Baie geluk aan die wenners!
Baie dankie aan RTGear / Johnb vir die borg van hierdie lekker pryse! Die gesamentlike gewig van die Louw's op die die Delux150 kampstoel was 183 kg
Die wenners is soos volg! ![]()
![]()
187kg - 3rde plek - Len Loader - Braai Grid stand
180kg - 2de plek - Freda - Braai Grid stand
184kg - 1ste plek - Riaan - 2 x Delux150 kampstoele !
Wenners kontak asb vir anton@kampforum.co.za om te reël vir die aflewering / versameling van julle pryse.
OORSPRONLIKE KOMPETISIE ADVERTENSIE
Geluk Riaan!

Dis joune Voories. Baie…
Dis joune Voories.
Baie dankie Auntie. Dit is baie eerbaarlik. Ek gee sommer die tannie 'n lekker soen! ![]()
Hey, daai soenery mag dalk…
Hey, daai soenery mag dalk in iets oneerbaarliks verander?!
Netnou klap die slotte en raak almal lus vir 'n grondboointjie botter toebrooidjie?
toebrooidjie? Dit is…
toebrooidjie?
Dit is toebroodjie Arie, Len en Johann gaan jou afslag
Voories, jy moet deeglik…
Voories, jy moet deeglik lees, help die man reg, reg.
Haai, dit klink nogal oulik op die tong...... grondboointjie toebrooidjie. Dalk is dit 'n Hollandse ding? Mooi, eerbaarlike, nuwe woorde vir ons forum woordeboek.
My aarde Freda, ek sien nou…
My aarde Freda, ek sien nou eers die "boointjie" raak. Dalk iets te doen met die booi's in boikot?
Geluk aan die wenners. …
Geluk aan die wenners.
Geniet julle pryse
As julle sou aanhou om my te…
As julle sou aanhou om my te spot trek ek sommer 'n DK op julle!!!
Ag nee wat, Arie. Ons weet…
Ag nee wat, Arie. Ons weet jy is nie so fyngevoelig nie.
Wat is 'n snaakse woordjie nou tussen goeie vriende? Maak die lewe interessanter en bring 'n glimlag op ons suur gesigte.
Nee wat julle sal nie so…
Nee wat julle sal nie so maklik van my ontslae raak nie.
GROOT DANKIE AAN ALMAL MET DIE RTGear KOMPETISIE
MANNE EN MANNENE
Ek wil net kom brag met my nuwe stoele. (Ek het hulle vandag gaan haal).
Wat 'n surprise was dit nie. Stoele van Top gehalte en vakmanskap. Uiters stewig en regtig baie mooi. (Kyk vir hulle sluit ek met 'n duuuuuk ketting vas)
. (Nie eers 'n Ford Ranger 3.2 of Hiluxie sal jou van daai stoele kan aftrek as jy eers in hulle gesit het nie)
.
Ek het die stoele by Johnb se winkel Juveniles in Valleria gaan oplaai en daar is surprise nommer 2 (By die winkel is 'n uiterse vriendelike en behulpsame dame Sarie wat die winkel bestuur en baie behulpsaam was, Dankie Sarie) gou gou het sy my gehelp met die uitkies van die stoele (So baie kleure om van te kies).
Maar so met die rond kyk in winkel het ek amper histeries
geraak jy moet al die kamp benodighede sien wat in die winkel vertoon word: Klere sakke, Sakke vir jou braai roosters, braai tange, braai voorskoote, pootjiekos driepoot standers ens ens ens en alles van top gehalte en uiterse goeie vakmanskap. Ek sal enige iemand aanbeveel om gerus daar 'n draai te gaan maak en jou kamp toerusting aankope daar te doen.
Ek wil net weereens vir almal dankie sê wat gemaak het dat ek nie meer op my krate hoef te sit en kamp nie......... (Laat weet aan wie kan ek hulle skenk
Daar is 'n blou een en 'n swart een (Clover en Sasko).
Aan die Kampforum span en Anton (Voortrekker) baie dankie dat julle die kompetisie geloods het en kan somme maak
.
Dan aan RTGEAR/Johnb baie baie dankie vir die hoë kwaliteit stoele waarmee ek nou lekker gaan kamp. Dis regtig 'n voorreg om sulke mooi stoele te hê en eerlik waar al die ander kamp toerusting wat ek gesien het spreek net top kwaliteit.
Dan aan al die deelnemers dankie dat julle deelgeneem het (Onthou ek bied nou somme klasse aan vir die wat nie kan skat nie smeer maar bietjie Zambuk aan daai duime van julle wat so gesuig is![]()
).
Kyk hieronder, kyk net hoe mooi is die stoele en lekker brag ek nou![]()
Dankie almal.
Mooi Riaan. Ek kan nie…
Mooi Riaan. Ek kan nie besluit wat lyk die spoggerigste nie, jy of die stoele!
Freda kyk hoe laat bloos jy…
Freda kyk hoe laat bloos jy my nou
, Jy moet sien wanneer ek op daai stoele sit (Gentlemen, Meneer en Baas van die plaas). So tussen my en jou daar is plek vir jou ook op daai stoele hulle is regtig lekker groot plek vir baie amper soos 'n taxi![]()
Kampstoel uitdaging
Vanaf RT Gear en Eccentry se kant af se ons ook dankie aan die Kampforum span, Deelnemers en spesifiek aan die Louw gesin vir die sportmanskap. Kom ons sien wat kan ons vir die volgende kompetiesie doen. Kampforum groette
John & Sanet B
Daar hoor julle dit. Ek het…
Daar hoor julle dit. Ek het mos gesê hierdie is puik stoele! Ek is bly jy hou van hulle Riaan.
Dankie John en Sanet ![]()
![]()
Terugvoer oor stoele
Ek wil net laat weet daai stoele is puik. Het hulle nou al paar keer gebruik by al die einde van die jaar werk parties en kuiers en ek moet eerlik sê hulle sit perfek. Almal is ook baie "impress" met die kwaliteit van die stoele en 'n paar van my "gewigtiger pelle" het ook al die stoele volgesit en nog geen wear en tear nie.
Ek beveel hulle regtig aan.
RTGear dit is 'n puik produk hou so aan.
Ek hoop...............
...............nie ek is voorbarig nie, maar is my braai grid prys al by Willem (WilSur) afgelewer of moet ek iets sê of doen om dit gereël te kry ?
Ek kan mos nie so 'n smart prys by my laat verby gaan nie !





Baie geluk
Geluk aan al die wenners geniet