Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
Pretoria November 2026 Geert -23 hours ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 day ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -1 day ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

Sprite Super Sport se ligte......

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek vroetel 'n bietjie aan een van my kinders se Sprite Super Sport.  Terwyl dit hier by my staan, staan dit natuurlik buite en met ons lekker reën kort-kort, merk ek die rooiligte agter sluk water.  Ek het seker gemaak dat die lens behoorlik in die omhulsel pas en dat die skroefies styf genoeg inpas.  Ek het selfs 'n nuwe lens (tans heeltemal onverkrygbaar) wat ek gehad het, gemonteer, maar die lig sluk nog water.

My enigste laaste opsie is om die lens met silcone in die omhulsel te monteer, maar dit behoort mos nie so te wees nie, of hoe ?

Het iemand dalk alternatiewe raad ?

.

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 19/09/2018 - 12:43

Beste Len

Ek het so 'n probleem met my Palma ook gehad.

Indien julle dit nie gaan stop nie, kan die water selfs tot by die omliggende hout versprei. Die nare gevolg is houtvrot.

Ek het sommer die lens met "spook snot" ingedruk, wat indien nodig maklik uitgehaal kan word. Nooit weer water ingelek nie, en gloeilampies het nooit die gees gegee nie.

Groete

Wessel

 

 

 

0

Ek wil net gou die draad kaap asb...

Ek ken spookpis...maar nie "spook snot" nie.  Wessel, verduidelik bietjie asb?

(Hoop net nie dis wanneer ou Gees van die Noorde verkoue het niewink)

Dankie en jammer vir die kaping oom Lenblush

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 19/09/2018 - 13:18

Beste kampers en Groot G

ekskuus vir my effe bar verwysing na 'n voortreflike produk waarsonder geen huis met kinders en skooltake kan funksioneer nie.

ek het verwys na die produk Pres stick, oftewel wondergom.

groete

Wessel

0

Ek vermoed dat die seel tussen die lens en die lig omhulsel met ouderdom hard geword het en dat dit gevolglik nie meer waterdig seel nie. Wat moontlik kan werk is om die "recess" of voortjie waarin die lens in die omhulsel seel, eers baie goed skoon te maak and dan gelyk te vul met silikon. Smeer dan iets soos ghries of Vaseline al om die lens se rand waar dit teen die omhulsel moet seel. Dit sal verhoed dat die silikon aan die lens vaskleef.  Druk nou die lens liggies teen die silikon sodat die sagte silikon die vorm van die lens kan aanneem. Verwyder nou die lens en laat die silikon droog word. Hierdie is ook 'n goeie tyd om die oortollige silikon om die rande van die voortjie te verwyder.

Ek hoop ek het myself verstaanbaar gemaak. Wat in effek gebeur is dat jy nou 'n nuwe seel geprakseer het. Indien die ou seel baie gekraak of beskadig is, kan jy hom selfs heeltemaal verwyder voor die silikon gesmeer word. Onthou ook om die seels onder die skroefies wat die lens vashou, te vervang met 'n o-ring of 'n sagte nylon tipe waster.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 19/09/2018 - 15:17

Baie dankie, ek dink ek het die probleem opgespoor.

Die lek is nie tussen die lens en die lig-huls nie.  Die lig-huls is in die karavaan se agter-veselglas-muur in sy holte, vas ge-"rivet". Die lig-huls het nog twee ongebruikte gate (wat nat is) waardeur 'n mens die karavaan se veselglas-muur kan sien. Dus, ek vermoed die water sypel af aan die buitekant van die agterste muur, tussen die muur en die lig-huls en loop dan deur die twee ongebruikte gate na die binnekant van die lig.  Gelukkig is alles aan die buitekant van die agterste veselglas-muur en dus nie naby enige hout nie.

Ek gaan die "rivets" uitboor en die lughuls uittrek.  Dan gaan ek die ongebruikte gate toe-seël en die lughuls se agterkant, teen die veslglas-muur met silikon verseël en dit weer vas "rivet".  Daarna gaan ek die lens en skroefies verseël soos Johan hierbo aanbeveel.

Daarna sal ek moet wag tot minstens volgende week vir nog reën want dit het nou weer oopgetrek hier by ons.

Baie dankie aan almal vir julle voorstelle.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 19/09/2018 - 16:09

Ek kon ook nie vir my SSS agterligte kry nie en moes toe maar n plan prakseer..  Ek werk nogal baie met "PERSPEX" en het toe maar vir my lense gemaak daarmee.  Ek sal kyk of ek more tyd kry as ek van die dr. afkom om gou fotos te neem.

Bly jy kon die probleem opspoor Len.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 19/09/2018 - 16:31

Len, jy kan ook daai ghries spons gebruik wat ek op die karavaan gebruik het, dit is so 25mm breed en seker so 3mm dik voor jy hom plat druk.   Silikoon verloor sy hegting na 'n ruk.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 05/10/2018 - 21:06

My vermoede was toe korrek : daar was geen lekkasie by die liglens nie, maar wel tussen die glasvesel bakwerk en die lughuls.  Ek het die lughuls van die bakwerk verwyder, die oop gate in die lughuls verseël en die hele agterkant van die lughuls deeglik met silikon verseël en toe die hele spulletjie weer vas ge-"rivit".  Dit het intussen gereën, die wa is ook gewas en geen water het die lighuls binnegekom nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus