Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
Pretoria November 2026 Geert -23 hours ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 day ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -1 day ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

Die vervelige bandestorie

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Dis geen nuus onder die kampeergemeenskap nie dat bande die gevaar-sone begin betree op ouderdom 5 jaar.  In die lig hiervan het ek myself betrap dat ek "stupid" was.

My Pathfinder se vernaamste taak is 'n sleepvoertuig en lê gewoonlik nie meer as 10 000km per jaar af nie.  Ek was nie gelukkig met die kilometer-leeftyd van die standaard Good Year bande waarmee die voertuig gekoop is nie en besluit toe in 'n dowwe oomblik om die baie duur Cooper bande aan te skaf met 'n waarborg van minstens 80 000km - letterlik skriftelik gewaarborg met 'n klompie voorwaardes.

Dus kom ek 'n bietjie laat in 'n minder dowwe oomblik agter as ek 10 oookm per jaar ry, gaan ek na 5 jaar 50 000km afgelê hê terwyl daar dan nog minstens 30 000km loopvlak op die Coopers oor is en die bande dan die 5-jaar risiko periode betree.

Ek kon dus eerder met 'n heelwat goedkoper, maar nog steeds baie goeie bande oor die weg gekom het.  Ek het juis nie 'n prominente neus nie en het verder nie langer as my neus die saak oordink voor ek hierdie duur bande gekoop het nie.

Ns. Ek kan natuurlik die probleem iewat verminder deur voortaan eerder tweekeer per jaar Wildtuin toe te gaan en dan Sondae ook met die Pathfinder kerk toe te gaan !

.

 

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 22/08/2018 - 17:41

Is die loopvlak op die foto soos die bande nou lyk? Indien wel, na watter afstand afgelê? Dit lyk dan soos bande wat gister opgesit is.

Jou NS klink vir my na 'n werkbare opsie. Dit is lekker om twee per jaar wildtuin toe te gaan. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 22/08/2018 - 17:55

Lennie, jy is wragtig uitgevang deur n goeie verkoopsman. Is jou bande 16", indien so, sal ek daai Coopers oorneem waneer hulle tyd om is.wink

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 22/08/2018 - 19:06

Persoonlik steur ek myself ook nie te veel aan daai 5 jaar storie nie.

Kyk maar gereeld vir krakies in die loopvlak en langs die kante?

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 22/08/2018 - 19:41

Ek steur my ook nie aan die 5jaar ding nie. Nog geen versekeraar het dit in n kontrak genoem nie. Ek kan wel sê as die band glad nie gebruik word nie of baie min gebruik word sal die rubber verweer, nie as dit gereeld gebruik word nie. 

0

Soos Arie sê, steur ek my ook nie veel aan die 5jr stories nie. Indien 'n voertuig buite gestoor word en die bande heeldag in die son staan, is dit 'n ander saak. Indien daai bande myne was, sou ek hulle nog lank gery het. Twee van my vorige stelle Coopers is eers na 7jr geruil. Jy kan hulle natuurlik altyd aan my skenk wanneer jy die volgende stel opsit .........devil

0
pretoria

pieterc

Wed, 22/08/2018 - 20:12

Len

Ek het dieselfde "fout" gemaak en al die Michelins met nuwes vervang na amper 10 jaar en 80 000 km. Nog baie loopvlak oor, maar fyn krakies begin wys. Baie gesukkel met balansering en vibrasies totdat al die bande na amper n jaar en ongeveer 8 000 km deur Michelin vervang is - alle probleme op n einde! Al 4 bande van n ander voertuig ook op dieselfde dag as myne vervang. " Bad batch" volgens die rep en bevestig deur die vervaardigings datum ( jaar en week) op die bande wat op ons voertuie was. Binne 2 weke uitmekaar vervaardig. Wonder hoeveel bande in 2 weke vervaardig kan word!?

Soos jy het ek bande gekoop wat ek op " tyd" moet vervang eerder as loopvlak. Ook eers gedink dit was n fout, maar na die goeie diens van Michelin en die rygerief en vertroue wat ek nou in die band en die vervaardiger het, glo ek die "fout" is die geld werd. Ek weet nie of ander vervaardigers die bande sonder enige inbetaal vir gebruikte loopvlak sou vervang het nie. Goeie diens van handelaar ook wat daarna gratis wielsporing gedoen het.

Dalk probeer ek myself net troos om my fout te regverdig, maar dit werk vir my.

Pieter

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 22/08/2018 - 21:23

Dankie manne, julle laat my sommer baie beter voel !

Chris, ek moet bieg, die foto is 16 000km gelede geneem toe die bande splinternuut was !

Herman, nee dis 17" wiele en gegewe my vriende hierbo se kommentaar, gaan ek die Cooper- bande se 5-jaar tydperk 'n bietjie rek.

Ek kan miskien byvoeg dat in my Exclusive se geval, het ek die Exclusive se Dunlop Endura bande gery tot op 45 00km en 8 jaar ouderdom en dit toe maar vervang, sonder dat ek enige krakies kon opspoor.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Wed, 22/08/2018 - 21:38

Weet iemand dalk iets oor bande en versekering in die situasie van ouderdom, maar lyk nog goed?

Het bande n leeftyd wat aangedui word en kan versekering `n eis dan sodanig weier indien skade veroorsaak word deur byvoorbeeld n band wat bars?

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Thu, 23/08/2018 - 06:05

Gees sover ek weet as die algehele toestand van n band goed is is daar geen rede vir die versekering om n eies te weier nie. 

Die 5jaar ding het maar onlangs sy kop kom uitsteek .

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Thu, 23/08/2018 - 07:26

Dankie oom Seg, my wa se bande spook by my, hulle is ouer as 5 jaar, lyk nog uitstekend en ek wetie. Moet seker maar vervang, aai my budget.

0
Ermelo
Profile picture for user Mona

Mona

Thu, 23/08/2018 - 09:42

Ek het nou my korttermein versekering gebel en gevra of daar enige iets oor ouderdom van bande en beperkings op my polis is.

Die dame sê dat die sambreel mense geen beperking op die ouderdom het nie, solank die loopvlak nog in 'n goeie toestand is en iets gebeer soos band wat bars en daar is groot skade sal hulle uitbetaal.

0
Ermelo
Profile picture for user Mona

Mona

Thu, 23/08/2018 - 10:10

Ja Segekok, net so maar mens wil ook nou nie die noodlot gaan staan en onnodig tart nie. Ek dink die 5 jaar ding is juis vir daai rede, so gaan maar jou bande gereeld na vir enige teken van verweer nie net na 5 jaar nie. 

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Thu, 23/08/2018 - 10:21

Mona ek gaan gereeld my bande na, Veral voor ek gaan sleep. Ek gebruik ook my eie meter om die banddruk  na te gaan.  Vertrou nie die meters by die moterhawe nie. 

Ek gaan dit weer sê ...as die bande in gebruik bly gaan hulle nie sommer verswak nie of kraak nie.  Dit is daai bande wat net eenmal n jaar KNP toe sleep wat groet devil

0
Middelburg

Noel

Thu, 23/08/2018 - 12:41

Ek het verlede jaar Bridgestone 15" bande vervang op 10 jaar en 80000 km afgele. Ek maak nie myself paranoies oor 5jaar leeftyd van bande nie. Ek gebruik altyd my eie banddruk meter en ruil gereeld die bande elke 10000 km om loopvlak te eweredig. My vorige karavaan Swing het ek 10 jaar gehad en nooit bande vervang en het gereeld ver afstande gesleep en ek gebruik hard board om bande te beskerm teen son en weer wanneer die karavaan onder dak staan by die huis. 

0
Ermelo
Profile picture for user Mona

Mona

Thu, 23/08/2018 - 12:53

Ek wil nou weet of dit wys is om die wiele van die wa af te haal terwyl die wa staan en dit in die garage te bere. Ons kamp hopeloos te min en volgendejaar is ons oudste eerste jaar op varsity so weet nie hoe gaan die finansies lyk nie.

0
Middelburg

Noel

Sat, 25/08/2018 - 09:28

Morne, dit sal wys wees om die wiele af te haal. Moenie laat jou karavaan staan net op steadies nie en gebruik bokke of bakstene onder die as.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus