Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -14 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -14 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -18 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -22 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -23 hours ago

Buite egtelike kinders en eerbaarlikheid

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Hier in die laat sestigs besluit ek en 'n vriend om 'n besigheid te begin, dinge het mooi lekker begin loop toe besluit ons om 'n ontvangs dametjie aan te stel.

Stel toe so pragtige pop van 'n dametjie aan, Ook nie lank nie toe begin sy my maar alerande sulke bed gunsies bewys, te lekker man!

Op 'n dag kom sy in my kantoor en vertel my sy is nou verwagtend, dit is mos die laaste ding wat 'n man van sy ontvangs dame wil hoor. Verder vind ek toe ook uit sy het dieselfde gunsies ook aan my venoot bewys??

Nou hoe nou, daai jare het ons nog nie geweet van D & A goete nie. So ek en Johann, my venoot, bespreek toe die saak en besluit ons sal maar die eerbaarlike ding doen edn al die mediese kostes 50 50 deel en so ook die onderhoud.

Na so maand  of twee liug Sannie ons in dat sy 'n tweeling verwag, nou toe is dit maklik ek en Johaan split nog steeds die koste, maar nou het ons elkeen 'n heel kind plaas van 'n halwe kind.

Nou ja soos die verloop van die lewe nou maar is kom die tyd toe dat ons daar by die moedersbond in die wagkamer sit en wag. Die hospitaal wou nie vir ons altwee toelaat in die kraamkamer nie en omdat ek die senior venoot was val die eer my toe om my hand pimpel en pers te laat knyp daar by die bevalling.

Ongelukig is daar toe komplikasies en die enetjie word dood gebore.

Ek stap toe maar uit na Johann en vertel hom met trane in my oge, die tragiese verhaal dat hy 'n gesonde seun het maar dat myne ongelukig dood gebore was

Waar my wa staan

Arie

Thu, 10/05/2018 - 13:15

laat my dink aan iets wat regtig met my gebeur het jare terug nog voor ek getroud was.

Daar erens in Pta so bietjie Suid van HF Verwoerd hospitaal was die verpleegster kollege, met 'n koshuis aan dit vas.

Tussen die twee was daar 'n lekker kuier plek waar hulle Vrydag aande "Sessions" gehou het, kan nou glad nie plek se naam onthou nie maar was so tussen 'n klomp populier bome. 

Daar ontmoet ek toe so jong verpleegster student, sy bly in die koshuis by die kollege en haar ouers boer naby Pietersburg.

Soos die natuur maar sy gang gaan sal die meisietjie sy was 18 vir my inlig sy is swanger, man daar skrik ek toe mos my mangels heel weg, gee so paar happe in die wind, bleek om die kiewe met sulke slap kniee. Kyk in daai jare was dit nie grappies om 'n meisie swanger te maak nie, jy is 'n uitgeworpene in die samelewing, kerk plaas jou summier onder sensuur, en die baas by die werk hou jou fyn dop, 'n man wat sulke goed doen kan steel ook, dit was die algemene opvatting.

Nou ja toe ek my asem terug kry, my swart stove piep broek kry om stil te staan bo my Chelsey boots, my Elvis kuif so terug gegooi oor my kop, reken ek mens toe hier ook maar die eerbaarlike ding en ek sal haar maar vat om haar pa te gaan vertel.

Saterdag oggend stop ek voor die "Koekblik" dit was maar die naam vir die kollege om haar op te laai. Ek het so lekker stywe stove pipe lang broek aan, een met zips onder by die pype sodat mens die ding oor jou voete kan kry. Lekker bree leerbeld, spierwit hemp, met my leerbaaidjie met 'n kopbeen agter op geverf, my 'patent leather" chelsey boots, ook met zips en so lekker groot blink buckle op. My hare is ge brilcream met so mooi puntjie agter gekam, so wilde Elvis kuif, met my aliminium kam in my belt gedruk. Dit was nou voor die hippie tyd, hierdie was nog "Ducktail" tyd

Ek het so bloed rooi BSA Tri Star gery daai jare, sy kom toe uit ook met stywe denims aan en 'n denim baaidjie, agter op die bike en daar vat ons pad.

Skuins na middag ete ariveer ons op die plaas. Sy stel my voor aan haar ma wat uitgekom het op die stoep, baie oulike tannie, stap in....... toe sien hier kom groot BOLLIE!! Blikslaer haar pa is so groot soos 'n reus, kort geknipte hare kort kakie broek met kakie hemp kouse tot onder die kniee met vellies aan Kyk daai man het spiere waar ek nie eers lyf het nie, hy vat my hand en druk die dat ek dadelik my onderbroek vuil maak. Gelukig pas my broek so styf hy kan nie bewe nie, maar ongelukig bewe my bene toe so dat my kuif sommer so op en af wip.

Wil die oom toe sommer weet waar kom ek daaraan om sy liefling kind op ''n motor bike te vervoer, vra ook sommer wat maak al die Castrol olie in my hare, en het ek nie geld om my hare behoorlik te laat sny nie. Ek sluk nog wind nog nie eers kans gekry om die eerste vraag te antwoord to is daar al klaar twee ander vrae.

Elk geval die dag het verby gegaan so ook die aand en met die gaan ons toe nou maar bed toe, my kamer is buite op die stoep met geen toegang tot die huis nie, kan sien die ou vat geen kanse met sy dogter nie. Ek het intussen gypo guts opgedoen van vrees, ek moet daai man vertel wat ek met sy liefling kind gedoen het!!

Sondag oggend het gekom en gegaan, en na ete gaan pa en ma so bietjie skuin le, ons sit buite onder so lekker kameeldoring boom op die bankie. Wil sy weet waneer gaan ek nou haar pa vertel, want ons sal moet begin dink aan terug ry?

Ek probeer nog heel tyd om my maag in bedwang te kry my bene stil te kry en so bietjie kleur in my wange kry. Elk geval sit ons so en gesels en beplan die toekoms, wat ek haar toe vra, hoever sy nou is, drie maande antwoord sy, tel ek so op my vingers en "Maar dan kan dit mos nie my kind wees nie?" Antwoord sy "Ek het nooit gese jy is die pa nie, net genoem ek is swanger!"

Net daar wat ek my "kitbag" met my tandeborsel en vuil onderbroek gryp, Kick start daai BSA sommer so in die opklim, daai tyd het bikes nog nie self starters gehad nie, ons het nog nie eers valhelms gedra nie!

Ek dink dit was die vinnigste wat ek nog ooit daai BSA laat hardloop het op 'n grond pad, ek dink toe haar pa wakker word trek ek al deur Naboomspruit!

Nooit weer van haar gehoor nie en my pragtige leerbaaidjie is nou nog daar by hulle!

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 10/05/2018 - 14:05

Hehe  Arie ek het darem nog nie sulke ondervindings gehad nie, maar as Lolla nou vir my moet sê sy is swanger dan klim ek op my mountainbike en ry die Berge in laugh

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 10/05/2018 - 15:45

Arie, stuur jou vriend Johann om daai leer baaitjie te loop soek, wie weet, dalk dra hy hom al jare, na die tweeling se storie.

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 10/05/2018 - 19:48

He-he, daai ou moet hom bietjie skaam, heel verlig dat sy enetjie toe nie die lig gesien het nie.crying

Jou tweede storie!   Jy praat mens se kop heel deurmekaar, Arie!   Jy is reg, 'n  devil pas baie goed by jou.laugh   Toe waagmoed uitgedeel was, het jy heel eerste in die ry gestaan.   

Ek weet regtig nie hoe Petra met jou huis hou nie. Jy is die beste!! 

0

Wat is die verskil tussen stress, gespanne en bevrees?

Stres - as jou vrou swanger is

Gespanne - as jou ontvangsdame swanger is

Bevrees - as jou huishulp swanger is

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 11/05/2018 - 12:44

oom Frik daai "Bevrees" is ek bevrees dat dit dalk selfmoord gedagtes by my opbring die oomblik as ek daaraan begin dink om dalk die daad te doen.

Maar aan die anderkant jare terug was die Kaaskop omie in die hof vir ontug. Vra die magistraat "Oom nou wat van die reuk?"

Antwoord die oom, "Edelagbare de genot gaat de reuk ver ten bove"

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 11/05/2018 - 13:59

Eish ek hardloop weg en bly weg as Berdien se hy jy hier kom n kleine een Arie nee wat gaan eis jou baatjie op hy sal seker nog pas of hoewink

0

laugh Dit was n baie oulike storie .My storie 

Ek het n verpleegstertjie ontmoet  wat in die hospitaal koshuis gewoon het .Nadat ons vir 3 maande uitgegaan het moet ek haar ouers ontmoet om nou permissie te vra om haar uit te neem .Sit die aand by die ouers se huis ,man is nogal senuweeagtig want haar Pa is n bedonnerde ou wat nie nonsense vat van kabouters .Sit so en en koffie drink en om die senuwees te kalmeer voordat ek die groot vraag vra .Daar is n klop aan die deur , daar staan die polisie hulle soek meneer so en so .Ja seg die ou dis ek wat daarvan .Meneer ons neem jou in hegtenis jy het versuim om jou rekening te betaal .Wat gebeur het die ou het vir sy skoonpa borgtog geteken en die skoonpa het nie betaal nie .Wel wat n gedoente die stomme meisie en haar Ma het rooi gesigte en Pa is met boeie daar uit in die vangwa .Moes hom later tandeborsel en handdoek vat ek kon hoor hoe vloek die ou daar agter in die selle . Al wat ek kan se ons het toe nie meer uitgegaan want wie soek nou n tronkvoel as n skoonpa .

0

Nou moet ek nog net meld dat ek sowaar daaraan dink om die Hilux in te ruil vir n Nissan NP200, met mags.

Dan loop soek ek my boetie in die mielielande, ek is hoeka nie ver van Delmas af nie!!

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 11/05/2018 - 15:41

Ai tog oom Frik, nou waar kom jy nou uit met al die volksvreemde idilogiee, ag nee man ek het jou leer ken as 'n eerbaarlike mens.

Nissan, nee wat maak liewer die bediende swanger?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus