6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Thumbs up Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -51 minutes ago
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel daar was 'n paar… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Hou net die letter e in vir… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Laaste oor die dekselse kappie Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -3 hours ago
Lower Sabie Kruger 2026 Geert -3 hours ago

FORUM STORIE - *@!$%*@!!

Submitted by Admin on
Forums

 FREDA:

Ai, Anton, baie dankie vir alles wat jy gedoen het.  Die kampforum het vir 'n tydjie geblyk om so 'n groot sukses te wees en dit moet vir jou baie teleurstellend wees om te sien hoe dit vou as gevolg van die dekselse spammers.   Jy het so baie werk en ure daar ingesit.

 Laat ek julle vertel, Vrydag middag toe Philip my se iets is nie lekker op die forum nie toe dog ek dit is seker net weer so 'n vinnige 502 bad gateway error of iets, of dalk weer die verdomde 402 php.post not found error waar mens nie insette kan lewer nie, want hulle word baie gou uitsorteer.

Hier teen Vrydagaand 8pm, so 6 ure later, toe sit ek met my hande in my hare.  Oom Frans was redelik saam in die geveg en ek self was Sat 2am bed toe, nadat ek 3 x 16 reekse spammers moes afveg - nou hoe veg jy spammers af  as jy nie eens as admin kan inlog nie!??  - en dan as die spammer nog op jou eie admin profiel begin snert insette lewer!

Wel, teen 2am was hulle almal weg, maar die forum was nog glad nie reg nie, en ons het 36 ure se data ook verloor!

Ek het glad nie lekker geslaap Vrydag nag nie, rondgerol en slegte drome gehad, my kop was gaar.  Toe ek my oe Sateroggend 6:30 am oopmaak, toe tref die realiteit my!  Die FORUM!! -   hy is in sy moer!

Soos FREDA hierbo noem, al daai ure en werk om dinge aan die beweeg te kry. ...  ek kon nie opgee en dit alles net laat vergaan nie.

So deur die Saterdag oggend begin ek toe met die idee speel oor KampBlad.  Ek weet kampBlad se plaform,Drupal8, is baie sterk en het ook fasilitiete om 'n Forum te bou.  (hierdie plaform is powerfull)  En toe begin ek die Forum hier bou.   Saterdag het ek so 15 ure ingesit en Sondag weer 15 ure.  Ek het die drade begin oorbeweeg en besluit om teen Maandag middag die nuus bekend te maak en die forum aan 10 lede beskikbaar te maak.  Maandag het ek weer amper 8 ure spandeer om drade oor te beweeg.  Ek wil darem he die bekende onderwerpe en alles wat ons so saam gebou het die laaste 5 weke moet behoue bly!

Vanoggend toe ek 6am inlog en ek sien daai 2 spammers wat hulle k@k kom plaas het, toe weet ek na al my twyfel dat ek KampBlad se forum gaan oopmaak aan almal en die ander Fluxbb platform gaan toemaak!

Mense..... ek het afgetjop die laaste 3 dae en my hele linker hand is in die form van 'n PC muis -  maar hier waar ek nou sit moet ek se -  DANKIE SPAMMERS!

Ek is bly dit het gebeur en dat ek so gedruk was om alles oor te bou en hier op KampBlad te plaas.  Hierdie platform is be-F !!    Dit is meer modern, foto's kan direk geplaas word.  Alles is nou Een en hoef ek nie inligting tussen 2 plaforms te beweeg en "LINK" ens nie.   Fluxbb het sy plek gehad, dit was 'n baie vinnige manier om 'n nuwe platform neer te sit en almal bymekaar te kry -  dit was eers 3 weke later dat ek met Drupal begin speel het en dit moes leer ken -   en nou is ons hier.  

Ek persoonlik glo dit is alles positief!  Ek glo julle sal dit hier geniet en dat die plaform ook beter gaan werk vir almal!  

Weereens baie dankie vir julle ondersteuning -  En soos daar voorheen gese was -  die Forum is nie die platform nie - die FORUM is die MENSE!

Port Elizabeth

Frieps

Wed, 05/04/2017 - 06:43

Ek sê ook dankie.  Anton, net jy wat al hierdie dinge aanmekaar moes sit, sal weet wat gaan werk en wat nie.  As jy voel hierdie opsie is die beste vir ons, dan is ons bly dat jy dit uitgevind het.   Ek glo daar gaan nou nie vorentoe weer probleme wees nie en dat die forum uitgebrei kan word.

0

Dit is nou toegewydheid. Baie dankie Anton vir 'n merske poging om die forum te red. Daar sal sekerlik nog 'n paar kreukels kom om uit te stryk - dus sterkte ook daarmee. 

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 05/04/2017 - 08:07

Dankie Voortrekker, mens kan indink hoe jy moes voel, maar nou jan jy terug kyk en die vrugte pluk van swoeg en sweet.

Ons moet as 'n span saam werk, almal ken die storie van een drag maak mag.

Een stokkie kan maklik gebreek word, maar probeer 50 stokkies gelyk breek.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Wed, 05/04/2017 - 08:34

Voorie, dankie, ek wens net ek het meer kennis gehad van die prosesse om te keer, maar een ding kan ek seg, ek het elke blixem geskel, so luidrugtig geraak, hulle sou kon hoor in Sri Lanka, of waarookal, die bure se honde kon nie ophou blaf nie, ek dink iemand het polieste gebel!!!! vangwa kort-kort hier verbygery, seker maar gesoek na iemand wat kluts kwytgeraak het!!! He-he-he.

Op ernstiger noot, jy het wondere verrig, en nou het ALMAL die taak om te ONDERSTEUN, anders is die moeite en tyd tevergeefs~!!!!

0

DK, kliek link bo op FORUM of FORUM INDEKS

Dan is jy op die hoof forum blad.

Soek die afdeling waar n nuwe onderwerp wil plaas.  Kliek daarop.  Kleik dan Add new forum topic.

 

PS.  Jy kan direk vannaf die hoof forum blad ook 'n nuwe onderwerp plaas, maar jy sal dan 'n kategorie moet selekteer .

0

Ja Frikadel ons is weer 2 saam nie meer 1 saam lol en baie dankie aan Voortrekker wil al sy baie ure en uithou vermoee om ons darem weer forum te gee wat werk .Ek het my bedenkinge oor wie dalk die ou forum gekaap het maar soos hulle se n stil bek is n heelbek

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus