Wen R 2000 bygedra tot jou kampplek van keuse!
Dankie Harry (Cadhouse) en kampforum.co.za vir die R2000 prys borg! ![]()
Hoe werk die kompetisie?
Jy hoef nie 'n nuwe draad te begin nie. Plaas jou inskrywings slegs op hierdie draad.
Enige forum lid mag 3 foto's inskyf. Enige foto na jou 3rde inskrywing sal nie in ag geneem word nie. Jy hoef nie al 3 foto's gelyktydig te plaas nie. Foto's MOET deur jou of van jou of jou gesin / groep geneem wees. Die kompetisie sal eers eindig wanneer 15 of meer lede ingeskryf het. Forum lede word verwelkom om kommentaar te lewer op foto inskrywings. ![]()
Foto Tema: " Nou kamp ons / ek lekker" m.a.w. enige foto's van hoe lekker jy of jou gesin of groep kamp.
Prysgeld: Die R 2000 sal in die wenner se oord van keuse se rekening inbetaal word met bespreking.
kliek hier: - HOE OM FOTO's TE LAAI?
KOM LAAT ONS JOU FOTO's SIEN!
(beoordelaars is Cadhouse en kampforum) Aan die einde van die 1ste kompetisie fase sal finaliste gekies word waarvoor daar dan gestem sal word om die wenner te bepaal.
Moet nie vergeet van oom…
Moet nie vergeet van oom Arie se 2 ekstra foto's nie.
Volgens my belofte aan die persoon wat naaste aan die wen nommer gekies het en toevalig 100% reg was met sy 69
oom Arie
So oom Arie kan 5 foto's plaas as ek dit nou reg het.
Ek gaan ook 3 foto's plaas,…
Ek gaan ook 3 foto's plaas, maar net vir "fun"
Hulle tel nie en as een van hulle per ongeluk gekies word en ek "wen" is dit weer terug in die pot ![]()
Nou kamp....
Nou kamp ek lekker in Skukuza en Oupa Len neem die foto..........:

Hulle tel nie en as een van…
Hulle tel nie en as een van hulle per ongeluk gekies word en ek "wen" is dit weer terug in die pot
Ons sal seker maak een van jou foto's wen! Dan gaan die pot lekker vet raak! ![]()
Len is dit jy wat daar so…
Len is dit jy wat daar so lekker in die bad sit? ![]()
Ek kon onthou met die…
Ek kon onthou met die kommentaar van daai bad toe daar geimproviseer was met 'n familie badkamer wat nie beskikbaar was nie. Dit is tog te kostelik.
Ek het die byskrif uitgebrei..
Anton, ek het die byskrif uitgebrei...en ek het nie nou en jare terug rooi hare gehad nie.
Harry ek probeer in-zoom op…
Harry ek probeer in-zoom op die tafeldoeke maar kan nie genoeg detail sien nie ![]()
Nou dat ek daai venster…
Nou dat ek daai venster oortreksel sien, by Natalia was 'n Sensation Anee met sulke pas gemaakte oortreksels. Baie lekker.
Nou slaap ons lekker.
Hierdie ou bergskilpad het om dag na dag onder ons stoeptent tydens die warm middaguur kom tuismaak vir sy 'siesta'. Let op, wanneer hulle só gedurende die hitte van die dag 'n slapie neem, is die kop en pote nie ingetrek soos wanneer hulle snags slaap nie.
Die ou bergskilpad op die…
Die ou bergskilpad op die vorige foto het eendag baie hard geblaas en sy kop en pote skielik ingetrek terwyl hy so lekker slaap. Die volgende oomblik sien ons die jong Kaapse Kobra'tjie onderdeur hom seil en gaan maak hom tuis onder ons vrieskas (wat op twee stene gestaan het om die gras te beskerm). Ek moet sê ek het die outjie maar vinnig verwilder met 'n besem. Maar hy't maar daar om die karavaan gehou waar ons hom oor die volgende dae gereeld gesien het.
Anton. Die hele tafedoek…
Anton. Die hele tafedoek storie is "fake"
Goeie "photo shop" deur sekere mense. ![]()
Jy sal hom ook nie op die foto's sien nie.
Ek sien darem my span se…
Ek sien darem my span se vlag wapper hoog! ![]()
die bergskilpad foto Nou…
die bergskilpad foto
Nou kamp daai skilpad lekker
Dit lyk of hy die warm plastiek geniet?






Nou kamp ek lekker