Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

50684 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kaapse paaie Paas naweek kamp wessels -1 hour ago
Stene en plankies Ongelyk kampplek wessels -1 hour ago
Nou wat nou... Paas naweek kamp Lapskag -1 hour ago
Sien nuwe penta by goefy… Jurgens Ci- DIE WAARHEID ski -1 hour ago
Dinokeng Willem by Dinokeng Resort wessels -1 hour ago
Dinokeng Resort Willem by Dinokeng Resort Willem Brits -1 hour ago
Julle moet dit geniet!!! Namibië en Botswana Toer HennieBo -1 hour ago

Gesoek - 80 tot 100 L tenk

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Fri, 21/09/2018 - 07:33

Ek is op soek na 'n 80 tot 100 liter water tenk wat ek onder my Penta kan in bou. 

Die 25L kannetjie doen dit nie meer vir ons nie, moet te veel vol maak, en die "plumbing" is ook nie na wense vir die opwas wat buite onder die hoof tent se afdakkie staan nie.

Enigste plek hier in Vaal Driehoek wat ek van weet is Outdoor Warehouse, en ondervinding is dat hulle bietjie duur is?

Ek gaan die naweek naby Krugersdorp wees, en sal graag raad vra, van waar ek kan gaan soek vir so tenk.

Wat sou julle dink behoort so tenk te kos?

Brits

wessels

Fri, 21/09/2018 - 07:42

More Johann

Ek het 2 opsies;

a] net langs die R21 voor Pretoria is Echo, dalk kan jy by hulle kry, tel 012 3453333

b] Brits woonwaens in van Deventer straat mag dalk selfs 2de handse tenke he, soos van ou model Fleetline wat 75l tenk gehad het. Telefoon 0122525169, vra vir oom Eddie of Francois

Groete

Wessel

 

Pretoria

Slowstrike

Fri, 21/09/2018 - 07:57

Sinvac Plastics maak plastiek tenks

Sinvac Plastics (Pty) Ltd

Address: 163 Lloyd St, Pretoria Industrial, Pretoria, 0117

http://www.sinvacplastic…

Friday 8AM–5PM
Saturday Closed
Sunday Closed
Monday

(Heritage Day)

8AM–5PM

Hours might differ

Tuesday 8AM–5PM
Wednesday 8AM–5PM
Thursday 8AM–5PM

 

Phone: 012 386 6484

 

Fuel and water tanks in various sizes and shapes. 28 – 560L. Wall thickness of tanks can be increased depending on your need.

 

Sinvac Products – Fuel Tanks

Gaan kyk ook by Makro se buitelewe afdeling. Hulle het 'n paar tipes plastiek tenks en miskien doen een van die tenks dit vir jou.

Klerksdorp

Frans Pretorius

Fri, 21/09/2018 - 08:16

Johann, ek dink jy moet net eers kyk na waar jy die tenk gaan installeer VOOR jy oor grootte besluit.

Oppas ook vir die tenk se verkoops volume, sommige word beweer om 100 liter te kan hou, en as jy uitmeet is dit slegs 85 liter. Normaalweg het ek buite mate geneem, en dan die wanddikte afgetrek, en dan L x B x H om inhoud te kry.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 21/09/2018 - 08:41

Dankie vir al die vinnige advies, ek waardeer dit baie.

Ek sal gou bel en pryse kry, en ook Frans se advies in gedagte hou.

Ek het nooit aan Makro gedink nie, en gaan ooknsommer by Westpsk inloer.yes

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 21/09/2018 - 09:19

Johann, jy hoef nie noodwendig vir baie groot te gaan nie soos wat die ouens met boswaens noodwendig moet doen nie.  My Exclusive het 'n 45 liter tenk wat meer as genoeg is vir ons twee oumense, maar as die stort baie gebruik word kom my "Tankbuddy" wat die watertenk outomaties volhou, handig te pas. Willem (WilSur) het 'n ingeboude elektroniese aparaat wat sy 45 liter-tenk ook volhou.

My Tankbuddy :-

.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 21/09/2018 - 11:17

Johann, ek het destyds toe ek die Regal gehad het ook so begin voel.  Toe maak ek 'n plan en sit die water pompie in die bottel op 'n trolley.

l
So het dit gewerk, die pompie het 'n kort pyp gehad en ek kon hom in die neus kas ook gebruik.

Later het ek vir my so 85L houer gekoop, die fittings was gewone tuinslang koppel stukke.  Het 'n 2de pompie gekry wat ek in die blou houer gesit het.  Van daar kon ek water binne die karavaan gebruik en ook op die opwas waar ek 'n karavaan kraan gesit het.  Daai blou krat het meer as 'n lang naweek gehou omdat daar nie 'n stort by was nie. 

l
Dit was toe wat ek gedoen het en het baie lekker gewerk.

Ek gebruik tans die selfde metode met die opwas maar gelukkig het ek nou warem en koue water van die Exclusive wat baie lekker werk.

Hoop dit maak sin.

 

Meyerton

Segekok

Fri, 21/09/2018 - 11:29

Ek get by Makro ook n houer gesien wat op wieletjies is dat hy gesleep kans word   Dink dit is n 60 l.  As mens dan n pompie gebruik kan dit dseker ook baie help.

 

Klerksdorp

Frans Pretorius

Sun, 23/09/2018 - 12:58

Johann, ek het met laaste wa, (Jurgens Esprit) wat so ingeboude tenk (70 liter - wat ek self die volume bepaal het met MEET, en dan ingooi met kanne, asook 'n selfgemaakte meter buite by uitlaatpyp - deurskynpyp met afmetings 10liter merke)  gehad het, 'n 45liter kan op 'n trollie gehad, wat ek dan by kraan gaan volmaak het, en met dompelpompie, in series gekoppel met  die pompie in die tenk.

Ek het net by aankoms by oord die ingeboude tenk direk met oprol tuinslang volgemaak. Dan het ek die kan op trollie volgemaak, en dit het outomaties, as die kraan binne oopmaak, die kan se pompie ook geaktiveer, en selfde hoeveelheid water in ingeboude tenk gepomp.

Ek het voor aan die losstaande tenk se pyp, wat in die ingeboude tenkinlaat geplaas was, 'n stukkie koperpypie gehad, wat ek eenmalig, terwyl ek kraan binne oophet, en die uitlaat gemonitor het, toegeknyp met tang totdat die twee pompies selfde hoeveelheid uitgepomp het. 

Vir my was dit goedkoop oplossing, wat oor amper 10 jaar uitstekend gewerk het.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 23/09/2018 - 19:41

Dankie vir dir raad Frans, en julle ander vriende, ek waardeer dit opregyes

My swaer het my toe na Makro,  Outdoor Warehouse, en so paar plekke in Johannesburg gevat. Ek het toe op 'n 50 liter Camp Master tenk besluit by Makro, lekker plat en tog groot genoeg vir ons gebruik. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 24/09/2018 - 18:00

Jinne Frans, dis 'n briljante idee om 'n te klein ingeboude tenk aan te vul uit 'n eksterne, trollie-tenk met 'n pompie wat water oorplaas na die ingeboude tenk elke keer as 'n kraan oopgedraai word.  Behoort baie handig te wees as 'n oordkraan nie naby is nie, soos byvoorbeeld in die Kruger Wildtuin waar die krane maar skraps is.

Baie dankie, beslis iets wat ek ingedagte gaan hou.

Klerksdorp

Frans Pretorius

Mon, 24/09/2018 - 18:42

Len, vir my was dit die oplossing met die laaste wa, wat ek self 'n 15liter elektriese geiser ingeit het, en gevind het die water in ingeboude tenk is bietjie skraps as ek stort, en Ma dan ook agterna. As geveolg van haar rugprobleme was ablusie storte nie gerieflik nie.

Die ou klein blou dompelpompie het uitstekend gewerk, vernaamlik wanneer jy die twee pompies se uitvloei kon sinchroniseer. Ek het sommer altyd ook so 2 spaar pompies saamgery, AS daar dalk een die gees gee was ons kamp, moet erken ek het wa later verkoop met die spaar pompies!!

Ek moet ook noem dat ek twee van die 15m oprol lap/seil tuinslange gehad het, maar dit was ongerieflik. Dit was voor die Tankbuddy produk op die mark gekom het. So terloops, die Tankbuddy was ontwerp en bemark deur een van die eienaar van Klerksdorp Woonwaens, se seuns. Diê is tans in Amerika.

Klerksdorp

Frans Pretorius

Mon, 24/09/2018 - 18:56

Herman, ja, ek moet erken ek het heelwat goed gedoen/ontwerp/vervaardig vir eie gebruik, omdat ek nie van sukkel hou  nie.

So terloops, ek het 'n 1984 Sprite Sunway gehad, en dadelik veranderinge aangebring/laat aanbring by plaaslike handelaar, soos onder andere het ek gate in sykante laat insny by drie plekke met deurtjies om goed onder bed te kan bêre, van buite af bereikbaar. Ons het van WJ Motorhomes van die deurtjies bestel. Dit was die eerste CI produk in die land wat dit gehad het.

 In 1987 het ek by Joos Bekker park in Pretoria gestaan, dogter het daar aan modelkompetisie deelgeneem. Een van CI se toetsbestuurders het met nuwe Sprite produk, toegeplak met plastiekbedekking, rondgery om die wa te toets.

Hy ook daar kom staan neffens ons, en sommer dadelik kom groet, my wa so gestaan en kyk, en gevra of hy binne ook kan kyk. Toe gevra of hy fotos mag neem, en sy kamera gaan haal, en gevra of hy van die idees kan voorlê by fabriek,

Einde '88 het die 1989 modelle Sprites uitgekom, met van my idees! Dit was die eerste modelle met die plastiek/glasvesel skuins neuse. (van daai eerste modelle het erg gelek aan voorkant).

Dit was my probleem met woonwaens! Linda het altyd gesê as ek met iets begin - ja, jy gaan seker weer wa verkoop met groot wins! So by so het ek minstens 3 waens verander om my smaak en gerief te pas, en dan, redelik vinnig agterna (ek dink die mense by woonwaplek het effe uitgepraat!!) het ek mense gehad wat erg belangstel. smiley

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 24/09/2018 - 21:46

Vanoggend toe ek die tenk wil begin installeer, kom ek agter dat die die kaait gaan nie vlieg nie, die opvul prop sit bo op die tenk,  en dit beteken ek moet dit laat uitsteek om te kan vol maak. Dit gaan nie netjies vertoon nie.

Ek het toe Deon se voorstel (die tenk met wieletjies by Makro) gaan koop, en dit met Frans en Willem se patente te kombineer. Ek gaan egter die klein kannetjie in die neuskas, vir eers uit haal en bêre.

Die "Pioneer Caddy" wat ek gekry het, vat 60L water wat genoeg behoort te wees. Nou moet ek net met die pompie plan maak. Dit is 'n hoë druk (8bar) pompie wat nodig is vir die water verwarmer by die opwas.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 25/09/2018 - 09:20

Oops Johann, sterkte.  Ek het daai blou krat met 'n tuinslang vol gemaak en het lekker gewerk.

l

Dit is hoe ek die 3B se buite opwas aansluiting gedoen het, die water en pompie bly op hulle plek.

Meyerton

Segekok

Tue, 25/09/2018 - 09:49

Johann daardie plat goed is nie so lekker soos wat hulle lyk nie.  Die uitlaat is ook nie so lekker uitgedink nie. sit te hoog op en daar bly amper n kwart van die water agter wat nie uitkom nie.  Ek het een vir die bakkie maar gaan hom vervang voor ons die volgende off grid ding gaan doen.