


Kyk hoe lekker glimlag Hel1 (Segekok se vrou)
Hierdie ou Sprite in die berge gekry met ons bergpas toer in die Oos Kaap, seker so 5 km van Tiffendel Ski oord.
Hy is seker nou klaar gekamp. Weet nie hoe hy daar gekom het nie. Lyk nie of hy weer gaan weg beweeg nie.
Seker die hoogtse karavaan in RSA.
LEN LOADER: Dit is erg - op 'n stadium was dit iemand se trots en nou staan hy daar in wind en weer ! Ek het netso 'n Sprite GT gehad, maar myne was so twee of drie jaar ouer as hierdie een. Myne was 'n 1969 model en hierdie een moet dus omtrent 'n 1973 modelletjie wees. Hier's 'n foto van myne :-

HARRY DU RANDT: Moet sê jy het nou redelik ge "upgrade"
LEN LOADER: Ja Harry, maar dit het 48 jaar se kamp geneem om daarby uit te kom !
FREDA: Dit lyk of 'n helikopter hom daar neergesit het. Hoe anders kon hy daar kom? Dalk het werkers in hom geslaap op 'n stadium en los hulle hom daar. Eensaam en verlate, siestog.
HARRY DU RANDT:
Freda het geskryf:
Dit lyk of 'n helikopter hom daar neergesit het. Hoe anders kon hy daar kom? Dalk het werkers in hom geslaap op 'n stadium en los hulle hom daar. Eensaam en verlate, siestog.
Dink dit was gebruik vir skaapwagters.
Ek sien n skoorsteen. So daar was vuurgemaak binne
Ek weet my neefs huur grond daarbo.
Moet by hulle hoor wat is die geskiedenis agter die woonwa




