Naa ons noulang's gesprek oor 4x4's
Nou net dit gekry
Sal nogal fancy lyk op so n Santon Pavement....

Isuzu Suid-Afrika het onlangs aangekondig hy gaan later vanjaar 'n splinternuwe mededinger vir die gewilde Toyota Fortuner en Ford Everest in die mark stoot! Die sewesitplek-sportnutsvoertuig, bekend as die MU-X, is laasweek by Isuzu se aanleg in Struandale in Port Elizabeth bekendgestel.
Lees die e-pos aanlyn
Kan mos nooit die ding met …
Kan mos nooit die ding met 'n Fortuner vergelyk nie, Izusu sal mos 10 soorte dinges uit 'n toykie ry??????
Kyk mens kry voertuie en dan kry jy speelgoed, ongelukig val toyotta nie in een van die klasse nie, hy dwaal maar daar heel onder rond.
Mense wat nie van beter weet koop daai goeidjies, mens kan hulle glad nie met Ford, Zusies, Mitshibusi of enige ordentlik voertuig wat sy man kan staan vergelyk nie!
Voorie, die nuwe zusie lyk my meer in die klas van die Amerikaanse Izusu, die Trooper, Amerika het in die 80tigs die Trooper begin bou, vir 'n tydlank die goed ingevoer na SA. Baie lekker voertuig net bietjie underpowered, maar het goed geloop met die 3lit ford Esex motor in.
Ek is nie seker maar ek dink hulle bou nog steeds die Trooper in Amerika, ek weet hulle bou nog die Landcruiser Trooper daar.
Die Frontier was 'n heel ander voertuig, nie 'n groot sukses gewees nie en was redelik gou van die mark af gehaal, dit was 'n Japanese Izusu.
Oom arie jy moet stadig met…
Oom arie jy moet stadig met die rum en die aaptwak
Oom Arie wen die pap lepel toekenning virri dag met sy TOY

Definisie van Toy... Eerste drie letters van Toyota....
Bacon, moenie vir my se jy…
Bacon, moenie vir my se jy ry ook toy nie, ek het nog altyd as ek so in jou oge kyk gedink hier is nou 'n intelegente man - nou stel jy my so diep teleur, nee man!
Dit sal dit doen, nou hoe…
Dit sal dit doen, nou hoe kan jy nou se ek stir as ek net die waarheid praat.
Verstaan mooi, daar is drie groepe motoriste;
1] Dit is nou die kenners, hulle ken motors is goed ingelig en wys.
2] Entoesiaste dit is die mee lopers, my pa het nat gestem dus stem ek ook nat [al is dit droog] jy ken daai ouens, ook maar baie min meganiese kennis, dit is die ouens wat toykies koop, sy pa het een gery dus ry hy ook een. anders val hul vir die advertensies wat beweer dit is 'n goeie voertuig, hulle glo maar alles wat hul lees of op TV sien. Shame mens moet hul eintlik jammer kry.
3] Dit is die wannabe mechanic, nooit kans gekry om die ambag te doen nie, toe koop hulle maar 'n Landy, dan leer mens vinnig hoe om 'n enjin aan die gang te kry en aan die gang te probeer hou. dit is wetenskaplik bewys dat die beste back yard mechanics het almal Landys gery, daai ondervinding is van onskatbare waarde.
Die derde groep ken ek goed, my seun en skoon seun het jare verskilende Landy gery van die 2.25 lit tot V8, Disco's en my seun het ook die Range rover gehad. Vir jare het ek nooit hul gesigte gesien as ek by hulle kuier nie, moes maar altyd met hul voetsole praat, dit was al wat onder die Landy uitgesteek het.
My skoonseun ry nog steeds, nou 'n Disco, geen verbetering vrye tyd word onder die voertuig deurgebring.
My seun het late wys geword en ry nou sy derde Ford Ranger, sy enigste klagte is dat die dam goed nooit breek sodat hy sy kennis kan toets nie?
Arie, ek het 'n 3.2 Trooper…
Arie, ek het 'n 3.2 Trooper gehad, "under powered" is 'n "understatement".
Daai bus kon nie weg kom in die berge met 'n karavaan agter hom nie, maar 'n baie lekker voertuig andersins.
Ek is batuurlik 'n groot Isuzu fan, die bakkies is werk esels en super betroubaar. As ek die geld gehad het, het ek 'n ousuzu 3 L dubbel kajuit gehad.
Ek hou ook nogals van die…
Ek hou ook nogals van die zusi darem kom sy nogal naby aan die Ford, en gelukig ver bo 'n toykie.
Ek dink hierdie SUV gaan nogals 'n wenner wees.
Hoop dat hulle darem iets…
Hoop dat hulle darem iets aan hulle diesel enjins gedoen het. Die huidige een klink soos n ou diesel trekker. Verstaan dat die voertuig elke 10 000km gediens moet word.
Hoekom is dit so dat sodra n…
Hoekom is dit so dat sodra n mens amper n mylpaal bereik begin n mens se oe dwaal en dit bring net probleme, die groot juk wat gekrap moet word. Vat nou maar hkerdje draad wat nie help om slapende honde te laat slaap nie.
Met die Navara se afbetaal nou baie vinnig nader kom en die bakkie wat nie n dag se probleem het nie, laat die draad my wonder is dit nie dalk tyd om nplan te maak nie en so begin die jeuk !
Gesie, doen jou self n…
Gesie, doen jou self n moewiese guns en gaan koop n FORD, enige FORD jy sal nooit spyt wees nie behalwe om te wonder hoekom jy nie al jare terug jou verstand gebruik het FORD gekoop het nie!
Aai oom Arie is stout,…
Aai oom Arie is stout, moenie nog vet op die vuur gooi nie, aai tog.
Stout????nee glad nie ek glo…
Stout????nee glad nie ek glo net dit is my plig om jong mense op die regte pad te lei¡
Daar is soveel ou mense wat die pad heel beister geraak het en dan nou Pathfinders moet ry om die pad te proobeer vind.
As n ouer persoon hul jare terug reg gelei het, het hulle nou FORD gery en nie nodig gehad om die pad te probeer vind nie.
Dan is daar natuurlik ook die wat al heel verlore is met hul toykies, shame! Dit is vir my erg dat niemand hulle so bietjie leiding gegee het nie.
Ag ja, wat gaan van die wereld word met die moderne jeug, koop VW,toykies, nissan, gwm en al sulke goed, ek sien swarigheid vorentoe, om te dink daai mense is ons volgende leiers!
Whahahaha oom Arie, behalwe…
Whahahaha oom Arie, behalwe vir oom Len, soek oom Arie nou groot akkies, so by the way ek hoor die week het nog n Kuga vlam gevat!
koop n FORD, enige FORD jy…
koop n FORD, enige FORD jy sal nooit spyt wees
Wat Arie eintlik sê is " Moenie 'n FORD koop nie, enige FORD, jy sal spyt wees. Dit is hoekom hy 'n Pajero ry, en nie 'n FORD nie ![]()
PS. Arie ek het vir jou epos gestuur oor George se epos wat vashaak, soos 'n FORD
Ja oom Voorie, stem saam,…
Ja oom Voorie, stem saam, vir Oom Arie moet mens so tussen die hakies lees. ?
Voorie, jou ge-antwoord op…
Voorie, jou ge-antwoord op George se probleme.
Gesie, wys jou net FORD is wit warm, en as jy nie daai ding reg behandel vat dit vlam!!
Jou stelling dat ek akkies soek?????????????????????? Het jy nou al ooit gesien dat ek moeilikheid soek of maak, ek is heel te beskeie,skaam en stil om so iets te doen.
PS ek sal jou op 'n ander draad aan vat oor jou GM's wat niks doen nie, ek kom agter jy is 'n GROOT moeilikheid [of stirrer soos Warren sal se] maker?
Oh my word, oom Arie was n…
Oh my word, oom Arie was n GM dink ek wag in spanning op n moewiese interesante verduideling.





Dit moet mos 'n Frontier…
Dit moet mos 'n Frontier wees?