Algemene inligting
Resensies
Suid-Afrika se Nasionale…
Suid-Afrika se Nasionale Parke is van my gunsteling bestemmings - hetsy kampeer of ander tipe akkommodasie. En ek stem saam met Len se resensie dat Addo oor 'n lekker kampeerterrein beskik. Maar dië park kon maar net eenvoudig nie onder my vel inkruip nie.
Ek is.....
......is die laaste een wat vir Chris hoef te predik dat elke nasionale park het sy eie uniekheid en dit moet nie noodwendig met mekaar vergelyk word nie - ek weet Chris deel ook hierdie siening. Ek was self lanklaas by Addo en sal byvoorbeeld nooit my Kruger Wildtuin vakansie vir Addo verruil nie. Addo is 800km van ons af en KNP is 2000km en ten spyte daarvan, sal my eerste keuse altyd KNP wees. As ek in die omgewing van PE gewoon het, sou ek beslis baie gereeld daar aangedoen het. Ek sal ook nie sommer Addo besoek sonder om dit met 'n toer deur die Oos-Kaap te kombineer nie. Maar. as ek eers daar is, geniet ek die plek en veral die kampering.





Addo...............
Addo Olifant Nasionale Park is die 3de grootste nasionale park in Suid-Afrika en is 30 minute se ry vanaf Port Elizabeth geleë. Dit is destyds in 1931 geproklameer om die 11 oorblywende olifante te beskerm - en vandasg is daar meer as 600 olifante ! Daar is ook leeus, buffels, swartrenosters, luiperd en 'n verskeidenheid boksoorte.
Kampering vind plaas in netjiese bosstruik-afgebakende eenhede met lieflike, outydse versorgde ablusies. Die gebrek aan gras word vergoed met gruis-klippies wat 'n moddergemors voorkom as dit reën.
Addo is 'n heerlike ontspan-in-die natuur wegbreekplek.