Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -9 minutes ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -7 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -8 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -8 hours ago

Super Rugby 2018

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on

Ek maak vir ons 'n draad oop vir hierdie jaar se Super 15.   Hoe lyk dit, wie gaan saampraat?laugh

Suid Afrika het net die 4 groot kanonne daar hierdie jaar:  Lions, Stormers, Sharks en Bulls.  En dan val die Jaguars ook in ons groep.

Gister se twee wedstryde was heel opwindend.   Die Stormers moes hard speel om die Jaguars te wen en so ook moes die Lions hul ding doen om die  Sharks te wen.   Vir die eerste wedstryde van die seisoen was dit lekker rugby om te kyk.   

Ek hoop ons vier spanne doen almal goed hierdie jaar.   Ek dink NZ se spanne gaan hierdie jaar met 'n groot aanslag kom.   Ons beter van die begin af ons ding ordentlik doen.

Meyerton

Segekok

Sun, 18/02/2018 - 11:48

Praat oor rugby die kan ek nie. Ek weet net dat die bal nie soos n bal lyk nie. Daar n klomp manne is wat oor die ding baklei en as hulle hom kry gooi hulle of skop hulle hom net weer weg. Maak geen sin nie.

Netbal..  Nou ja ek nog nooit gespeel nie maar kyk baie graag.

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 18/02/2018 - 11:56

Ek onthou die weggesleepte forum het vreeslik baie rugby drade en insette gehad.  Ek het dit op 'n stadium die rugby forum genoem.   

 

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 18/02/2018 - 16:13

Ek is n Stormers ondersteuner het rugby die naweek gemis maar verstaan stomers maar swak game gehad so ja Freda kom ons kyk wat gebeur 

0

Lions moes regtig uithaal om te wen. Dit was 'n baie taai wedstryd, en as dit 'n voorsmakie is, is ons in vir baie lekker rugby. Ons moet nog net sien hoe vaar die Bulle,  Ons bloubul Chris sal ons seker op hoogte van sake hou. Dit gaan 'n goeie jaar wees. Toetie en Zumpie is weg, hier wil ek nie vir Toetie inbring nie, hy is nog steeds 'n rugby man. Zumpie en sy mede gabbas, gaan nou SK---- Sê mos dit gaan 'n goeie jaar wees.

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 18/03/2018 - 08:31

My span die Stomers nou wel gewen saterdag maar ai dit gaan nie goed in ons Super rugby reeks die jaar nie wat dink julle is fout ?

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 18/03/2018 - 09:45

Ek stem saam, ons spanne sukkel maar.  Veral die Sharks lyk of hulle swaarkry.  Die Bulls speel beter rugby die jaar maar ek dink hul ondersteuners is nog nie juis opgewonde oor hulle nie.  Na 'n paar swakkerige wedstryde het die Stormers darem gister beter gelyk.   Die Lions het verlede week op die einde van die wedstryd verloor.   Dit wys net, teen NZ se spanne moet jy tot die laaste sekond voluit speel.  Gister teen die Japanese het hul regtig gesukkel en net-net gewen.   Die span is net nie dieselfde as Whiteley nie daar is nie.    

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 24/03/2018 - 07:22

Maar stil op die draad ja die Bulle en Sjarks sleg verloor gister wonder hoe Leeus en Stomers gaan vaar ek hoop maar net Rassie vat raak vir die springbok span

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 24/03/2018 - 09:45

Wat sal ek nou sê,  SA rugby is maar 'n treurmare in hierdie stadium ?

Ek glo ook nie die Stormers sal iets uitgerig kry teen die Reds vanmiddag hier op Nuweland nie  -  nogal net mooi die tyd wat daar 'n bietjie reën vir ons voorspel word.  Hoop ek is verkeerd  -  nie oor die reën nie, maar oor die Stormers !

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 24/03/2018 - 10:12

Ons moet maar moed hou dat dit sal verbeter.   Daar is nog baie wedstryde oor.   My span speel bietjie laat vanaand maar ek sal moet probeer wakker bly want skree moet ek skree vir die Lions.

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 20/04/2018 - 10:48

Dries se Rugby Forum is maar dooilik.  Lyk my niemand stel meer belang in ons rugbyspanne nie.  Nie dat daar regtig iets is om oor opgewonde te raak nie, maar nogtans.....

My span is in Australië vir 4 wedstryde, speel oor 'n uur die eerste een teen die Warathas.  Warren Whitely het alweer sy knie beseer en is nie daar nie.   As die Lions weer hoog wil eindig die jaar sal hulle ten minste 3 van die 4 moet wen.   Weet nie so mooi daarvan nie....

Die Bulls vat die Rebels op Loftus more en die Sharks die Stormers op Kings Park.

Nou het iemand darem weer iets gesê, na 'n maand.wink

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 20/04/2018 - 14:00

My span het tog gewehen!   Al het dit in die eerste helfte gelyk of hul 'n pakslae gaan kry.   Wat 'n sloppy wedstryd.  Sowat van aanslane en foute deur albei spanne.   Die bal was blykbaar seepglad agv dou.    Al het hul nie goed gespeel nie, het die Lions dit tog reggekry om die Warathas te ontwrig.   En onthou hul het eers Woensdag in Sydney geland, so was seker nog vlugvoos ook.  Ag, ons vat maar die wen, 5 punte in die sak!!

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 24/04/2018 - 20:54

Verskoon tog maar dat ek nie kan saampraat nie  -  is ongelukkig baie besig (met kampsake natuurlik).

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus