike rit op die lyf, vie elke dag se pendel nie. Jy koop al die genoemde voertuie vir 'n uitsluitlike doel----veld toe.!!!
Minimum vereistes ???
Ek sit sommer en droom, en dan wonder ek.
Hoe besluit mens wat is die minimum wat mens benodig in 'n 4x4.? Besluit mens eers;
oor die aanwending,
waar jy wil gaan spore los
hoe jy dit wil doen, bedoelende iets sleep, of net met enkel voertuig.
Dalk is dit die verkeerde forum vir die gesels, tog vermoed ek dat onder die lede baie ervaring verskuil is. Dalk is die lede net nie meer so erg daarop ingestel nie.
Koop mens wat in jou sak pas, en dan kies jy roetes binne jou voertuig en toerusting se vermoë, of koop mens die beste en benut dit weinig. Koop mens 'n 4x4-voertuig, rus dit toe, en hou dit vir lank.
Baie persone verwissel gereeld elke 4 of 5 jaar hulle voertuie. Tog, as ek nou byvoorbeeld 'n nuwe 4x4 koop, en 'n ekstra R150 000 se toerusting aansit, dan moet ek dit vir lank hou en benut, want anders herwin ek mos nie daai inset koste nie, en die ekstras is soms nie oordraagbaar na die volgende voertuig nie.
Nou vir 'n praktiese vraag, kan die gemiddelde persoon wat net afgeleë plekke in Suid Afrika, Botswana, Namibië wil besoek, met 'n "sagte 4x4 regkom, of moet dit 'n "harde 4x4 met 3 ewenaarslotte wees. Nou sommer om julle warm onder die kraag te maak, my definisie van;
sagte 4x4 = Hiluxe, Rangers, Amaroks sonder lae strek
harde 4x4 = Land Cruiser bakkie, en ander fabrikate met 3 slotte wat ek nie ken nie.
Gesels saam, sleep my voor die internasionale hof, maar laat ons hoor.
Regstelling !!!!
Ek het gou gaan soek, hierdie inset van my hierbo, hoort beter onder die bestaande gesprek, getiteld "Keuse van Veldvoertuig"
Die week het sy tol ge-eis, ons het daar reeds oor baie van dieselfde drome/vrae gesels. Ek vra ekskuus
Indien julle wil kommentaar lewer, moet ons dit dalk voorsit onder hierdie bogenoemde gesprek.
Unimog of Suzuki ?
Weet nie waar die " Keuse van 4x4 viertuig" is nie Wessel. Laat ek my stukkie kwytraak. En die lang en kort gaan oor die doel van die voertuig. ń Nuwe generasie Range Rover, Discovery, Porche, Merc Ml sal meeste hardebaard 4x4 bakkies op hulle neuse laat kyk. En jy sal dit gerieflik en sonder n klomp levers heen en weer pluk doen.
Bly jy egter in donker Afrika, sal die genoemde voertuie na n kort rukkie dalk nie meer wil saamwerk nie. Dit is nie daarvoor ontwerp nie.
Dan kry jy n Nissan Patrol of Toyota 76 en die kan jy met basiese kennis en gereedskap aan die gang hou.
Het jy net so af en toe 4x4 nodig, en ry meer op naweke" trails", kinders skool toe etc dan is daar n magdom van baie fabrikate beskikbaar.
As jy die dag op ń Unimog besluit, val jy nie in een van die genoemde nie, 50 Browning op die dak, op pad vir gaan oorlog maak en deur diep riviere ry op gereelde basis.





Self 'n International Scout…
Self 'n International Scout gehad, daai ding is regtig tops!!
Die volgende twee op jou lys ken ek nie.
Ook 'n trooper besit, bietjie underpowered maar ek het 'n 3 lit ford essex enjin ingesit toe was sy tops, net een klagte voor suspensie kon beslis beter gewees het.
Jeep behoort nie op enige lys van 4x4 te wees nie!
Land Rover defenders en ook die series is natuurlik die heel top van 4x4's
Nissan, ken nie daai madele nie, maar het wel vir 'n tydlank die gebruik van 'n Safari gehad, in my opinie een van die heel beste 4x4's
Land Cruiser, ja ongetwyfeld tops
Daai zuki Samurai is ook onverbeterlik.
Dan natuurlik, en ek het met opset haar oorgeslaan Daai Fordjie, ag man as jy eers daai ding deur haar passies gesit het in die sand, modder, klippe of wat jy ook al vir haar wil gee, sal jy smoor verlief raak op haar.
Die Ford F250 was mos in die 70tigs, die voorkeur voertuig van alle boere daar in Suidwes, die enigste ding wat jy nie kon laat vasval op daai duine nie!