Nee ---- toe nie 'n Toy of Nissan nie maar 'n Ferarri 18 maande terug op 'n veiling verkoop vir net oor die $40mil, nogal 'n lekker klompie geld in rande.

Boonste vier fotos is van bo…
Boonste vier fotos is van bo af;
BMW Isseta
Alfa Zaggatto
Alphine
Austin Heally
ek kry gald nie reg om byskrifte by die fotos te plaas nie?
Ek like daai rooi Ferrari…
Ek like daai rooi Ferrari met die 2 op. Ek sal selfs vir tannie Freda kan verly met so `n kar. Whahaha
Die Beatles se John Lennon…
Die Beatles se John Lennon het op sy tyd vir hom Rolls Royce Phantom bestel en dit bietjie laat opvrolik met mooi verf werk. Dit was natuurlik in die Beatles se Sgt Pepper Lonly Hearts Band tyd gewees. Regte Hippie era.
Die drie na die Rolls; …
Die drie na die Rolls;
Bizzarinni Strada 5.8
Pres De Gaulle se Citroen Pallas
De Tommaso Mangusta
Al die motors hierbo is vandag ten minste 8 keer meer werd as die oorspronklike aankoop prys.
Party nogal heelwat meer afhangde hoeveel daar nog beskikbaar is. John Lennon en Pres De Gaule is eenmalige motors gewees, sal eers kan vastel wat hul werd is as die eienaars wou verkoop en die goed op 'n veiling kom. Party versamelaars reken dit kan selfs Ferrari se $40 mil oorskrei. Daar was darem 38 van daai Frraris gebou en daar is nog 20 op die pad.
Arie wat maak daardie…
Arie wat maak daardie Farrari dan so gesog / duur?
Ja, Gees, miskien kan dit…
Ja, Gees, miskien kan dit werk. Maar ek soek 'n nommer 1, nie 'n 2 nie! ![]()
Arie as jy by skrifte wil in…
Arie as jy by skrifte wil in sit, moet jy die icon bo gebruik, dan na jy die foto gelaai het, voor jy save, moet jy "caption" onder aan die pop up klik. Dan save waarba jy 'n "caption" kan in sit
'n Mooi outydse kar is darem…
'n Mooi outydse kar is darem maar wraggies moier as vandag se rekenaar ontwerpte karre.😈
Ek hou van daai Austin Healy!
Praat gister met n man van…
Praat gister met n man van Randburg. Hy besit n 1967 Pontiac wat gerestoreer is. Het n aanbod van R3miljoen van die hand gewys. Reken die Pontiac is nie te koop nie
Motors oe motors
Ja van die motors baie werd kyk vandag na n mooi opgepaste Beetle 1600 SP of n VW Variat duur as jy een kry
Johann, dankie vir die hulp…
Johann, dankie vir die hulp met byskrifte.
Anton, ja daai duur Ferrari, moeilik om te se maar Ferrari bly maar 'n gewilde motor onder die versamelaars. die Amerikaners soek die skaars Ferraris met 'n seer hart.
Baie moeilik om te bepaal wat maak 'n spesifieke een dat sy prys so hemel hoog gaan.
Ja van die klasieke motors is darem wragtag mooi, my top motors bly ook maar die Austin Healy, maar die een met speek wiele, en dan my jare se droom motor bly maar die Jaguar E type, 2+2, soos die een:
Arie, die sestiger jare se…
Arie, die sestiger jare se karre bly nog die mooiste veral Jaguar, Volkswagen, Mercedes 2 deur modelle en Porche.
Die eerste foto is die…
Die eerste foto is die Facell Vega
Ferrari Dino 206, nie 'n groot sukses gewees nie, maar baie gewild onder versamelars.
Iso Grifo, baie vinnig, goeie padhou vermoeens, maar bankrot gespeel weens swak bestuur.
Dan natuurlik die een wat die ouer mense sal onthou, die Volvo P1800, die wat die Saint flieks gekyk het sal onthou dat die Saint een gery het.
Hier onder is die…
Hier onder is die Meschersmit, dit is wat gebeur as vliegtuig bouers 'n kar bou. Daar was so paar van hulle in die vroee sestigs in SA op die pad. Stuurwiel het soos 'n motorfiets gelyk.
Dan Chrysler se Woody, net een van gebou!
En dan die Amerikaanse driewiel kar Davis Divan. Net 37 gebou en toe bankrot gegaan.
En dit is mos 'n kamp forum so hier is 'n Motor Home - jaar onbekend, blykbaar ook enig van sy soort.
Sukkel nog steeds om die…
Sukkel nog steeds om die fotos en by skrifte reg te kry!!
Hier is die volgende drie
ARIE -- kliek hieronder,…
ARIE -- kliek hieronder, dit mag dalk help met die ander metode van foto's laai waar die "captions" bygesit kan word.
HOE OM FOTO's TE LAAI
Daai heel onderste "ding" …
Daai heel onderste "ding" lyk vir my asof dit van Burning Man is?
weet nie uit watse fliek nie…
weet nie uit watse fliek nie, maar ja dit was 'n eenmalige voertuig spesiaal vir 'n fliek gebou.
Die ding kon blykbaar werklik ry?





Nog so paar klasieke karre…
Nog so paar klasieke karre watnou heelwat werd is;