Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

48714 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek het verstaan dat Jurgens… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Johann L -3 hours ago
Dankie Johan. Nou sukkel ek… Huiskrag tydens beurtkrag HennieBo -3 hours ago
Wat Imperial se skuld… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Voortrekker -3 hours ago
Dis regtig........................ Jurgens Ci- DIE WAARHEID Len Loader -3 hours ago
Hi Hennie Huiskrag tydens beurtkrag Johan K -4 hours ago
Ek het gedink om ek en my… Huiskrag tydens beurtkrag Johann L -5 hours ago
Wildehont, ek het 4 x 300… Huiskrag tydens beurtkrag Johann L -5 hours ago

Watse spinnekop

Heidelberg GP
Submitted by StephanS on Mon, 11/06/2018 - 19:26

Watse spinnekop is die.

Die merk is aan sy onderkant

Spinnekop

 

Secunda

Sleep nou

Tue, 12/06/2018 - 05:27

Redroman dalk lys soos een innie lawveld kry jy hom hy hardloop so agter jou skaduwee

Meyerton

Segekok

Tue, 12/06/2018 - 14:58

Nou ja volgens my nutste opgradering is dit die "reënspinnekop", (Palystes superciliosus)

Ek mag dalk verkeerd wees maar nie giftig. 

Pretoria

Slowstrike

Tue, 12/06/2018 - 15:17

Deesdae is daar mos `n foon app vir enige ding ek wonder of daar iets is om goggas mee te identifiseer. Ek hou van plante en gebruik "Picture This" Jy neem `n foto van die plant en jy kry die naam al die info en nog `n paar fotos om dit teen te vergelyk. Werk soos `n droom.

So terloops die afrikaanse naam vir `n app is "Toep"

Groetnis

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 12/06/2018 - 17:23

Lyk vir my ook na 'n spesie van die reen spinnekop.

Shaun, ek ken daai Roman as 'n mier spesie, volop in Orkney gewees, en ook in Allanridge omgewing. Baie mense noem dit ook die "Jag Spinnekop" omdat dit agter jou skaduwee aan hardloop.

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Wed, 13/06/2018 - 14:48

Sien julle nou hoekom ek onveilig voel op hierdie draad! Daar is tot spinnekoppe wat agter `n gesie se skaduwee (dalk het ek nie een nie?) aan hardloop. Bid jou dit aan!

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 13/03/2019 - 10:45

As ek 'n wilde kans moet vat, sou ek raai, dit lyk na 'n ronde kop hout boor spinnekop (Coptocercus rubripe).

Ek is hoegenaamd geen kenner van insekte en of spinnekoppe nie, dit is die naaste wat ek op google kon kom.

 

Centurion

Voortrekker

Wed, 13/03/2019 - 11:47

(Coptocercus rubripe).

Johan ek het hom gegoogle maar dit sê hy is 'n kewer.   Hierdie een by ons het spinnerakke gespin en volgens die vlak van geskreeu was dit deel van die spinnekop familie en nie kewers nie laugh 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 13/03/2019 - 14:03

Hehe Anton, daai vlak van geraas kan mens nogal angs aanvalle besorg, ek het die eerste foto net op google gesoek (vergelyk), en dit was wat op gekom het. Ek het geen benul watse spinnekop dit kan wees nie. 

More Manne en vroue,

Wat julle daar sien is een van die giftigste spinnekoppe op aarde, dit is die Violen of Recluse spinnekop.

kyk die viool merk op sy lyf.

Die spinnekop het dieselfde tipe gif as die Pofadder, jy vrot letterlik op want die gif val weefsel aan en dokters sukkel om teengif vir die ding se gif te kry.

Bly maar uit sy pad en ja, hy bly in ons huise.